Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wit Reën
Wit Reën [boodskap #82737] Fri, 22 August 2003 20:37
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: October 2002
Karma: 0
Senior Lid
Twee Maandae gelede, iets gesien wat ek nog nooit
voorheen gesien het nie.
Dit het deur die nag gereën. Winterreën hier, so asof
dit Annette se pôzzie is, daar waar dit in die winter reën.

Maar toe ek opstaan, was die stoepe wit. Die karre wat
verby ry, en buite geslaap het, was wit. Carletonville,
10 kilos van hier, was wit. Iemand wat 'n bouwerk hier
doen, en in Alberton (80 kls ver) woon, sê dat Alberton wit
was. Die vrou by die fotograafwinkel, sê dat dit wit gereën
het tot anderkant Pretoria. En by julle, wat net oor die bult is,
Elaine?

DD

Ek het die naweek op die dak geklim en dak en mure gewas.
Die wit was taai.
Vorige onderwerp: Steve se relaas ...
Volgende onderwerp: Pap bande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:41:45 UTC 2025