Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor die verlore wit kind
Oor die verlore wit kind [boodskap #78098] |
Wo, 21 Mei 2003 14:30 |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Herman Charles Bosman het die situasie lank reeds in 'n mindere storie
met die naam Birth Certificate vasgevang.
Die storie eindig so:
'Because he had been adopted by a coloured family. Flippus Biljon had
always
regarded himself as a coloured man. And then one day, quite by
accident,
Flippus Biljon saw his birth certificate. And from that birth
certificate it
was clear that Flippus Biljon was as white as you or I. You can now
imagine
how Flippus Biljon must have felt about it. Especially after he had
gone to
see the magistrate at Bekkersdal, and the magistrate after studying
the
birth certificate , confirmed the fact that Flippus Biljon was a white
man.
'Thank you baas,' Flippus Biljon said. 'Thank you very much my basie.'
|
|
|
|
Re: Oor die verlore wit kind [boodskap #78183 is 'n antwoord op boodskap #78164] |
Vr, 23 Mei 2003 14:52 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> Ferdi
>
> Hoekom plaas jy nie daai artikel wat jy in Beeld (onder Rubrieke) oor
> Happy geskryh het hier nie. Wat jy daar sê maak baie sin.
Ja, kan iemand dit asseblief plaas. Ek het deesdae
moeilikheid om Beeld te lees, want sodra ek op dinge
wil kliek, moet ek eers "inteken" en die proses werk
nie goed nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor die verlore wit kind [boodskap #78184 is 'n antwoord op boodskap #78183] |
Vr, 23 Mei 2003 14:57 |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beeld-forum:
Die vrae stapel opom Happy Sindane
Ferdi Greyling
Wie en wat is Happy Sindane, is ook die vraag wie en wat is ons?
Soos 'n mitologiese karakter het Happy Sindane verskyn as dieheeltemal
onskuldige figuur - en om hom (sonder dat hy weet) stort ideologiese
kaarthuise ineen en herken mense nie meer so maklik die gerieflike
persepsies wat hul lewensbeskouings vorm nie.
Volgens alle aanduidings is hy 'n wit kind wat twaalf jaar gelede van
sy ouers geskei geraak het. In dié tyd het hy in townships grootgeword
by 'n swart gesin.
Op die oppervlak is alles maklik as 'n mens aan die hand van 'n sekere
stel gerieflike persepsies oor ras, kultuur en samelewings dink. Happy
moet sy "regte" naam terugkry en voortgaan met sy "wit Afrikaanse"
lewe.
Daar is sekerlik mense wat sal argumenteer hy is uiteindelik "gered"
en kan nou ontspan en uiteindelik sy wit lewe opeis.
Die probleem is Happy Sindane praat net Ndebele. Hy het so
grootgeword. Hy het aangenome swart broers en 'n swart gesin waar hy
sy vormingsjare deurgebring het.
Sou hy nou in Danville, Pretoria, terugverwelkom word deur sy
vermeende ouers en eertydse vriende in die buurt, gaan hulle 'n
Ndebele-seun verwelkom.
'n Mens aanvaar hulle is nie rassisties nie en sal hom liefhê omdat hy
'n mens en eintlik een van hulle is. Maar sê nou maar een van die
vriende hou nie van swart mense nie? Wat gaan hy doen? Happy praat
Ndebele en sy sosiale refleks is eerder township as suburb.
As daar geargumenteer word hy sal "gerehabiliteer" en "weer 'n wit
kind" gemaak word, dan kan dit mos met ander Ndebele-mense ook gedoen
word?
As daar gesê word dit maak nie saak dat hy net Ndebele praat en 'n
township-kind is nie, dan is daar mos nie fout met ander arm,
"onopgevoede" Ndebele-kinders nie?
Happy het glo sleg op skool gevaar. Die skoolhoof sê hy kon nie Engels
praat nie en die skool se voertaal is Engels.
Dit is miskien 'n illustrasie dat om wit te wees nie noodwendig
beteken dat jy beter op skool vaar as swart mense nie.
Happy stel ook vrae oor moedertaal-onderrig. Hoeveel swart
Ndebele-kinders vorder ook nie in skole nie omdat hulle nie die skool
se voertaal verstaan nie?
