Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » koud
koud [boodskap #87993] So, 07 Desember 2003 07:49 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
wees
Ek gaan my klaarmaak nou om te gaan fietsry met enkele vrinde
Ons Gaan waarskynlik geen kou he met aangepaste klere
Re: koud [boodskap #87994 is 'n antwoord op boodskap #87993] So, 07 Desember 2003 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier in Nieu Seeland is dit warm en droog. Auckland, die moddergat, is besig
om uit te droog vir 'n verandering. Nogal depressing.

"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:pYAAb.898$_e4.18401337@hebe.telenet-ops.be...
> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
> wees
> Ek gaan my klaarmaak nou om te gaan fietsry met enkele vrinde
> Ons Gaan waarskynlik geen kou he met aangepaste klere
>
Re: koud [boodskap #87995 is 'n antwoord op boodskap #87993] So, 07 Desember 2003 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Dec 2003 07:49:41 GMT, "Paul de Dilbeek"
wrote:

> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
> wees
> Ek gaan my klaarmaak nou om te gaan fietsry met enkele vrinde
> Ons Gaan waarskynlik geen kou he met aangepaste klere
>

Dankie Paul, vir 'n rede om Suid Afrika te waardeer:-)

DD
Re: koud [boodskap #87998 is 'n antwoord op boodskap #87995] So, 07 Desember 2003 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis vandag 'n regte somersdag in die Kaap. Wolkloos, effense briesie, en
warm. Die strande is vol. Die paadjies teen Tafelberg is besig, en ek gaan
nou langs die see stap en met vreemde mense se honde speel.
--
Annette

"DD" skryf in boodskap news:vrp5tvolkpjjs11p678eog7g81iilgplgm@4ax.com...
> On Sun, 07 Dec 2003 07:49:41 GMT, "Paul de Dilbeek"
> wrote:
>
>> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
>> wees
>> Ek gaan my klaarmaak nou om te gaan fietsry met enkele vrinde
>> Ons Gaan waarskynlik geen kou he met aangepaste klere
>>
>
> Dankie Paul, vir 'n rede om Suid Afrika te waardeer:-)
>
> DD
>
Re: koud [boodskap #87999 is 'n antwoord op boodskap #87993] So, 07 Desember 2003 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Corné  is tans af-lyn  Corné
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:pYAAb.898$_e4.18401337@hebe.telenet-ops.be...
> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
> wees
> Ek gaan my klaarmaak nou om te gaan fietsry met enkele vrinde
> Ons Gaan waarskynlik geen kou he met aangepaste klere
>
>
Hier in Holland is vanagt -7 (!) bereik. Baie bly dat ek volgend jaar naar
Suid-Afrika emigreer.

C.
(Witjagter uit Vaalwater).
Re: koud [boodskap #88006 is 'n antwoord op boodskap #87999] So, 07 Desember 2003 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is terug van fietsry,brr,baie koud maar sonnig
Ons was met 15 man,62km gery
het nog kou aan die kniee maar baie tevree
Daar is nou hier een griep epidemie en Norbert is ook siek gewees
Hooplik word ek nie siek nie,ek is nie ingeent nie
Corne,wanneer vertrek jy en waar gaan jy woon?
Paul
"Corné" skryf in boodskap news:bquroh$mdd$1@news2.tilbu1.nb.home.nl...
>
> "Paul de Dilbeek" schreef in bericht
> news:pYAAb.898$_e4.18401337@hebe.telenet-ops.be...
>> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
>> wees
>> Ek gaan my klaarmaak nou om te gaan fietsry met enkele vrinde
>> Ons Gaan waarskynlik geen kou he met aangepaste klere
>>
>>
> Hier in Holland is vanagt -7 (!) bereik. Baie bly dat ek volgend jaar naar
> Suid-Afrika emigreer.
>
> C.
> (Witjagter uit Vaalwater).
>
Re: koud [boodskap #88012 is 'n antwoord op boodskap #87993] So, 07 Desember 2003 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul de Dilbeek" wrote

> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
> wees

Watter soort sissies is julle daar in België. Ek hou nie
daarvan as die temperatuur in die winter so naby aan
vriespunt is nie. Want dan veroorsaak dit swart ys op
die paaie as die temperatuur in die dag miskien in die
plus kolom is en in die nag in die minus kolom. Ek
hou van my wintertemperatuur so -10 C op 'n
permanente basis.

