Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WAM Fees
WAM Fees [boodskap #81919] Thu, 07 August 2003 00:45 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
29 - 31 Augustus is die WAM Fees op Sasolburg. Hierdie jaar word dit vir
die 2de keer gehou, nadat verlede jaar se fees 'n groot sukses was. Steve
kon dit nie maak nie, al wou hy, want sy vroutjie is dan op haar laaste. Hy
sal wel die eerste naweek in September in Sasolburg 'n draaitjie kom maak
(ek dink die 3de keer hierdie jaar). 'n Paar kunstenaars wat wel daar sal
wees:

Nianell
Valiant Swart
Ddisselboom
Ons eie 3 Tenore
Marc Lottering (gee my krag)
Cut Glass
Laurika Rauch
Cutting Jade (ooooeeeee)
Bill Flynn

Daar sal ook 'n paar markte, opvoerings, kunsmarkte, biertente en dies meer
wees. SASOL het verlede jaar iets soos R60 mil. aan die munisipaliteit
gegee vir opknappings werk, o.a. aan die olimpiese standaard swembad waar
die Internasionale winter swem kampioenskappe gehou word in Julie, die
lieflike Ettienne Rousseau teater en die Olimpiese standaard Stadion. Die
munisipaliteit het ook al die paaie in en om Sasolburg opgeknap.

WAM staan vir Wax, Art and Music en as julle sou belangstel daarin om by te
woon, gaan besoek die site by http://www.wamfestival.co.za. Daar is genoeg
verblyf beskikbaar - as jy bereid is om in een van die omliggende dorpe te
gaan bly vir die naweek. Abrahamsrust, Emfuleni (Vanderbijl), Riverside Sun
en Emerald Casino sal sekerlik nog genoeg plek hê.

Groete
Elaine
Re: WAM Fees [boodskap #81920 is 'n antwoord op boodskap #81919] Thu, 07 August 2003 01:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

> 29 - 31 Augustus is die WAM Fees op Sasolburg. Hierdie jaar word dit vir
> die 2de keer gehou, nadat verlede jaar se fees 'n groot sukses was. SASOL het verlede jaar iets soos R60 mil. aan die munisipaliteit
> gegee vir opknappings werk, o.a. aan die olimpiese standaard swembad waar
> die Internasionale winter swem kampioenskappe gehou word in Julie, die
> lieflike Ettienne Rousseau teater en die Olimpiese standaard Stadion. Die
> munisipaliteit het ook al die paaie in en om Sasolburg opgeknap.

Jere, maar julle kap dit darem uit daar in SA. Is dit nou nie in die
Vaaldriehoek waar dit veronderstel is om so vreeslik te wees nadat
daardie vroumens met haar piramiedskema so baie mense geruineer
het nie?

Tant Hessie van die Algonquins
Re: WAM Fees [boodskap #81945 is 'n antwoord op boodskap #81920] Thu, 07 August 2003 10:53 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja - maar ons trek baie mense van die res van die land af vir die fees.
Verlede jaar kon ons nie eers tot by die keffie op die hoek kom nie, so baie
mense was daar. Hulle verwag hierdie jaar 'n 100% groei in die fees. MAW
ek sal gelukkig wees as ek in Sasolburg kan inkom en my ma-hulle sal
gelukkig wees as hulle by hulle voordeur kan uitkom :))

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Jere, maar julle kap dit darem uit daar in SA. Is dit nou nie in die
> Vaaldriehoek waar dit veronderstel is om so vreeslik te wees nadat
> daardie vroumens met haar piramiedskema so baie mense geruineer
> het nie?
>
> Tant Hessie van die Algonquins
>
Vorige onderwerp: Doodstraf - alweer
Volgende onderwerp: Wat dan?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 11:40:35 UTC 2025