R29 MILJOEN ONNODIG EN ONWETTIG SPANDEER [boodskap #87522] |
Tue, 25 November 2003 15:06 |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Suid-Afrika kan nie elke sewe jaar nuwe name en nommerplate vir
provinsies bekostig nie, het dr Pieter Mulder, leier van die
Vryheidsfront gesê. Hy het gereageer op die bedrag van R29 miljoen wat
die regering van die Noordelike Provinsie beskikbaar gestel het om die
nuwe Limpopo naam van die provinsie bekend te stel.
Die bekendstellingsveldtog van die provinsie se nuwe naam is op 29
Junie 2002 met 'n groot funksie in die Pietersburg stadion afgeskop.
Miljoene rand is op die funksie en sy bekendstelling gespandeer. Toe
meeste provinsies soos Gauteng en Mpumalanga in 1995 naamsveranderinge
ondergaan het, het die Vryheidsfront voorgestel dat Noord-Transvaal
Limpopo genoem moet word. Dit is deur die ANC regering in die
provinsie afgestem en daar is op Noordelike Provinsie besluit. Groot
koste is daarna aangegaan om die naam Noordelike Provinsie in
Suid-Afrika en in die buiteland te bemark.
Skaars sewe jaar later word soortgelyke kostes nou aangegaan om 'n
tweede naamsverandering aan te bring. Verskeie hoërskole in die
provinsie, met tot 3 000 leerlinge, het geen werkende toilette of
lopende water nie. Hospitale en gesondheidsdienste in die provinsie
het tekorte aan noodsaaklike mediese voorraad wat lewens kan red. Die
bedrag van R29 miljoen sou meeste van hierdie probleme kon oplos.
Die saak word nog ingewikkelder gemaak deurdat die geld tans onwettig
spandeer word. Die naam Limpopo kan net wettig gebruik word nadat die
grondwet, artikel 103(1), deur die Parlement gewysig is. Dit het nog
nie
plaasgevind nie. Alle motorregistrasie nommerplate in die provinsie
sal nou ook van die letter "N" aan die einde na "L" vir Limpopo
verander moet word.
Die volle bedrag van R29 miljoen word aan die Johannesburgse
skakelmaatskappy "The Agency" oorbetaal om die veldtog te reël. Die
bedrag is buitensporig hoog en is 'n vermorsing van die
belastingbetalers se geld wat eerder vir meer noodsaaklike dienste
aangewend kon word. Die bedrag is ook aansienlik meer as wat
aanvanklik gestel is as die koste van so 'n naamsverandering. Dit
bevestig die Vryheidsfront se vroeëre kritiek dat naamsveranderinge
baie geld kos en nie elke paar jaar herhaal kan word nie.
Staatsdepartemente en privaatmaatskappy in die provinsie moet nog
miljoene rand ekstra spandeer om al hulle naamborde, korrespondensie
en bemarkingsdrukwerk te vervang.
|
|
|
Re: R29 MILJOEN ONNODIG EN ONWETTIG SPANDEER [boodskap #87523 is 'n antwoord op boodskap #87522] |
Tue, 25 November 2003 15:15 |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 25 Nov 2003 15:06:11 GMT, Paul de Dilbeek wrote:
>
>
> Suid-Afrika kan nie elke sewe jaar nuwe name en nommerplate vir
> provinsies bekostig nie, het dr Pieter Mulder, leier van die
> Vryheidsfront gesê. Hy het gereageer op die bedrag van R29 miljoen wat
> die regering van die Noordelike Provinsie beskikbaar gestel het om die
> nuwe Limpopo naam van die provinsie bekend te stel.
> Die bekendstellingsveldtog van die provinsie se nuwe naam is op 29
> Junie 2002 met 'n groot funksie in die Pietersburg stadion afgeskop.
> Miljoene rand is op die funksie en sy bekendstelling gespandeer. Toe
> meeste provinsies soos Gauteng en Mpumalanga in 1995 naamsveranderinge
> ondergaan het, het die Vryheidsfront voorgestel dat Noord-Transvaal
> Limpopo genoem moet word. Dit is deur die ANC regering in die
> provinsie afgestem en daar is op Noordelike Provinsie besluit. Groot
> koste is daarna aangegaan om die naam Noordelike Provinsie in
> Suid-Afrika en in die buiteland te bemark.
> Skaars sewe jaar later word soortgelyke kostes nou aangegaan om 'n
> tweede naamsverandering aan te bring. Verskeie hoërskole in die
> provinsie, met tot 3 000 leerlinge, het geen werkende toilette of
> lopende water nie. Hospitale en gesondheidsdienste in die provinsie
> het tekorte aan noodsaaklike mediese voorraad wat lewens kan red. Die
> bedrag van R29 miljoen sou meeste van hierdie probleme kon oplos.
> Die saak word nog ingewikkelder gemaak deurdat die geld tans onwettig
> spandeer word. Die naam Limpopo kan net wettig gebruik word nadat die
> grondwet, artikel 103(1), deur die Parlement gewysig is. Dit het nog
> nie
> plaasgevind nie. Alle motorregistrasie nommerplate in die provinsie
> sal nou ook van die letter "N" aan die einde na "L" vir Limpopo
> verander moet word.
> Die volle bedrag van R29 miljoen word aan die Johannesburgse
> skakelmaatskappy "The Agency" oorbetaal om die veldtog te reël. Die
> bedrag is buitensporig hoog en is 'n vermorsing van die
> belastingbetalers se geld wat eerder vir meer noodsaaklike dienste
> aangewend kon word. Die bedrag is ook aansienlik meer as wat
> aanvanklik gestel is as die koste van so 'n naamsverandering. Dit
> bevestig die Vryheidsfront se vroeëre kritiek dat naamsveranderinge
> baie geld kos en nie elke paar jaar herhaal kan word nie.
> Staatsdepartemente en privaatmaatskappy in die provinsie moet nog
> miljoene rand ekstra spandeer om al hulle naamborde, korrespondensie
> en bemarkingsdrukwerk te vervang.
>
Bron kwevoel
|
|
|
|
|