Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve se relaas ...
Steve se relaas ... [boodskap #82595] Wed, 20 August 2003 17:27 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het Steve se relaas weer gelees.
Die boodskap is heel eenvoudig. Daar is mense, Afrikaners, wat gatvol raak
vir onnodige inmenging in sake wat hulle as eie en ietwat heilig beskou. (Of
jy nou dink Kruger het hoerhuise gewettig of nie.)
Toe was toe, en nou is nou. Ons bly hier en ons sal moet besluit of ons
bereid is om rondgestooit te word of nie.
Dit is waaroor Steve se relaas gaan. Kom ons bepaal ons daarby.
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82596 is 'n antwoord op boodskap #82595] Wed, 20 August 2003 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

Ons bly hier en ons sal moet besluit of ons
> bereid is om rondgestooit te word of nie.
> Dit is waaroor Steve se relaas gaan. Kom ons bepaal ons daarby.

Nee, Steve se relaas spring soos 'n malkophond
rond. Hy wil spog oor sy voorsate, spog dat hy
op die lys was van mense wat die apartheidsvarke
wou doodskiet, spog oor wat hy vantevore
geskryf het.
Waaroor jy op hierdie stadium egter wil praat is:
" Ons sal moet besluit of ons bereid is om rond-
gestoot te word of nie." Bepaal jou dus daarby.
Wat stel jy voor moet gedoen word deur mense
wat nie meer " rondgestoot " wil word nie. Die
wapens opneem? Ophou belasting betaal?
Kan enigiemand my vertel of die Kruger-
standbeeld al uit die Wildtuin verwyder is?
En is die naamsverandering 'n voldonge feit?
En kan iemand vir my vertel hoeveel swartmense
en hoeveel witmense in Mpumalanga bly, waar
ek aanneem die Wildtuin is?

Gloudina
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82605 is 'n antwoord op boodskap #82595] Thu, 21 August 2003 01:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: August 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bi0b36$ao9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het Steve se relaas weer gelees.
> Die boodskap is heel eenvoudig. Daar is mense, Afrikaners, wat gatvol raak
> vir onnodige inmenging in sake wat hulle as eie en ietwat heilig beskou. (Of
> jy nou dink Kruger het hoerhuise gewettig of nie.)
> Toe was toe, en nou is nou. Ons bly hier en ons sal moet besluit of ons
> bereid is om rondgestooit te word of nie.
> Dit is waaroor Steve se relaas gaan. Kom ons bepaal ons daarby.
>

Moenie laf wees nie Jonas:-) Waar sou ons op hierdie nuusgroep wees as ons
ons by die oospronklike onderwerpe bepaal?:-) Afdwalings is mos maar deel
van Usenet. Dit verander nie jou reg om die "ons sal moet besluit of ons
rondgestoot wil word of nie" debat te voer nie..... Dit word dan slegs twee
verskillende temas, dis al.

Lorinda
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82608 is 'n antwoord op boodskap #82596] Thu, 21 August 2003 03:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - hierdie is nie jou persoonlike inligtingsagentskap nie. Bepaal jou by
speltjekkery.

"@rogers.com" wrote in message
news:VGO0b.232620$hOa.13453@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
> Ons bly hier en ons sal moet besluit of ons
>> bereid is om rondgestooit te word of nie.
>> Dit is waaroor Steve se relaas gaan. Kom ons bepaal ons daarby.
>
> Nee, Steve se relaas spring soos 'n malkophond
> rond. Hy wil spog oor sy voorsate, spog dat hy
> op die lys was van mense wat die apartheidsvarke
> wou doodskiet, spog oor wat hy vantevore
> geskryf het.
> Waaroor jy op hierdie stadium egter wil praat is:
> " Ons sal moet besluit of ons bereid is om rond-
> gestoot te word of nie." Bepaal jou dus daarby.
> Wat stel jy voor moet gedoen word deur mense
> wat nie meer " rondgestoot " wil word nie. Die
> wapens opneem? Ophou belasting betaal?
> Kan enigiemand my vertel of die Kruger-
> standbeeld al uit die Wildtuin verwyder is?
> En is die naamsverandering 'n voldonge feit?
> En kan iemand vir my vertel hoeveel swartmense
> en hoeveel witmense in Mpumalanga bly, waar
> ek aanneem die Wildtuin is?
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82610 is 'n antwoord op boodskap #82605] Thu, 21 August 2003 05:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - natuurlik is jy ook reg. So is ons almal.
Al wat my ietwat pla is inkonsekwentgeit. Soos die Anti wat Kruger se huis
in Clarens besoek maar nie weet hoe jy Clarence spel nie.
Ek let egter op dat sy deesdae die insig ontwikkel het om nie die korrupte
ANC/SAKP/COSATU alliansie onvoorwaardelik te ondersteun nie. (Dit kon ook
nou tot haar deurgedring dat die "vryheidsstryders" moontlik korrup kon
gewees het voor en tydens die "stryd".)

