Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Re: Bedryfstelsels
Re: Bedryfstelsels [boodskap #6289] Do, 18 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Robert skryf:

> Ek moet erken my ondervinding met Hooframe is te lank terug en te beperk=20
> om dit van enige ernstige nut te maak. Wat OS/2 doen is om wel 'n=20
> virtuele masjien te maak wat lyk soos 'n AT wat sekere 386 instruksies=20
> verstaan wat daarin loop. Die probleem is dat nie DOS of Windows=20
> programme geskryf is om so iets te verstaan nie, sodat OS/2 baie van die=20
> slegte gewoontes ( soos om direk met die hardeware te praat, aannames te=20
> maak dat dit die enigste program op die rekenaar is ens. ) moet teen=20
> beskerm en emulasie van die nodige hardeware en ander belangrike areas in=
> =20
> die geheue moet doen sodat die programme kan werk en die hele rekenaar=20
> nie tot stilstand kom nie. Ek twyfel of VM/CMS dieselfde probleme het met=
> =20
> die sagteware wat onder dit werk.

Sover my kennis strek, skep VM/CMS 'n virtuele masjien wat so getrou
is, dat jy selfs 'n ander IBM 370 bedryfstelsel (bv MVS) daarin kan loop,
en bedryfstelsels het juis direkte toegang tot die apparatuur.
Ek gee egter toe dat die vergelyking met OS/2 nie in alle opsigte
gemaak kan word nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Bedryfstelsels [boodskap #6290 is 'n antwoord op boodskap #6289] Do, 18 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Antonie skryf:

[knip]

> Die gebruik van Unix groei dus maar nie soveel as die van Windows nie.
> OS/2 se toekoms lyk egter nie rooskleurig nie.

Dis alles natuurlik relatief. Blykbaar het OS/2 'n goeie nismark
uitgekerf (my vorige voorbeeld van sekere groot maatskappye in die VSA
en elders), dus gaan dit beslis nie oornag verdwyn nie. 'n Onlangse
berig wat ek gelees het (toegegee, in 'n tydskrif wat IBM-gesind is)
voorspel 'n ietwat rooskleuriger toekoms vir die produk.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Bedryfstelsels [boodskap #6307 is 'n antwoord op boodskap #6289] Vr, 19 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Julius skryf:

> Ek dink julle ouens ly aan "Bill envy". DOS & Windows het nie net goed
> verkoop omdat
> MS se advertensies goed was nie.

Ek weet nie van Robert nie, maar ek gun Bill Gates sy rykdom. Die punt
wat ek oorspronklik gemaak het, is bloot dat ek Unix eerstens verkies,
en OS/2 daarnaas. Met Bill Gates en Microsoft het dit niks te make
nie. Ek voer nie 'n vete teen hulle nie. Ek het bloot 'n voorkeur vir
iets anders. Wat ander mense verkies is natuurlik hulle saak.

> Jy kon WIN op n 4Meg masjien loop toe OS/2 8Meg nodig gehad het. En RAM was
> duurder as nou.
> En WIN was 4 maal goedkooper as OS/2. En OS/2 het eers onlangs "remote
> access" (Afrikaans asb.?) gekry
> nadat ek jare al via WIN 'n WIN NT bediener skakel en dan deur die bediener
> teruggebel word. Kan jy dit nou
> doen in OS/2.

OS/2 het nog altyd slegs 4 megagreep vereis. IBM het dit 'n
ontwerpvereiste gemaak sodat dit maklik op draagbare rekenaars sou kon
loop. Soos alle bedryfstelsels, loop dit natuurlik beter met meer
geheue. OS/2 Warp Connect, wat TCP/IP, Novell NetWare Client, IBM
Peer, LAN Requester en IBM LAN Remote insluit, benodig egter 8
megagreep, mits jy alles installeer.

Daarteenoor weet ek van mense wat hulle vrek gesukkel het met Windows
NT, totdat hulle 32 megagreep installeer het. Toe eers het dinge begin
werk. MicroSoft het blykbaar nou hierdie probleme opgelos.

IBM se LAN Server 4.0 loop onder OS/2, en dit het 'n inbeltoegangsmodule,
LAN Distance Remote.

et Unix is sulke fasiliteite natuurlik nog altyd deel van die
bedryfstelsel, aangesien Unix uit die staanspoor ontwerp is an 'n
minirekenaarbedryfstelsel wat met dom terminale werk.

> Die ouens wat UNIX of MVS verkies kry heelwaarskynlik hulle net toegang van
> werkgewer of
> Universiteit - dis hoekom diedie nuusgroep so stil was oor die paasnaweek
> Of dalk was almal op die strand in Durban ? :-) UNIX se "command structure"
> (Afrikaans asb. ?) is lomp
> en erg kripties.

Ek loop Unix ook op my rekenaar tuis (toegegee, ek het ook 'n DOS
partisie op die skyf, waartoe ek vanuit Unix toegang kan kry), en as jy
toegang tot die Internet deur 'n diensverskaffer verkry, loop die
diensverskaffer in alle waarskynlikheid 'n Unix-stelsel as posbediener,
DNS naambediener, ens. Dus maak jy heel waarskynlik tog van Unix
gebruik. Deesdae kan jy ook hierdie dinge met Windows NT doen,
maar dis 'n betreklik onlangse toevoeging tot die bedryfstelsel.
Volgens my inligting, kan jy egter nog steeds nie na NT inbel met 'n
doodgewone terminaal nie.

Ek verkies beslis nie MVS nie! Iemand het eenmaal sy ervaring met MVS
se Time Sharing Option (TSO) beskryf as 'n poging om 'n dooie walvis
met die strand langs te skop. Nietemin, my bank hou waarskynlik al my
rekeninginligting op 'n MVS-stelsel, dus vertrou ek dat die ding goed
werk!

Ek kry buitendien makliker toegang tot die Internet deur ons Unix-
stelsel by die werk, aangesien ek met 'n doodgewone dom terminaal kan
inbel. Ek het nie SLIP of PPP nodig nie (in werklikheid loop ek Kermit
vanaf my Unix-stelsel by die huis), alhoewel ek daardie opsie ook het.
Dit word immers as deel van die bedryfstelsel ingesluit.

Ek vind Unix se bevelstruktuur geensins lomper as DOS s'n nie, en op
UnixWare en ander SVR4-stelsels kan mens buitendien die uitstekende
X-Windows Desktop Manager gebruik as jy 'n muisjoggie is. Alle Unix-
stelsels beweeg ook nou na die Common Desktop Environment (CDE).


> OS/400 (nee dis nie n tikfout nie) is UNIX myle vooruit (veral as dit kom by
> objek sekuriteit).
> Maar ek is seker jy gaan nie n AS/400 vir jou studeerkamer koop nie!

Stem, maar vir 'n klein sakeonderneming is OS/400 op 'n AS/400 'n puik
stelsel. Heel terloops, IBM se AS/400 afdeling, wat in Rochester,
innesota, gebaseer is, is groter as die ganse Digital Equipment
Corporation. Die AS/400 gebruik ook nou die PowerPC vlokkie.

> As jy reken MS pakette is te groot, probeer Works - kos $90.00 vir 5 mees
> algemeen gebruikte
> progrmme. En jy het nie 16Meg RAM nodig nie.

IBM Works en Lotus Notes word saam met OS/2 Warp ingesluit. Jy net
net 4 megagreep nodig :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Re: Nieuw virus
Volgende onderwerp: Soek VISUAL BASIC 3.0
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 03:19:59 MGT 2024