Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het " deur S.J. du TOIT
" Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het " deur S.J. du TOIT [boodskap #83037] Thu, 28 August 2003 21:55 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
S.J. du Toit

Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het
Fertel deur ou Danster, 'n Grikwa

Myn liwe basiis, glo fer my,
So waar as waar di waarhyd is;
Ons Grikwas het toen nog gebly
Dáár waar di grote water is,
Ja, ons wat Grikwas is.

Een dag sit ons by di Plat Kop, -
Jul Duusfolk roep hom nou di Kaap,
'n Ding kom uit di water op,
Daar waar di son al aand gaan slaap,
'n Wit ding, nes 'n skaap.

Hy kom op uit diselfde gat,
Waar saans di son steek weg syn kop,
Eers was hy klyn en laag en plat;
Ons kyk en kyk; hy rys syn kop
En rys al hoger op.

Di ding kom nader, hy word groot;
Ons Grikwas kom toen by makaar;
Ons raak al sutjiis in di nood;
Di ding di lyk mos reg-reg naar;
Ja, basiis, dis so waar.

Ons hou toen raad, en ons hou raad;
Party flug bang bang na di krans;
En hy wat Kiwiit was word kwaad,
En sê: "Jul's gek! Dit is 'n gans!
'n Grote watergans!"

Ons sê toen: "Ja," want hy is mos,
Kaptyn mos, hy wat Kiwiit is;
Hy roer syn kop nes 'n foor-os,
Toen hy ons sê wat dat dit is,
Ja, hy wat Kiwiit is.

En ons wat Grikwas was, ons kyk,
Ons kyk, di ding word banja groot;
En altyd leliker hy lyk;
Ons word nou reg-reg in di nood;
Ons denk ons moet nou dood.

Toen fou di ding syn flerke op,
En hy gé klyntjiis af een kant;
En ons hou toen fer hom mar dop,
Hy gé meer klyntjiis, ander kant,
Hul sak af o'er di rant.
Ons kyk, ons kyk, wat Grikwas was,
Ons siin di klyntjiis, en ons beef;
Ons weet nou nog ni wat dit was;
Dit lyk fer ons di ding di leef,
Wat somar klyntjiis geef.

Di klyntjiis kom, hul kom nou an,
En ons wat Grikwas was, ons kyk,
En in di klyntjiis sit Duusman,
Wat naar en aardig fer ons lyk,
Toen ons hul reg bekyk.

Di Duusfolk kom, hul waai di doek,
Hul waai, en wys di koperdraad;
Hul wys di koper, waai di doek;
Maak tekens, plek fan praat;
Hul wys di koperdraad.

En ons wat Grikwas was breng fet,
Tamaai fet skaap en bok en bees:
Hul gé ons klyn stuk koper net,
Ons gé tamaai fet skaap en bees;
Ons was nog dom gewees.

En hul wat Duusfolk is, hul sê, -
Dis waar wat Danster jul fertel, -
Hul wys toen hul wil grond ook hê,
So klyn mar nes 'n beestefel, -
Dis waar wat ek fertel.

Hoor nou hoe skelm di Duusfolk is,
Hul sny di fel in riimpiis rond.
En net so lank as di riim is
Sê hulle toen: dis hulle grond!
Hul meet al in di rond.

En ons wat Grikwas was loop weg,
En ons hou raad, en ons hou raad;
Ons maak toen plan ons wil nou feg:
Want ons was nes 'n slang so kwaad,
En ons hou lang tyd raad.

Mar foor ons met bakly begin,
Daar laat di Duusfolk fat en loop;
Hul kruip weer in di klyntjiis in;
Di groot ding maak syn flerke oop
Daar laat di Duusfolk loop.

En ons wat Grikwas was ons sê:
"Duusmanners! jul het ons gepirr!"
En ons hou raad en ons o'erlê
"Kom jul ooit in ons land weer hiir,
Dan frek jul almal hiir!"