Gloudina, van die plek wat glo die mees noordelike
nasionale hoofstad in die wêreld is. Moskou moet
dus suid van ons wees?
Re: koud [boodskap #88016 is 'n antwoord op boodskap #88012] So, 07 Desember 2003 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Dec 2003 13:48:29 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>
>> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
>> wees
>
> Watter soort sissies is julle daar in België. Ek hou nie
> daarvan as die temperatuur in die winter so naby aan
> vriespunt is nie. Want dan veroorsaak dit swart ys op
> die paaie as die temperatuur in die dag miskien in die
> plus kolom is en in die nag in die minus kolom. Ek
> hou van my wintertemperatuur so -10 C op 'n
> permanente basis.
>
> Gloudina, van die plek wat glo die mees noordelike
> nasionale hoofstad in die wêreld is. Moskou moet
> dus suid van ons wees?
>
Wat gebeur met jou as dit 35°C is,smelt jy dan?Ons het nie -10 nodig
om te conserveer
Re: koud [boodskap #88036 is 'n antwoord op boodskap #88012] Ma, 08 Desember 2003 00:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Dec 2003 13:48:29 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>
>> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
>> wees
>
> Watter soort sissies is julle daar in België. Ek hou nie
> daarvan as die temperatuur in die winter so naby aan
> vriespunt is nie. Want dan veroorsaak dit swart ys op
> die paaie as die temperatuur in die dag miskien in die
> plus kolom is en in die nag in die minus kolom. Ek
> hou van my wintertemperatuur so -10 C op 'n
> permanente basis.
>
> Gloudina, van die plek wat glo die mees noordelike
> nasionale hoofstad in die wêreld is. Moskou moet
> dus suid van ons wees?
>

Ek het ook al in Kanada gewees, Gloudina. Ek dink ek het al gewees
waar jy nou so ongeveer woon. Ja, inderdaad, dis baie koud daar by
julle maar moet ook weet: in Kanada is dit baie droër as by ons hier
in Vlaandere. 'n Vogtige kou is minder aangenaam as droë een. Ek het
nog in Noorwege buite gestaan by -15 °C in my hemp en ek het toe niks
gevoel nie maar moet hier in Vlaandere nie buite kom by + 2°C nie as
dit waai buite! Dan klapper jou tande! Wis jy dat in die Tweede
Wêreldoorlog die Amerikaanse soldate meer vriesverskynsele gehad het
in die Belgiese Ardenne as eender waar elders in Europa? En nogtans is
dit daar maar net so koud as in gans die res van Duitsland (as ek
suiwer oor die temperature praat).

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: koud [boodskap #88041 is 'n antwoord op boodskap #88036] Ma, 08 Desember 2003 05:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou, hier by ons in die Namib kan dit op plekke 50°C oorgaan! Meeste mense
in ons plek besit nie eers 'n ding soos 'n reënjas nie. Maklik 90% van die
bevolking het nog nooit sneeu gesien nie.....

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:lbg7tv4kadkq48ig516ehud7hh961dlihb@4ax.com...
> On Sun, 07 Dec 2003 13:48:29 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "Paul de Dilbeek" wrote
>>
>>> Hier in Belgie is dit dees more baie koud -2°C en dit gaan heel die dag so
>>> wees
>>
>> Watter soort sissies is julle daar in België. Ek hou nie
>> daarvan as die temperatuur in die winter so naby aan
>> vriespunt is nie. Want dan veroorsaak dit swart ys op
>> die paaie as die temperatuur in die dag miskien in die
>> plus kolom is en in die nag in die minus kolom. Ek
>> hou van my wintertemperatuur so -10 C op 'n
>> permanente basis.
>>
>> Gloudina, van die plek wat glo die mees noordelike
>> nasionale hoofstad in die wêreld is. Moskou moet
>> dus suid van ons wees?
>>
>
> Ek het ook al in Kanada gewees, Gloudina. Ek dink ek het al gewees
> waar jy nou so ongeveer woon. Ja, inderdaad, dis baie koud daar by
> julle maar moet ook weet: in Kanada is dit baie droër as by ons hier
> in Vlaandere. 'n Vogtige kou is minder aangenaam as droë een. Ek het
> nog in Noorwege buite gestaan by -15 °C in my hemp en ek het toe niks
> gevoel nie maar moet hier in Vlaandere nie buite kom by + 2°C nie as
> dit waai buite! Dan klapper jou tande! Wis jy dat in die Tweede
> Wêreldoorlog die Amerikaanse soldate meer vriesverskynsele gehad het
> in die Belgiese Ardenne as eender waar elders in Europa? En nogtans is
> dit daar maar net so koud as in gans die res van Duitsland (as ek
> suiwer oor die temperature praat).
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
Re: koud [boodskap #88062 is 'n antwoord op boodskap #88041] Ma, 08 Desember 2003 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Dec 2003 07:44:48 +0200, "Suidwester" wrote:

