Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Droom van Bloubaard se vrou " deur HENNING PIETERSE
" Droom van Bloubaard se vrou " deur HENNING PIETERSE [boodskap #82152] Wo, 13 Augustus 2003 14:14
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
H.J. Pieterse
Droom van Bloubaard se vrou

Ek keer terug deur 'n hek van ivoor
na 'n burg. Daar is sewe deure.
Agter, êrens agter rol die see
klippe om in haar mond. Ek luister,
ruik klammigheid, ek bloei.
Die eerste kamer is een van pyn.
In die tweede sal sy wapens wees.
Die derde is 'n grot van bloedrobyn.
In die vierde rank 'n kruietuin.
Ek moet wakker word, het in my slaap gehuil;
ek droom wat agter die vyfde deur skuil.
Sy boeke en landgoed strek daaragter uit.
My sleutels is êrens; ek voel ingesluit.
My naam het ek jare lank reeds vergeet.
Is dit Judith, Ariane, Marlene, Mariane?
Ek probeer al hoe lank sy kamers verstaan.
In die sesde saal wieg 'n meer sonder bron.
Die sewende is agter sy oë; ek is bang
vir ou herinnerings wat daarin sal hang.
Ek wil terugkeer na my oseaan;
soveel stemme roep my daarvandaan.
Fonteine blom uit die donkerte van sy tuine.
Ek moet uit. Met weerlig in my hare
na die lig, my broers, 'n bekende skare
en hom wat net skaduwees ken,
met mý sleutels en donkertes los.
'n Deur gaan oop op die drumpel van die nag.
Ek moet wakker word; 'n oseaan
het sout teen my mure en vensters geslaan.
Ek sit stadig regop, maak my hare los,
laat hang my kop. Ek sal wag.
Vorige onderwerp: " Welkom in my kasteel " deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: " Rei van my vrouens" deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 09:11:48 MGT 2024