Ef - oo - kaa- oo- ef- polisiekar [boodskap #90740] |
Sun, 29 February 2004 13:27 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Oftewel Fokofpolisiekar - die nuwe Afrikaanse punkgroep wat opslae maak -
Mnr Terrence April van RSG het toestemmong van die groep verkry om hulle
slegs aan te kondig as Polisiekar, en Johan Botha het hulle soos per die
tema aangekondig.
Die groep se Hemel op die Platteland is die eerste Afrikaanse kunstenaars
wat 5FM se speellys haal.
Hemel op die Platteland:
Kan jy my skroewe vir my vasdraai?
kan jy my albasters vir my vind?
kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk?
kan jy apatie spel?
kan iemand dalk 'n god bel en vir hom sê
ons het hom nie meer nodig nie?
stuur my waarheen al die dose gaan.
stuur my hemel toe ek dink dis in die platteland
Uit die liedjie Maak of Braak:
In die begraafplaas waar ek bly
lag al die geraamtes vir my
maar hulle is onbewus dat ek stuk vir stuk
my hart by my keel afdruk
drink nou hierdie bloed van my
dis al wat ek het wat jy kan kry
ek het spesiaal my are vir jou oopgesny.
Ek is te oud vir hierdie goed.
Annette
|
|
|
Re: Ef - oo - kaa- oo- ef- polisiekar [boodskap #90743 is 'n antwoord op boodskap #90740] |
Sun, 29 February 2004 14:36 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
koooooooeeeeeeeeellllllllllllll - soos my sussie sal sê :))
E
"Annette" wrote:
>
> Hemel op die Platteland:
> Kan jy my skroewe vir my vasdraai?
> kan jy my albasters vir my vind?
> kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk?
> kan jy apatie spel?
> kan iemand dalk 'n god bel en vir hom sê
> ons het hom nie meer nodig nie?
> stuur my waarheen al die dose gaan.
> stuur my hemel toe ek dink dis in die platteland
>
> Uit die liedjie Maak of Braak:
> In die begraafplaas waar ek bly
> lag al die geraamtes vir my
> maar hulle is onbewus dat ek stuk vir stuk
> my hart by my keel afdruk
> drink nou hierdie bloed van my
> dis al wat ek het wat jy kan kry
> ek het spesiaal my are vir jou oopgesny.
>
> Ek is te oud vir hierdie goed.
> Annette
>
|
|
|