Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Die rugby WB
Die rugby WB [boodskap #87209] Ma, 17 November 2003 06:41
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie WB werk nie vir my nie! Ek het gedog die AllBlacks en die Franse
gaan die eindstryd speel. Die Aussies het 'n truuk getrek wat nie een van
ons kon raaksien nie. Hulle het eenvoudig twee vinnige flanke gespeel en
so gesorg dat die AB's nooit ordentlik die bal gekry het nie en sonder die
bal het hul gevaarlike snellers in die agterlyn gemiddeld gelyk en Spencer
het gevou want hy kan nie verdedigend speel nie. Was Mehrtens daar, was
dit dalk 'n ander saak!
Die Souties het bloot 10-man rugby gespeel en gesorg dat Wilkonson se
stewel die praatwerk doen. Sê mos hoeka 15-man is mooi rugby, maar as jy
wil seker maak jy wen, dan is 10-man die antwoord.
Vorige onderwerp: Rugby....
Volgende onderwerp: Rugby Wêreld beker finaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 20:43:49 MGT 2024