Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
" Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #93596] |
Do, 03 Junie 2004 01:23 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die grond van die voorvaders
Charl-Pierre Naudé
'n Paar jaar gelede het ek 'n naweek deurgebring
op 'n versaakte plasie, in noordoos Mpumalanga.
In hierdie streek, word gesê, kom die hoogste
insidensie grond-tot-lug weerlig in die wêreld voor.
Die hemelruim verdonker, alles word pers en silwer
en die pletterklanke begin. Soms slaan 'n hoë boom in vlamme uit.
My vriendin van Berlyn was saam, ons was verliefdes in dié tyd,
en baie ver van die huisie toe die storm opsteek.
Sy het verlang na haar eie stad, met sy kleed van droewe as.
In die wandeling kon ons voel hoe die lading in ons hare
en in ons klere oplaai, hoe die granietblokke
opstapel, in 'n onsigbare wêreld.
Die grondpaadjie het gekronkel na 'n oop plato,
'n hoë
grond
waar die woedende hemele al's doodslaan wat beweeg.
Die gerug, van 'n ou luiperd wat daar rondsluip..
Ons hartkloppe was hoorbaar, maar te laat vir omdraai.
Vroeër jare was daar 'n halfweg hut. Peule het geritsel.
'n Blikkerige getingel, van amulette in die bome.
Verby 'n kopbeentjie wat gryns op 'n stok.
"Jy weet daar's 'n vloek hier," sê ek; ontsenu, in 'n grap.
En net daar, vries sy: "Ons moet terug!", steek haar arm uit -
die fynhaartjies regop, die wortels wat trek; pluk aan my
en slaan voet in die wind daardie langbeenmeisie
soos 'n eksotiese volstruis oor die voorvadersgrond
van 'n uitgedelgde Afrika-stam die swart verskroeide stoppelland
bloedgrond haar rok wat opwaaier soos 'n waansinnige blomkroon,
die kelkie wat onder flits. Ek agterna. Sopnat.
Die huisie bereik.
Ons kerse het nog gebrand. Maar die plek was 'n gemors:
die tafeldoek 'n ent gesleep, glase omgestamp, borde op die vloer.
'n Wilde veldreuk het in die vertrek gehang. 'n Wind, dieper huis-
in.
"Maak alles toe! " skreeu ek. "Gou!" beaam sy terug.
Haastig sit ons die deurklinke op en haak die luike toe.
Die reën het swaar uitgesak. Hael en wind, blitsende donder.
Veilig oplaas. Of nie? Daar het ons staan en drup,
met glimlagte breed soos seilbote wat te water gelaat word.
Die aard van toordery, in die wegvlug loop jy daarin vas.
En as ek nou daaraan dink, het die onderdak ons nie gespaar nie.
Ons was steeds op voorvadersgrond, met al sy kaprise.
Enige twee minnaars nakend saam, is op voorvadersgrond.
Die aasdier? . dit was óns, die mens, wat bedel om versorging.
En die
weerlig?
Die laatmiddag se bliksemskigte -
wat met ons gebeur het met ons tuiskoms
op die oopte van die hart, waar geen mens kan wegskuil nie?
Dit was net genade. Bloot genade.
|
|
|
Re: " Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #93602 is 'n antwoord op boodskap #93596] |
Do, 03 Junie 2004 07:29 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat noem jy dié digvorm?
Gewoonlik as ek deur 'n bundel blaai, lees ek net die kort gediggies, maar
dis meer 'n kwessie van tyd. Soveel moontlik in so kort moontlike tyd.
Ek het hierdie nogal geniet. Lees soos 'n kort storie, eerder as gedig.
Max____________________________
"@rogers.com" wrote in message
news:k4vvc.332266$0qd.204559@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> Die grond van die voorvaders
> Charl-Pierre Naudé
>
> 'n Paar jaar gelede het ek 'n naweek deurgebring
> op 'n versaakte plasie, in noordoos Mpumalanga.
> In hierdie streek, word gesê, kom die hoogste
> insidensie grond-tot-lug weerlig in die wêreld voor.
> Die hemelruim verdonker, alles word pers en silwer
> en die pletterklanke begin. Soms slaan 'n hoë boom in vlamme uit.
> My vriendin van Berlyn was saam, ons was verliefdes in dié tyd,
> en baie ver van die huisie toe die storm opsteek.
> Sy het verlang na haar eie stad, met sy kleed van droewe as.
> In die wandeling kon ons voel hoe die lading in ons hare
> en in ons klere oplaai, hoe die granietblokke
> opstapel, in 'n onsigbare wêreld.
> Die grondpaadjie het gekronkel na 'n oop plato,
> 'n hoë
> grond
> waar die woedende hemele al's doodslaan wat beweeg.
> Die gerug, van 'n ou luiperd wat daar rondsluip..
> Ons hartkloppe was hoorbaar, maar te laat vir omdraai.
> Vroeër jare was daar 'n halfweg hut. Peule het geritsel.
> 'n Blikkerige getingel, van amulette in die bome.
> Verby 'n kopbeentjie wat gryns op 'n stok.
> "Jy weet daar's 'n vloek hier," sê ek; ontsenu, in 'n grap.