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f43b3aa$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bi0b36$ao9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het Steve se relaas weer gelees.
>> Die boodskap is heel eenvoudig. Daar is mense, Afrikaners, wat gatvol raak
>> vir onnodige inmenging in sake wat hulle as eie en ietwat heilig beskou.
> (Of
>> jy nou dink Kruger het hoerhuise gewettig of nie.)
>> Toe was toe, en nou is nou. Ons bly hier en ons sal moet besluit of ons
>> bereid is om rondgestooit te word of nie.
>> Dit is waaroor Steve se relaas gaan. Kom ons bepaal ons daarby.
>>
>
> Moenie laf wees nie Jonas:-) Waar sou ons op hierdie nuusgroep wees as ons
> ons by die oospronklike onderwerpe bepaal?:-) Afdwalings is mos maar deel
> van Usenet. Dit verander nie jou reg om die "ons sal moet besluit of ons
> rondgestoot wil word of nie" debat te voer nie..... Dit word dan slegs twee
> verskillende temas, dis al.
>
> Lorinda
>
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82619 is 'n antwoord op boodskap #82610] Thu, 21 August 2003 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Al wat my ietwat pla is inkonsekwentgeit. Soos die Anti wat Kruger se huis
> in Clarens besoek maar nie weet hoe jy Clarence spel nie.

Is dit nou Clarence die kat of Clarens, die laaste tuiste
van Paul Kruger?
Kan jy nie sien hoe ver jy al van die " Afrikaanse kultuur"
afdryf wat julle soort so oor sit en kekkel daar in SA nie?
Julle dink al deels op Engels. Julle verloor die stukke Franse
kultuur in die Afrikaanse kultuur. Dit lyk vir my somtyds
dat al wat met die " Afrikaanse kultuur" bedoel word as julle
so daaroor praat, is dat dit anti-swart moet wees.
Die Afrikaanse kultuur, soos dit bedryf word deur sommige
mense in SA, het meer om die lyf as dit. Gaan leer by hulle,
en nie by Frikkie Potgieter, wat onder dit alles nie meer 'n
opregte Afrikaner is nie. Hy noem homself rsaboy, hy volg
vir Fred Rundle na, hy verrinneweer sy taal, praat smalend
oor die kerk, vloek lekker en hou daarvan om teen gays
te praat. En dan wil hy nou vir die " boerenasie" veg.
Is dit jou kultuur, of is jou kultuur die kultuur van Beyers
Naude? Albei is Afrikaners.

Gloudina
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82620 is 'n antwoord op boodskap #82610] Thu, 21 August 2003 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Ek let egter op dat sy deesdae die insig ontwikkel het om nie die korrupte
> ANC/SAKP/COSATU alliansie onvoorwaardelik te ondersteun nie. (Dit kon ook
> nou tot haar deurgedring dat die "vryheidsstryders" moontlik korrup kon
> gewees het voor en tydens die "stryd".)

Woer-woer-woer. Seker daardie klomp wat sit en klippe
kap het op Robbeneiland, wat so korrup was " tydens die
stryd."

