Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Derde partye kan nou grondeise teen boere instel
Derde partye kan nou grondeise teen boere instel [boodskap #87829] |
Mon, 01 December 2003 19:22 |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Willie Marais tydens HNP-Hoofbestuur:
Derde partye kan nou grondeise teen boere instel
(Deur Jakkie Basson)
DIE skokkende nuus is bekendgemaak dat derde partye grondeise teen
boere kan instel sonder dat hulle self daarvan weet. Dit kom op
bedrog neer, maar is 'n duidelike aanduiding van hoe immoreel daar
teen die blanke in hierdie land opgetree word.
Dit was maar een van vele aspekte wat mnr Willie Marais aangehaal het
van hoe die blanke onder 'n kommunistiese ANC-bewind afgeknou word.
Die ANC-regime is besig om doelbewus die swarte te bevoordeel ten
koste van die blanke, en grondroof is een van die belangrikste metodes
om die Afrikaner van sy besitreg te vervreem, het mnr Marais
gewaarsku. TLUSA het reeds in 'n nuusbrief aan sy lede gewaarsku teen
hierdie praktyk wat die boer nog meer weerloos as vantevore maak oor
die vervreemding van sy grond.
Die implikasies van hierdie besluit is dat grondeise teen 'n boer se
grond ingedien kan word wat nie plaasvind in die naam van die eiser
self nie, maar deur 'n derde persoon wat nie direkte belang by die
saak het nie. Dit open die weg vir gewetenlose spekulante om eise in
te dien om dan op hierdie wyse finansiële voordeel uit 'n saak te trek
waarby hulle inderdaad geen belang het nie.
Dit is net 'n verdere stap om, deur dit toe te laat, die proses te
versnel om die boer van sy grond te vervreem, en dit al meer in die
hande van swartes te laat beland wat geen benul van moderne boerdery
het nie. Dit het dus 'n tweeledige uitwerking, naamlik dat die
produktiewe boer van sy grond afgewerk word, en dat 'n onproduktiewe
swarte sy plek inneem wat die grond laat verwaarloos en geen voedsel
geproduseer word nie. Dit sal 'n ramp vir Suid-Afrika wees.
Daarom benadruk mnr Marais dit sterk dat die boer intensief sal moet
navorsing doen om vas te stel wie die grondeiser is. Anders loop hy
die gevaar om deur administratiewe stappe van sy grond verdryf te
word.
Mnr Marais het ook gewys op die woelinge binne die NG Kerk. Twee
sinodes, Wes- en Suid-Kaap en Oos-Kaap, het reeds die Belhar belydenis
aanvaar.
Sodoende word druk op die ander sinodes uitgeoefen om dieselfde te
doen, en tydens die volgende algemene sinode die saak deur te druk.
Dit moet noodwendig tot nog 'n skeuring in die kerk lei.
In die lig daarvan het mnr Marais 'n beroep op diegene wat nog lid van
die NG Kerk is, gedoen om 'n gesamentlike aksie van stapel te laat
loop wanneer dit plaasvind.
Oor die beheer van die ekonomie in Suid-Afrika, het mnr Marais daarop
gewys dat aanvanklik die Britte 'n 92% belang in die ekonomie van die
land gehad het. Die Afrikaner was daarvan uitgesluit. Nou word
doelbewuste pogings aangewend om die swartman in beheer van die
ekonomie van die land te plaas.
Swart bemagtiging word hiervoor ingespan.
Internasionaal, veral in die VSA, duur die resessie voort, en
aandelebeurse wêreldwyd stort in duie. Daar is wel oplewings, maar
daarna daal dit weer verder as wat dit gestyg het, soos die Nasdac wat
al met 70% geval het, en die Dow Jones met 30%. Werkloosheid in die
VSA is 6%, terwyl as die kerf van 8% bereik word, dit katastrofies sal
wees. Amerika se handelsbalans tekort wek ook kommer, en dit dui
daarop dat die VSA sal moet geld leen.
Vanjaar het 1 613 000 meer mense bankrot gespeel as in vorige jare.
Dit hou gevaar in vir die wêreldekonomie.
Suid-Afrika is 'n derdewêreldland waar moord, korrupsie en verkragting
aan die orde van die dag is. Daardeur word die morele vesel van die
land vernietig. Die aanduidings is dat in Suid-Afrika die spreekwoord
dat misdaad nie betaal nie, weerlê word.
