Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Totius
Totius [boodskap #92038] Wed, 07 April 2004 18:54 na volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
Sommige van Totius se gedigte is so diep aangrypend dat ek dit met moeite
kan lees. Niemand wat kinders het kan sy gedigte oor die dood van sy
seuntjie, na baie lyding, en sy dogtertjie, wat deur die weerlig doodgeslaan
is lees sonder om diep ontroer te word nie. Hier is sy "Die Oue Put" met
sterk evokatiewe beelde van uitmergelende hitte en droogte, van
verwaarlosing en selflose moederliefde. Seker 'n sentimentele gedig in
moderne terme, maar wat is daarmee verkeerd om sentimenteel te wees?
Nietemin - 'n gedig wat op baie vlakke tot my spreek en veel betekenis inhou
vir my. Ek het so lank daarna gesoek en geweet ek het dit iewers. Vandag
ontdek ek dit in 'n versameling byeengebring deur CM van den Heever, wat ek
al vergeet het ek besit. Dansky die moderne tegnologie kon ek dit scan in in
Word korrigeer. Vergewe as daar tog nog tikfoute deurgekom het.

DIE OUE PUT

Ginds op 'n koppie, ver geleë,
weg van die woel'ge werf en weë,
armoedig lê en skaars beskut
in middagslaap die oue put.

Geen voël laat sy lied daar klink nie,
Geen doringboom sy skadu sink nie
Op leiklip-brokkies wat lê braai
in middaggloed se ligte laai.

Verwaarlosing se ongenade
spreek uit die stukke pale en drade,
waarbinne staan 'n slingerwiel:
die toegang tot 'n diepe siel,

tot swyggeheim van waterwonder
wat rustig lê in dieptes onder,
tot sag 'n windjie hulle ontwek
voordat die kuddes bronwaarts trek.

Intussen daal van hemeltinne
deur somber skemering daarbinne
'n langgespanne siIwerdraad
Wat afglans op haar stil gelaat.

'n Wyle, en dis al verlede -
'n klippie duikel na benede . . .
Waar kom die wekkertjie vandaan?.... .
Het die awendkoelte dit gedaan? . . .

'n Wyle, en dis al ontroering
en alte wrede rus-ontvoering;
want nou gaan oop die deksel wat
geheel ontsluit haar koele skat.

Sy hoor naby en altyd nader
die skapies om haar heen vergader;
Sy open mild haar waterfles
om al wat kom die dors te les.

Dit put maar en sy gee maar immer,
dit put maar en sy weier nimmer,
net soos 'n moeder, so opreg,
gee sy haar laaste druppel weg!

Straks gaan die skapies almal weg weer
die putters skuif die sluitsteen reg weer,
en niemand dink dan langer om
haar so vervalle heiligdom.

Haar lewe is soos die moederlewe:
by ondank immer bly te gewe;
maar 'k hoor, as hul het heengegaan,
diep onder tap... . 'n watertraan!
Re: Totius [boodskap #92041 is 'n antwoord op boodskap #92038] Thu, 08 April 2004 03:33 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ooskus"

> Sommige van Totius se gedigte is so diep aangrypend dat ek dit met moeite
> kan lees.

Moet ook nie vergeet dat hy 'n hand gehad
het in die eerste Bybel wat daar in Afrikaans
verskyn het nie. Totius was een van die reuse
onder Afrikaners.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand " deur A.G. VISSER
Volgende onderwerp: " Gebed " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 02:54:26 UTC 2024