> Nou, hier by ons in die Namib kan dit op plekke 50ºC oorgaan! Meeste mense
> in ons plek besit nie eers 'n ding soos 'n reënjas nie. Maklik 90% van die
> bevolking het nog nooit sneeu gesien nie.....

50 °C? Ek smelt al by 35 °C! Maar ek weet wel: dis waarskynlik 'n droë
warmte daar by julle en hierdie is ook beter om te verdra! Hier in
Vlaandere en Nederland is dit steeds 'n bietjie bedompig. In die
oorlog, toe die Duitsers hier was, was hulle almal ook siek daardeur!
In die somer, selfs as dit baie mooi weer is, moet ek steeds die
meeste water aflaat van ons lugtenks in die fabriek.

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: koud [boodskap #88106 is 'n antwoord op boodskap #88062] Di, 09 Desember 2003 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's reg as jy sê dis 'n droë hitte en is 50 grade makliker uitstaanbaar as
35°C in hoë humiditeit. Een voordeel is natuurlik dat jy koue bier by die
galonne kan suip want dit verdwyn sommer net weer deur sweet wat dan net
weer verdamp en nie daai taai gemors maak wat in hoë humiditeit gebeur nie.
Dit maak jou ook nie sommer siek nie......by voorwaarde dat jy kop en bal
goed bedek het! Die verdere voordeel is dat met sonsondergang 'n droë
hitte vinnig afkoel. Daar by julle is dit mos sommer maklik 24 uur
aanmekaar se geswetery. Hier by ons Weskus slaap ons in die somer nog
onder 'n kombers.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:0du8tvoerjmoulukt1t88eijtpdkq6mgql@4ax.com...
> On Mon, 8 Dec 2003 07:44:48 +0200, "Suidwester" wrote:
>
>> Nou, hier by ons in die Namib kan dit op plekke 50°C oorgaan! Meeste mense
>> in ons plek besit nie eers 'n ding soos 'n reënjas nie. Maklik 90% van die
>> bevolking het nog nooit sneeu gesien nie.....
>
> 50 °C? Ek smelt al by 35 °C! Maar ek weet wel: dis waarskynlik 'n droë
> warmte daar by julle en hierdie is ook beter om te verdra! Hier in
> Vlaandere en Nederland is dit steeds 'n bietjie bedompig. In die
> oorlog, toe die Duitsers hier was, was hulle almal ook siek daardeur!
> In die somer, selfs as dit baie mooi weer is, moet ek steeds die
> meeste water aflaat van ons lugtenks in die fabriek.
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
Re: koud [boodskap #88110 is 'n antwoord op boodskap #88106] Di, 09 Desember 2003 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 9 Dec 2003 15:41:04 +0200, "Suidwester" wrote:

> Jy's reg as jy sê dis 'n droë hitte en is 50 grade makliker uitstaanbaar as
> 35ºC in hoë humiditeit. Een voordeel is natuurlik dat jy koue bier by die
> galonne kan suip want dit verdwyn sommer net weer deur sweet wat dan net
> weer verdamp en nie daai taai gemors maak wat in hoë humiditeit gebeur nie.
> Dit maak jou ook nie sommer siek nie......by voorwaarde dat jy kop en bal
> goed bedek het! Die verdere voordeel is dat met sonsondergang 'n droë
> hitte vinnig afkoel. Daar by julle is dit mos sommer maklik 24 uur
> aanmekaar se geswetery. Hier by ons Weskus slaap ons in die somer nog
> onder 'n kombers.