> En net daar, vries sy: "Ons moet terug!", steek haar arm uit -
> die fynhaartjies regop, die wortels wat trek; pluk aan my
> en slaan voet in die wind daardie langbeenmeisie
> soos 'n eksotiese volstruis oor die voorvadersgrond
> van 'n uitgedelgde Afrika-stam die swart verskroeide stoppelland
> bloedgrond haar rok wat opwaaier soos 'n waansinnige blomkroon,
> die kelkie wat onder flits. Ek agterna. Sopnat.
> Die huisie bereik.
> Ons kerse het nog gebrand. Maar die plek was 'n gemors:
> die tafeldoek 'n ent gesleep, glase omgestamp, borde op die vloer.
> 'n Wilde veldreuk het in die vertrek gehang. 'n Wind, dieper huis-
>
> in.
> "Maak alles toe! " skreeu ek. "Gou!" beaam sy terug.
> Haastig sit ons die deurklinke op en haak die luike toe.
> Die reën het swaar uitgesak. Hael en wind, blitsende donder.
> Veilig oplaas. Of nie? Daar het ons staan en drup,
> met glimlagte breed soos seilbote wat te water gelaat word.
> Die aard van toordery, in die wegvlug loop jy daarin vas.
> En as ek nou daaraan dink, het die onderdak ons nie gespaar nie.
> Ons was steeds op voorvadersgrond, met al sy kaprise.
> Enige twee minnaars nakend saam, is op voorvadersgrond.
> Die aasdier? . dit was óns, die mens, wat bedel om versorging.
> En die
> weerlig?
> Die laatmiddag se bliksemskigte -
> wat met ons gebeur het met ons tuiskoms
> op die oopte van die hart, waar geen mens kan wegskuil nie?
> Dit was net genade. Bloot genade.
>
|
|
|
Re: " Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #93629 is 'n antwoord op boodskap #93602] |
Do, 03 Junie 2004 14:50 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Max" skryf
> Wat noem jy dié digvorm?
> Ek het hierdie nogal geniet. Lees soos 'n kort storie, eerder as gedig.
Ja-nee, die hele tyd wat ek dit gesit en tik het, het
ek vir myself gesê, hierdie is eintlik 'n stuk prosa.
Maar dis maar seker soos die "vrye vers" werk.
Jy doen wat jy wil, en hoop dat die innerlike
dimensies van 'n gedig die vorm van 'n gedig
aanneem en nie die van prosa nie. Dit laat
mens natuurlik dadelik vra : wat is die verskil
tussen digwerk en prosa?
Ekself het nog die effense outydse mening dat
groot digters gewoonlik dié digters is wat met
maat en rym werk. Byvoorbeeld die geval van
Opperman. Jy kan skaars een gedig van hom
vind wat nie 'n rymskema het nie.
Ek is dus elke keer jammer as ek 'n gedig
van Charl-Pierre Naude sien, en dis 'n vrye
vers, en nie byvoorbeeld 'n sonnet nie. Want
hy het van die mooiste sonnette in Afrikaans
geskryf, en ek sal van die geleentheid gebruik
maak om sommige van hulle in die dae wat
kom, te plaas.
Gloudina
|
|
|
Re: " Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #93635 is 'n antwoord op boodskap #93629] |
Do, 03 Junie 2004 15:44 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek onthou ons moes altyd op skool sê watse soort rym die digter gebruik. Ek
is nie so 'n fan van rym nie, lyk my baie keer geforseerd. Ek weet ek praat
nou weer te algemeen, maar hier het al heelwat gedigte verbygekom waar die
ou die woord letterlik verdraai om maar net met die reëltjie daarbo te
rym... Jy verstaan sekerlik wat ek bedoel.
As 'n gedig rym op 'n manier wat dit byna "toevallig" lyk, het ek geen
probleem met die rym nie.
Max____________________________
"@rogers.com" wrote in message
news:jVGvc.338659$0qd.306319@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Wat noem jy dié digvorm?
>> Ek het hierdie nogal geniet. Lees soos 'n kort storie, eerder as gedig.
>
> Ja-nee, die hele tyd wat ek dit gesit en tik het, het
> ek vir myself gesê, hierdie is eintlik 'n stuk prosa.
> Maar dis maar seker soos die "vrye vers" werk.
> Jy doen wat jy wil, en hoop dat die innerlike
> dimensies van 'n gedig die vorm van 'n gedig
> aanneem en nie die van prosa nie. Dit laat
> mens natuurlik dadelik vra : wat is die verskil
> tussen digwerk en prosa?
> Ekself het nog die effense outydse mening dat
> groot digters gewoonlik dié digters is wat met
> maat en rym werk. Byvoorbeeld die geval van
> Opperman. Jy kan skaars een gedig van hom
> vind wat nie 'n rymskema het nie.
> Ek is dus elke keer jammer as ek 'n gedig
> van Charl-Pierre Naude sien, en dis 'n vrye
> vers, en nie byvoorbeeld 'n sonnet nie. Want
> hy het van die mooiste sonnette in Afrikaans
> geskryf, en ek sal van die geleentheid gebruik
> maak om sommige van hulle in die dae wat
> kom, te plaas.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Do Nov 21 16:16:10 MGT 2024
|