En wat illustreer Happy oor baie swart mense wat vandag half-geletterd
is?
Happy het 'n veewagter en doener van mindere takies geword. Volgens
aanduidings is hy 'n positiewe, flukse kind. Daar is baie sulke swart
mense, werkyweriges wat nooit verby los takies vorder nie. Hoeveel
keer hoor 'n mens nie wit mense sê as dié mense "net wil", kan hulle
hul lot in die lewe verbeter "maar hulle is net lui" nie.
Wat illustreer Happy hieroor? Hy is 'n wit kind wat swart grootgeword
het in townships en die swart plattelanden al wat hy kon bereik, is
die status van 'n veewagter.
Is dit dalk waar dat sosiale dinamieke soos rykdom en geleenthede wat
vloei uit ekonomiese en politieke mag bepalend is vir wat ons in die
lewe bereik? En as dit waar is, dan kan 'n mens mos nie anders as om
die nut van regstellende aksie in te sien nie?
Happy is 'n Ndebele. As iemand vir die Ndebele-taal en die taal se
status sou baklei, sal hy ook vir Happy baklei. Wat beteken dit vir
taalstryders?
Is die stryd om Afrikaans ten volle geskei van velkleur? Dit is
waarskynlik so, selfs in die private denke van dié wat hard vir
Afrikaans baklei, maar by die lees van die Happy Sindane-verhaal kom
die vraag sekerlik weer op - net om seker te maak.
Happy, 'n wit kind moontlik van Danville, Pretoria, gaan nie bemagtig
word deur die stryd om Afrikaans nie, maar eerder deur 'n stryd om
Ndebele!
En as 'n wit kind so maklik "swart" kan wees in die townships, dan kan
'n swart kind dalk ewe maklik "wit" wees in die suburbs?
Happy Sindane, onskuldig, ongeletterd, net op soek na sy ma oor die
skeiding van taal en tyd heen, het voor van ons ideologiese strukture
te staan gekom en alles val eenvoudig ineen en moet van voor af
oordink en opgestapel word.
Of gaan ons dit eenvoudig ignoreer?
En die finale ironie is dat dit lyk of Happy se regte naam Jannie
Botha is, die algemeenste van wit, Afrikaanse name!
On Fri, 23 May 2003 14:52:16 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Drom wrote:
>
>> Ferdi
>> Hoekom plaas jy nie daai artikel wat jy in Beeld (onder Rubrieke) oor
>> Happy geskryh het hier nie. Wat jy daar sê maak baie sin.
>
> Ja, kan iemand dit asseblief plaas. Ek het deesdae
> moeilikheid om Beeld te lees, want sodra ek op dinge
> wil kliek, moet ek eers "inteken" en die proses werk
> nie goed nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Oor die verlore wit kind [boodskap #78193 is 'n antwoord op boodskap #78184] |
Vr, 23 Mei 2003 17:22 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Ferdi Greyling wrote:
> Beeld-forum:
> Die vrae stapel opom Happy Sindane
>
> Wie en wat is Happy Sindane, is ook die vraag wie en wat is ons?
>
> Soos 'n mitologiese karakter het Happy Sindane verskyn as die heeltemal
> onskuldige figuur - en om hom (sonder dat hy weet) stort ideologiese
> kaarthuise ineen
Dankie. Dis 'n baie intelligente en
indringende stuk oor 'n situasie wat
ryp is om verwerk te word in die psige
van die "Afrikaner."
Dit laat my dink aan 'n ander geval
in my jongdae in ons gemeente op Marchand.
Daar was 'n wit paar met kinders, een
waarvan duidelik 'n swart pa moes gehad
het. By die paar het 'n baie goed opgevoede
en fisies aantreklike swart man "gewerk."
Almal het aangeneem dat hy die pa van die
kind was. Die wit pa was egter baie teer
oor die kind, en het hand en tand geveg teen
die outoriteite wat die kind eers uit die
wit skool suksesvol geban het. Toe sy groter
word, wou die wit pa hê dat sy aangeneem moet word
in die NG Kerk. Sy is suksesvol uit die
kerkbyeenkomste weggehou, maar daar is toe later
besluit dat sy privaat kon katkiseer en apart
"aangeneem" kon word.
