|
|
Re: Waarvoor na Australië? [boodskap #87601 is 'n antwoord op boodskap #87577] |
Thu, 27 November 2003 04:06 |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons sal ons pogings moet verskerp.
Of, is die vergelyking gegrond op SAPD- statistieke? Hoeveel Ossies is
vermoor tydens die motordiefstalle?
"Annette" skryf in boodskap news:bq2ah9$anp$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kry hierdie by iemand:
>
> http://www.nationmaster.com/graph-T/cri_car_the_cap
>
> Hiervolgens is Oz heel bo aan motordiefstal per kapita.
> Ons is "slegs" 18de op die lys.
> --
> Annette
>
|
|
|
Re: Waarvoor na Australië? [boodskap #87617 is 'n antwoord op boodskap #87601] |
Thu, 27 November 2003 08:52 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat beteken "per kapita"?
Ek dink die statistieke sal anders lyk as jy dit per voertuig neem, ipv per
persoon, sêveel mense in SA het glad nie karre nie...
Max____________________________
"Jonas" skryf in boodskap news:bq3t8o$9jh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons sal ons pogings moet verskerp.
> Of, is die vergelyking gegrond op SAPD- statistieke? Hoeveel Ossies is
> vermoor tydens die motordiefstalle?
> "Annette" wrote in message
> news:bq2ah9$anp$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Kry hierdie by iemand:
>>
>> http://www.nationmaster.com/graph-T/cri_car_the_cap
>>
>> Hiervolgens is Oz heel bo aan motordiefstal per kapita.
>> Ons is "slegs" 18de op die lys.
>> --
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Waarvoor na Australië? [boodskap #87885 is 'n antwoord op boodskap #87873] |
Wed, 03 December 2003 14:09 |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier in ons geweste is daar kenisse van ons wat besluit het dis nie meer die
moeite werd om aan te gaan in Namibië nie want alhoewel hulle 'n groot plaas
gehad het tussen Kalkrand en Mariental [Stofbakkies] het die praktiese
probleme in die nuwe Namibië vir hulle net te veel geword. Hulle was
maklik 80km van die nasste groot sentrum af waar die kinders moet skoolgaan,
in die wwek in die koshuis moet bly en elke naweek huistoe moet kom en
Sondae weer terug. Verder was die plaas teenaan die hoofpad en as die
skaap naby die pad kom in die nag, is die kanse goed dat daarvan gesteel
gaan word. Soveel so dat hulle sommige maande tot 100 skaap verloor het.
Dan is die plaas nog in die suide van die land en met beste tye baie droog,
maar van droogtehulp vir kommersiële boere vanaf die staat is daar g'n
sprake meer nie.
Toe kry hy 'n koper.......en hulle trek Australië toe. Volgens wat on
slaas gehoor het, bly hulle baie gelukkig daar in die platteland. Hy
bestuur 'n paar plase en sy gee onderwys. Blykbaar is misdaad daar waar
hulle bly nie 'n groot kwessie nie en hulle kinders kry 'n wonderlike
skoolopvoeding. Ja, hulle verlang terug na ou Suidwes en sê 'n kangaroo
sal nooit 'n springbok wees nie, maar hulle sê daar's g'n manier wat hulle
na die drama van die swart politiek van Afrika sal terugkeer nie. Waar hul
kinders in Nam weens hul blanke velle eintlik geen werklike toekoms het nie,
is Australië iets heel anders.
Laat mens wonder!!
"basjan" skryf in boodskap news:bqjffr$f2v$1@solaris.cc.vt.edu...
> Waarvoor sinnelose vrae vra?
>
> Dink...
>
> "Annette" wrote in message
> news:bq2ah9$anp$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Kry hierdie by iemand:
>>
>> http://www.nationmaster.com/graph-T/cri_car_the_cap
>>
>> Hiervolgens is Oz heel bo aan motordiefstal per kapita.
>> Ons is "slegs" 18de op die lys.
>> --
>> Annette
>>
>
|
|
|