Gloudina
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82670 is 'n antwoord op boodskap #82619] Fri, 22 August 2003 03:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek lees net jou eerste paragraaf. "Julle soort" sluit my nie in nie -
ek is ek en ek is my eie soort. Jou "julle soort" is aanduidend van 'n
beperkte denkvermoë. 'n Onvermoë om mense as individue te herken.

So - hier is 2 ontwikkelingsterreine vir jou. Leer om jouself kernagtig uit
te druk, en leer om te dink.

"@rogers.com" wrote in message
news:nd21b.236003$hOa.82921@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
>> Al wat my ietwat pla is inkonsekwentgeit. Soos die Anti wat Kruger se huis
>> in Clarens besoek maar nie weet hoe jy Clarence spel nie.
>
> Is dit nou Clarence die kat of Clarens, die laaste tuiste
> van Paul Kruger?
> Kan jy nie sien hoe ver jy al van die " Afrikaanse kultuur"
> afdryf wat julle soort so oor sit en kekkel daar in SA nie?
> Julle dink al deels op Engels. Julle verloor die stukke Franse
> kultuur in die Afrikaanse kultuur. Dit lyk vir my somtyds
> dat al wat met die " Afrikaanse kultuur" bedoel word as julle
> so daaroor praat, is dat dit anti-swart moet wees.
> Die Afrikaanse kultuur, soos dit bedryf word deur sommige
> mense in SA, het meer om die lyf as dit. Gaan leer by hulle,
> en nie by Frikkie Potgieter, wat onder dit alles nie meer 'n
> opregte Afrikaner is nie. Hy noem homself rsaboy, hy volg
> vir Fred Rundle na, hy verrinneweer sy taal, praat smalend
> oor die kerk, vloek lekker en hou daarvan om teen gays
> te praat. En dan wil hy nou vir die " boerenasie" veg.
> Is dit jou kultuur, of is jou kultuur die kultuur van Beyers
> Naude? Albei is Afrikaners.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82671 is 'n antwoord op boodskap #82620] Fri, 22 August 2003 03:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ja. Veral daardie wat met sjebeen-kwiens getroud was en hulle later
geskei het om hulle images te verbeter.
Antwoord my vraag. Wanneer het hier "vryheidstryders" van jou korrup geword.
Voor, tydens of na die "stryd". Of het die "stryd" bloot 'n goeie
wegkruipplek gebied?
"@rogers.com" wrote in message
news:Mf21b.236016$hOa.223843@news02.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Jonas wrote
>
>> Ek let egter op dat sy deesdae die insig ontwikkel het om nie die korrupte
>> ANC/SAKP/COSATU alliansie onvoorwaardelik te ondersteun nie. (Dit kon ook
>> nou tot haar deurgedring dat die "vryheidsstryders" moontlik korrup kon
>> gewees het voor en tydens die "stryd".)
>
> Woer-woer-woer. Seker daardie klomp wat sit en klippe
> kap het op Robbeneiland, wat so korrup was " tydens die
> stryd."
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82703 is 'n antwoord op boodskap #82671] Fri, 22 August 2003 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote
.
> Antwoord my vraag. Wanneer het hier "vryheidstryders" van jou korrup geword.
> Voor, tydens of na die "stryd". Of het die "stryd" bloot 'n goeie
> wegkruipplek gebied?

Jy praat nou van Mandela?

Penkop op wag voor P.W. Botha se deur
Re: Steve se relaas ... [boodskap #82719 is 'n antwoord op boodskap #82703] Fri, 22 August 2003 17:57 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek praat van die ganse lot. Dit sluit Mandela in.

"@rogers.com" wrote in message
news:Oen1b.230393$4UE.31457@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
> .
>> Antwoord my vraag. Wanneer het hier "vryheidstryders" van jou korrup
> geword.
>> Voor, tydens of na die "stryd". Of het die "stryd" bloot 'n goeie
>> wegkruipplek gebied?
>
> Jy praat nou van Mandela?
>
> Penkop op wag voor P.W. Botha se deur
>
Vorige onderwerp: idols is `n comic strip
Volgende onderwerp: Wit Reën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:15:32 UTC 2025