Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » spelrympies
spelrympies [boodskap #6376] Tue, 30 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: March 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 30 Apr 1996, Freek Eek wrote: [re: interessant]

> Die maklike manier om dit te onthou is "een rok en twee skoene".

Daar is 'n skatkis vol oulike assosiatiewe re"els vir skoolkinders om 'n
hele lot dinge te onthou. Ek onthou ons onderwyseres het vir ons die
(redelik tradisionele) rympie vir Afrikaanssprekende kindertjies geleer
rakende die spelling van "school": slangetjie, krulletjie, huh,
wieletjie, wieletjie, luh.

Vir ander woorde het mens die spelling sing-sing onthou:
"em eye ess ess eye ess ess eye pee pee eye" - Mississippi
"Q you ee you ee" - queue. (of "koeijoei")

Vir "onmiddellik" het ons net geleer: twee van elk. Het iemand op skool
'n meer beeldende assosiasie geleer vir "onmiddellik"?

(Terloops, kan iemand vir my sê hoekom ons "komitee" vir "committee"
skryf? As mens skielik weer na Afrikaans oorskakel is dit soms
frustrerend om identiese woorde anders te moet spel, wat
dubbel-konsonante betref.)

Groete
Frank
re:spelrympies [boodskap #6409 is 'n antwoord op boodskap #6376] Fri, 03 May 1996 00:00 Na vorige boodskap
Annemie Vorstermans  is tans af-lyn  Annemie Vorstermans
Boodskappe: 2
Geregistreer: February 1996
Karma: 0
Junior Lid
>
> Vir "onmiddellik" het ons net geleer: twee van elk. Het iemand op skool
> 'n meer beeldende assosiasie geleer vir "onmiddellik"?
>
> Groete
> Frank
>
Een meer beeldende associatie voor onmiddellijk is: 2 doden en 2 lijken

Annemie Vorstermans
Vakgroep voor Elektronica en Informatiesystemen
Universiteit Gent, Belgium
E-mail: vors...@elis.rug.ac.be
Vorige onderwerp: Latynse leuse
Volgende onderwerp: Afrikaans discussion at Maties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 28 22:19:38 UTC 2025