Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Stad in die mis " deur D. J. OPPERMAN
" Stad in die mis " deur D. J. OPPERMAN [boodskap #89720] |
Thu, 29 January 2004 19:58 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
D.J. Opperman
Stad in die mis
Met gespanne spier
loop ek deur die mis
want om my sluip 'n dier
onder wit duisternis;
ek hoor hom knor en in oop mote
waggel sy pilare-pote
en sy kantelende rug metaal;
op hoeke van die strate blink
sy oë bloedbelope,
en met sy hap sluit staal op staal.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Jan 27 16:01:28 UTC 2025
|