En ons wat Grikwas was maak plan,
Ons maak toen reg ons boog en pyl,
Ons smeer di slang syn gif daaran,
Ons slyp toen skerp di fuurklip byl,
Wi Grikwa is, het pyl.

En hy wat Duusman is bly weg!
Di nuwe maan kom twaalfmaal weer;
En ons wat Grikwas is wil feg;
Mar Duusman hy kom nou ni weer;
Hy weet glo, hy kry seer.

En ons wat Grikwas was, ons wag,
Ons kyk, en kyk, di ding moet kom;
En wrintig, ja, ons kyk een dag,
Ons siin hom uit di gat uit kom;
Dis hy! ons ken fer hom.

Ons sê: "Duusman! jy frek fan dag!
Jou harslag, lewer, long moet waai!
Hiir in di sand sal ons jou slag,
En op di fuur jou fet uitbraai!
Jou harslag moet nou waai!"

Di ding fou weer syn flerke op,
Hy gé weer klyntjiis af, een kant:
En ons hou toen fer hom weer dop,
Hy gé weer klyntjiis, ander kant,
Hul sak af o'er di rant.

Di klyntjiis kom, hul kom nou in.
Di Duusfolk waai, hul waai di flag;
Ons siin groot koper lê daar in;
Ons Grikwas was toen bly, ons lag,
En dog ons sal nou wag.

En ons wat Grikwas was maak plan,
Ons wil eers di groot koper kry;
En dan frek jy net gou Duusman!
Dan sal ons jou an riimpiis sny;
Di Duiwel sal jou ry!

Di Duusfolk maak toen tekens weer:
Hul waai di doek, hul swaai di hand;
Hul wys ons moet hul help di keer
Groot koper uitsleep op di land,
Daar op di droge sand.

En hy wat wit mens is breng tou;
Hy span ons in en skré toen: "Trek!
En dan sal ons mooi handel nou!"
En ons trap fas dat ons wou frek;
Dis bo ons fuurmaakplek.

Di Duusfolk skré, hul maak lawaai;
Ons trek; hul steek fuur agter an; -
Di Koper hoes; - di derrems waai;
En in di lug di laaste man!
Wat leef di hardloop wat hy kan.

En hy wat Danster was en ek,
Ons merk toen eers ons is gepiir;
Ons hol tot hiirso by di plek;
En fan di tyd af boer ons hiir,
Hiir by di Grootrifiir.
Re: " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het " deur S.J. du TOIT [boodskap #83071 is 'n antwoord op boodskap #83037] Sat, 30 August 2003 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: August 2003
Karma: 0
Senior Lid
Arme Griekwas. Hoe skuldig voel ek nou. Het jy nou alles sit en oortik ou
vrou?
Re: " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het " deur S.J. du TOIT [boodskap #83073 is 'n antwoord op boodskap #83071] Sat, 30 August 2003 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Spencer wrote

> Arme Griekwas. Hoe skuldig voel ek nou. Het jy nou alles sit en oortik ou
> vrou?

Aits, jy is darem gefokus op my vanoggend. Dat jy nou
soos 'n ou ramkietjie getokkel kan word deur iemand
wat sesduisend myl af van jou sit. Jy moet vir jouself
ondersoek. Hoekom hinder my teenwoordigheid vir
jou so?
En natuurlik sit en tik ek nie alles oor nie. Ons in die
Derde Republiek is meer gesofistikeerd as dit. Ons in
die Derde Republiek is ook meer georganiseerd as
julle.

Penkop uit die hoogte
Re: " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het " deur S.J. du TOIT [boodskap #83220 is 'n antwoord op boodskap #83037] Tue, 02 September 2003 16:18 Na vorige boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: August 2003
Karma: 0
Volle Lid
Interessant vind ek die ou spelling... Kan iemand my 'n URL van 'n webwerf
gee, wat informasie oor die ou spelling gee?

Hans Kamp.
Vorige onderwerp: " Al sou " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 03 06:26:23 UTC 2025