Ja, inderdaad, ek verstaan dit eintlik nie hoekom dit kan so baie
verskil maak.. In die somer kan ek hier snags dikwels nie slaap deur
die warmte nie. Ofskoon dit dan maar net 25°C is dit net 'n tropiese
warmte en 'n mens sweet se eie dood selfs as jy nie onder 'n kombers
lê nie. Vogtigheid het meer invloed op die mense as suiwer hitte of
kou.

Norbert
Re: koud [boodskap #88120 is 'n antwoord op boodskap #88110] Wo, 10 Desember 2003 02:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" wrote

> Ja, inderdaad, ek verstaan dit eintlik nie hoekom dit kan so baie
> verskil maak.. Ofskoon dit dan maar net 25°C is dit net 'n tropiese
> warmte en 'n mens sweet se eie dood selfs as jy nie onder 'n kombers
> lê nie. Vogtigheid het meer invloed op die mense as suiwer hitte of
> kou.

Ons het dieselfde probleem hier tussen die groot mere en die
groot riviere in die somer. Daar is soveel vogtigheid in die lug
dat mens net eenvoudig sterf van die hitte. Ek verkies die
winter hier in Ontario ver bokant die somer. En komende
van die Noord-Kaap wéét ek van hitte.

Gloudina
Re: koud [boodskap #88123 is 'n antwoord op boodskap #88120] Wo, 10 Desember 2003 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Anti, as 'n oud-Kanaalaap sal jy weet wat hitte is want doer rondom die
Oranjerivier ['skuus, Gariep] kan dit vrekwarm word, maar weereens is dit 'n
droë hitte en eintlik 'goed' vir die mens....as mens dit so kan stel.
Mits jy natuurlik nie sonsteek kry omdat jy nie jou kop bedek nie, maar die
mense van daai wêreld word donners oud. Dis niks snaaks om 'n oue met by
die 100 jaar op die klok in bv Kakamas te vind nie. Hier by ons in die
woestyn is dieselfde ding aan die gang......voor jy siek word van iets dan
sweet jy dit uit!
"@rogers.com" wrote in message
news:vevBb.18864$3Eb1.16298@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Sterrenkijker" wrote
>
>> Ja, inderdaad, ek verstaan dit eintlik nie hoekom dit kan so baie
>> verskil maak..
> Ofskoon dit dan maar net 25°C is dit net 'n tropiese
>> warmte en 'n mens sweet se eie dood selfs as jy nie onder 'n kombers
>> lê nie. Vogtigheid het meer invloed op die mense as suiwer hitte of
>> kou.
>
> Ons het dieselfde probleem hier tussen die groot mere en die
> groot riviere in die somer. Daar is soveel vogtigheid in die lug
> dat mens net eenvoudig sterf van die hitte. Ek verkies die
> winter hier in Ontario ver bokant die somer. En komende
> van die Noord-Kaap wéét ek van hitte.
>
> Gloudina
>
Re: koud [boodskap #88128 is 'n antwoord op boodskap #88123] Wo, 10 Desember 2003 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem nie saam met Norbert dat 'n droë koue warmer is as 'n nat koue nie.
Inteendeel. Gaan voel hoe voel 2C in Bloemfontein, in teenstelling met 2C in
Kaapstad.
Ek het nog steeds nie my elektriese kombers wat ek in Bloemfontein gedurende
die winter nie eers afgeskakel het nie, hier in die Kaap sedert 1979 uit die
doos gehaal nie .
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3fd6b3c9.0@news1.mweb.co.za...
> Anti, as 'n oud-Kanaalaap sal jy weet wat hitte is want doer rondom die
> Oranjerivier ['skuus, Gariep] kan dit vrekwarm word, maar weereens is dit 'n
> droë hitte en eintlik 'goed' vir die mens....as mens dit so kan stel.
> Mits jy natuurlik nie sonsteek kry omdat jy nie jou kop bedek nie, maar die
> mense van daai wêreld word donners oud. Dis niks snaaks om 'n oue met by
> die 100 jaar op die klok in bv Kakamas te vind nie. Hier by ons in die
> woestyn is dieselfde ding aan die gang......voor jy siek word van iets dan
> sweet jy dit uit!
> "@rogers.com" wrote in message
> news:vevBb.18864$3Eb1.16298@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>> "Sterrenkijker" wrote
>>
>>> Ja, inderdaad, ek verstaan dit eintlik nie hoekom dit kan so baie
>>> verskil maak..
>> Ofskoon dit dan maar net 25°C is dit net 'n tropiese
>>> warmte en 'n mens sweet se eie dood selfs as jy nie onder 'n kombers
>>> lê nie. Vogtigheid het meer invloed op die mense as suiwer hitte of
>>> kou.
>>
>> Ons het dieselfde probleem hier tussen die groot mere en die
>> groot riviere in die somer. Daar is soveel vogtigheid in die lug
>> dat mens net eenvoudig sterf van die hitte. Ek verkies die
>> winter hier in Ontario ver bokant die somer. En komende
>> van die Noord-Kaap wéét ek van hitte.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: koud [boodskap #88131 is 'n antwoord op boodskap #88128] Wo, 10 Desember 2003 08:34 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die wind speel natuurlik 'n moerse rol. By die kus kry jy oor die algemeen
nie daai snerpende koue van die binneland nie. In die binneland, as dit
ook nog natterig is, vries die water en as die spulletjie begin smelt, dan
word dit eers koud. In die woestyn, met sy min vog, word dit plokken koud
in die nag [onder vriespunt] en in die dag weer 40+. Dit is egter 'n
kortstondige koue want sodra die son opkom, dan sweet jy. Die Weskus se
see is egter nie so klam soos die oostekant nie en in die winter is Durban
se beste tyd.

