Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antje Krog
Antje Krog [boodskap #87364] Sat, 22 November 2003 08:22
Robert Mugabe  is tans af-lyn  Robert Mugabe
Boodskappe: 9
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
MA

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig

sonder fênsie leestekens

sonder woorde wat rym

net sommer

'n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot

in jou krom klein handjies

jy beitel my met jou swart oë

en spits woorde

jy draai jou leiklip kop

jy lag en breek my tente op

maar jy offer my elke aand

vir jou Here God

jou moesie-oor is my enigste telefoon

jou huis my enigste bybel

jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma

dat ek nie is

wat ek graag vir jou wil wees nie.

Anna Elizabeth Krog, digter, skrywer en joernalis, is Vrydag, 19 Junie 2002,
in die ouderdom van 50 aan 'n beroerte in Kaapstad oorlede.
Vorige onderwerp: Die storie van die Strativarius
Volgende onderwerp: Naamsverandering?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 17:19:10 UTC 2025