Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Eilandgroep " deur D.J. OPPERMAN
" Eilandgroep " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #89227] Wed, 14 January 2004 23:24
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
D.J. Opperman

Eilandgroep

Dit is maar enkel waan
dat ons 'n eenheid was;
groot stromings van die oseaan

het ons geëiland tot 'n argipel
van enkelinge waar ons briewe rou en skel
van strand tot strand soos meeue fladder
en van mekaar se eensaamheid vertel.

Wild staan die palms bo die water,
palms, bamboes en die gras,
maar in onbewuste dieptes êrens ...
êrens is ons aan mekaar nog vas.
Vorige onderwerp: " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Waar Tebes in die stil woestyn " deur EUGENE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 16 09:06:17 UTC 2025