"Annette" skryf in boodskap news:br6hh6$s9k$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek stem nie saam met Norbert dat 'n droë koue warmer is as 'n nat koue nie.
> Inteendeel. Gaan voel hoe voel 2C in Bloemfontein, in teenstelling met 2C in
> Kaapstad.
> Ek het nog steeds nie my elektriese kombers wat ek in Bloemfontein gedurende
> die winter nie eers afgeskakel het nie, hier in die Kaap sedert 1979 uit die
> doos gehaal nie .
> --
> Annette
> "Suidwester" skryf in boodskap news:3fd6b3c9.0@news1.mweb.co.za...
>> Anti, as 'n oud-Kanaalaap sal jy weet wat hitte is want doer rondom die
>> Oranjerivier ['skuus, Gariep] kan dit vrekwarm word, maar weereens is dit 'n
>> droë hitte en eintlik 'goed' vir die mens....as mens dit so kan stel.
>> Mits jy natuurlik nie sonsteek kry omdat jy nie jou kop bedek nie, maar die
>> mense van daai wêreld word donners oud. Dis niks snaaks om 'n oue met by
>> die 100 jaar op die klok in bv Kakamas te vind nie. Hier by ons in die
>> woestyn is dieselfde ding aan die gang......voor jy siek word van iets dan
>> sweet jy dit uit!
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:vevBb.18864$3Eb1.16298@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>>
>>> "Sterrenkijker" wrote
>>>
>>>> Ja, inderdaad, ek verstaan dit eintlik nie hoekom dit kan so baie
>>>> verskil maak..
>>> Ofskoon dit dan maar net 25°C is dit net 'n tropiese
>>>> warmte en 'n mens sweet se eie dood selfs as jy nie onder 'n kombers
>>>> lê nie. Vogtigheid het meer invloed op die mense as suiwer hitte of
>>>> kou.
>>>
>>> Ons het dieselfde probleem hier tussen die groot mere en die
>>> groot riviere in die somer. Daar is soveel vogtigheid in die lug
>>> dat mens net eenvoudig sterf van die hitte. Ek verkies die
>>> winter hier in Ontario ver bokant die somer. En komende
>>> van die Noord-Kaap wéét ek van hitte.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Onthou
Volgende onderwerp: Hulp benodig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 05:52:57 MGT 2024