Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Koffieroete
Die Koffieroete [boodskap #78255] Mon, 26 May 2003 05:50
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister was ons by die Gourmet-fees. Uitstekend soos gewoonlik. Baie nuwe
heerlike souse en blatjangs geproe. Daar is ook nou 'n hele klomp nuwe
soorte koffies en tees wat ons binnekort in die winkels sal sien. By die
Hara Krishna stalletjie het ek chick-pea fudge geëet.
Op die boonste vlak was die wyne - niks van die grootste wynkelder in die
Suidelike Halfrond nie.
Ek het wel gesien dat 'n paar bekende landgoede saamgespan het en hulle
produkte onder 'n nuwe korporatiewe naam aangebied het.
Ons het die kosdemonstrasie bygebring van 'n Engelse sjef - hy het nogal 'n
sterk Yorkshire aksent gehad, maar ek kon darem uitmaak dat as mens iets
moet kook soos melk of witsous, mens 'n houtlepel in die pot moet sit om te
keer dat dit oorkook.
Hy het 'n slaaidis met gebraaide eendstrokies gemaak.
Op pad uit moet mens deur die koffieroete loop. Al die lekker koffiegeure
meng saam en dwing mens om te stop en vir oulaas bietjie te sit en 'n
heerlike koppie koffie te geniet en luister na die jazz-orkes voordat mens
die koue buite aandurf - of die wat hulle te buite gegaan het op die boonste
vlak, tot inkeer te bring om met 'n ietwat helderder kop die nat trappies
aan te durf.

Annette
Vorige onderwerp: 'n Oulikke Lietjie
Volgende onderwerp: Re: Location Scouting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 03:27:44 UTC 2025