Dan het die Prokureursorde pas laat blyk dat ook die regswese tot
skande gekom het. Vonnisse teen die staat word bloot geïgnoreer.
Tesame daarmee is die standaard van wetskrywers besig om onrusbarend
agteruit te gaan. Regters kritiseer gedurig die situasie waarmee
hulle te kampe kry. Selfs regters en landdroste word deur die
appèlhof voor stok gekry. Intussen is swartes besig om die beroep oor
te neem.
Die HNP se oproep dat kiesers moet wegbly van die stembus aanstaande
jaar, moet met erns uitgedra word. Die ANC is besig om met die
naamsverandering van Pretoria nog 'n hou na die blanke te mik. Die
naam, Transvaal het reeds verdwyn, en nou is die aanslag op Pretoria.
Dit sal massa-optrede van Afrikaners vereis om dit te verhoed.
Alhoewel dit nie nou tyd is vir fisiese verset nie, sal daadwerklik
opgetree moet word om die stap af te weer. Borde met die naam,
Tshwane is reeds op die hoofweë op pad na Pretoria aangebring.
Dit is belangrik dat die aksie rondom Pretoria landwyd sal moet
uitkring. Afrikaners sal moet saamstaan om hierdie skande af te weer.
http://www.hnp.org.za/
|
|
|
Re: Derde partye kan nou grondeise teen boere instel [boodskap #87854 is 'n antwoord op boodskap #87829] |
Tue, 02 December 2003 18:04 |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 01 Dec 2003 21:22:08 +0200, Frikkie Potgieter
wrote:
> Internasionaal, veral in die VSA, duur die resessie voort, en
> aandelebeurse wêreldwyd stort in duie. Daar is wel oplewings, maar
> daarna daal dit weer verder as wat dit gestyg het, soos die Nasdac wat
> al met 70% geval het, en die Dow Jones met 30%. Werkloosheid in die
> VSA is 6%, terwyl as die kerf van 8% bereik word, dit katastrofies sal
> wees. Amerika se handelsbalans tekort wek ook kommer, en dit dui
> daarop dat die VSA sal moet geld leen.
> Vanjaar het 1 613 000 meer mense bankrot gespeel as in vorige jare.
> Dit hou gevaar in vir die wêreldekonomie.
>
Moet tog eens hier loer, Frikkie:
http://money.cnn.com/markets/dow.html
Hier sal jy sien dat in die laaste driekwart jaar die Dow Jones nog
nie anders gedoen het as styg en ook in Europa sien ons dat die
ekonomie se eie herstel. Ook Greenspan het onlangs nog gesê dat
daardie resessie in die VSA afgelope is. Ek lees nog verlede week in
my koerant dat die ekonomiese vooruitsigte weerom baie goed is.
En ook in SA styg die ekonomiese vertroue, nè?
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
Re: Derde partye kan nou grondeise teen boere instel [boodskap #87866 is 'n antwoord op boodskap #87854] |
Tue, 02 December 2003 18:44 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 02 Dec 2003 19:04:49 +0100, Sterrenkijker
wrote:
> Ek lees nog verlede week in
> my koerant dat die ekonomiese vooruitsigte weerom baie goed is.
> En ook in SA styg die ekonomiese vertroue, nè?
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Daar is 'n ekonomiese bewering dat eiendompryse
die afgelope paar maande met 30% gestyg het,
Norbert. Motivering daarvoor is
1. dalende rentekoerse
2. kortsigtige mense wat van volgende jaar se stygings vergeet:-)
DD
|
|
|
Re: Derde partye kan nou grondeise teen boere instel [boodskap #87868 is 'n antwoord op boodskap #87866] |
Tue, 02 December 2003 19:52 |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 02 Dec 2003 20:44:29 +0200, DD wrote:
> 2. kortsigtige mense wat van volgende jaar se stygings vergeet:-)
>
> DD
>
Ek het daaroor gelees maar ek het vergeet waarom die interestvoete in
SA die volgende jaar weerom sou styg.. Kan jy my miskien 'n bietjie
terug daaroor inlig?
Norbert
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Fri Jan 10 16:40:42 UTC 2025
|