Skole - gronde vir skorsing [boodskap #81990] |
Fri, 08 August 2003 13:09 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In my dae was dit ry of bly - maar deesdae het die parlement nogal gronde
neergelê wat bepaal of 'n kind 'n skedule 1 skorsing oortreding behaal het
(tydelike skorsing) of 'n skedule 2 (permanente skorsing)
Skedule 1:
1)Doelbewuste ontwrigting van klasse en onderrig by die skool (hoo boy, as dit tydelike skorsing tot gevolg het, dan is elke klas driekwart leeg elke dag)
2) Sameswering tot massa-aksie om die skool se doeltreffende funksionering te belemmer
3) Belediging en verkleinering van ander, insluitende rassistiese opmerkings (die lede van die boeliebrigade?)
4) Oneerlikheid in eksamen
5) Deelname aan enige vorm van openbare onsedelikheid
6) Seksuele teistering van 'n ander ( dit behoort eintlik 'n skedule 2 te wees).
7) In besit wees of verspreiding van pornografie
8) Onder invloed van alkohol wees.
Skedule 2:
1) As dit die derde skedule 1 oortreding is waaraan die kind skuldig is.
2) Weiering om straf of korrektiewe vonnis uit te voer.
3) Vervalsing van 'n handtekening of dokument wat tot die benadeling van die skool kan strek.
4) Verkoop van eksamenmateriaal wat op onwettige wyse bekom is.
5) Poging om iemand om te koop om op 'n onwettige wyse eksamenmateriaal te bekom.
6) Diefstal en oneerlikheid tot benadeling van ander.
7) In besit wees of gebruik van ongemagtigde dwelms.
8) In besit wees van enige gevaarlike wapen.
9) Aanranding of dreigement tot aanranding.
10) Aanhouding van gyselaars
11) Moord
12) Verkragting of deelname aanwettige seksuele aktiwiteite
13) Doelbewuste beskadiging van eiendom.
(het julle opgemerk hoe ver af op die lys is moord en verkragting?)
Annette
|
|
|
Re: Skole - gronde vir skorsing [boodskap #82062 is 'n antwoord op boodskap #81990] |
Mon, 11 August 2003 13:14 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette wrote
> In my dae was dit ry of bly - maar deesdae het die parlement nogal gronde
> neergelê wat bepaal of 'n kind 'n skedule 1 skorsing oortreding behaal het
Een van die groot verskille tussen Kanada en SA se regerings-
sisteem, is dat onderwys geheel en al in die hande van die
provinsies is, en dat die sentrale Parlement in Ottawa dus geen
reels en regulasies vir die individuele provinsies kan maak nie.
Die enigste manier waarop die federale regering enigsins iets
met onderwys te doen kan kry, is om sekere federale fondse
te weerhou van die provinsies as hulle nie doen wat die federale
regering wil uitgevoer sien nie. In hierdie opsig is Kanada dus
baie nader aan die VSA. Alhoewel ons hulle provinsies noem,
het die provinsies amper soveel mag as die state in die VSA.
En in die afgelope jare probeer die provinsies meer en meer
van daardie mag wat nou in federale hande is, in die hande kry.
Meer mag vir die provinsies word aangedui as iets wat die
probleem van Quebec se separatiste sal kan oplos, asook die
onmin wat daar tussen die Weste (veral Alberta) en Ottawa
bestaan. Alberta wil byvoorbeeld meer van die geld wat die
staat uit olie-belasting kry, in hulle eie koffers hou. Maar die
federale regering wil hierdie geld liewers eweredig verdeeld
sien, sodat hulle fondse kan gee aan klein provinsies soos
Prince Edward Island en New Brunswick en so voorts.
SA was natuurlik sedert 1910 onder 'n sterk federale
(unie) regering, en dit word vandag voortgesit. Mens wonder
hoe dinge sou gelyk het as hulle besluit het om die provinsies
sterker magte te gee.
Gloudina
|
|
|