Ek het later vir myself die volgende, heel-
waarskynlik foutiewe, verduideliking van die
situasie uitgewerk. Ek dink die wit man en die
swart man het 'n homoseksuele verhouding gehad.
( Die swart man was báie aantreklik. Dit was ook
gedurende die tyd toe swart mense nog nie in die
Noordkaap algemeen gesien was nie.) Ek dink die
vrou het willens en wetens deel geword van 'n
menage á trois. Mense wat glo dat die "ou mense"
so stoer en proper was, behoort twee keer te dink.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor die verlore wit kind [boodskap #78196 is 'n antwoord op boodskap #78193] |
Vr, 23 Mei 2003 20:29 |
emmy[1]
Boodskappe: 865 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
schreef in bericht
>> Soos 'n mitologiese karakter het Happy Sindane verskyn as die heeltemal
>> onskuldige figuur - en om hom (sonder dat hy weet) stort ideologiese
>> kaarthuise ineen
>
>
> Dankie. Dis 'n baie intelligente en
> indringende stuk oor 'n situasie wat
> ryp is om verwerk te word in die psige
> van die "Afrikaner."
> Dit laat my dink aan 'n ander geval
> in my jongdae in ons gemeente op Marchand.
> Daar was 'n wit paar met kinders, een
> waarvan duidelik 'n swart pa moes gehad
> het. By die paar het 'n baie goed opgevoede
> en fisies aantreklike swart man "gewerk."
> Almal het aangeneem dat hy die pa van die
> kind was. Die wit pa was egter baie teer
> oor die kind, en het hand en tand geveg teen
> die outoriteite wat die kind eers uit die
> wit skool suksesvol geban het. Toe sy groter
> word, wou die wit pa hê dat sy aangeneem moet word
> in die NG Kerk. Sy is suksesvol uit die
> kerkbyeenkomste weggehou, maar daar is toe later
> besluit dat sy privaat kon katkiseer en apart
> "aangeneem" kon word.
> Ek het later vir myself die volgende, heel-
> waarskynlik foutiewe, verduideliking van die
> situasie uitgewerk. Ek dink die wit man en die
> swart man het 'n homoseksuele verhouding gehad.
> ( Die swart man was b�ie aantreklik. Dit was ook
> gedurende die tyd toe swart mense nog nie in die
> Noordkaap algemeen gesien was nie.) Ek dink die
> vrou het willens en wetens deel geword van 'n
> menage � trois. Mense wat glo dat die "ou mense"
> so stoer en proper was, behoort twee keer te dink.
Heel goed mogelijk...erg toch ...als je ziet hoeveel gemengde huwelijken en
homo huwelijken er nu zijn in Nederland..
al dat stiekem gedoe van vroeger.. openheid is beter.. iedereen kan en mag
zijn leven leiden en zijn eigen geluk vinden..
Een gelukkig mens is ook goed voor anderen medemensen dus iedereen
profiteert ervan.........
grt emmy
|
|
|
Re: Oor die verlore wit kind [boodskap #78200 is 'n antwoord op boodskap #78184] |
Sa, 24 Mei 2003 03:28 |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lank lewe duimsuig-joernalistiek.
Dis seker net in Suid-Afrika waar sulke oppervlakkige snert sonder enige
feitelike grondslag aanvaar word.
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3ed136d2.23822103@news.saix.co.za...
>
>
> Beeld-forum:
> Die vrae stapel opom Happy Sindane
> Ferdi Greyling
>
>
> Wie en wat is Happy Sindane, is ook die vraag wie en wat is ons?
>
> Soos 'n mitologiese karakter het Happy Sindane verskyn as dieheeltemal
> onskuldige figuur - en om hom (sonder dat hy weet) stort ideologiese
> kaarthuise ineen en herken mense nie meer so maklik die gerieflike
> persepsies wat hul lewensbeskouings vorm nie.
>
> Volgens alle aanduidings is hy 'n wit kind wat twaalf jaar gelede van
> sy ouers geskei geraak het. In dié tyd het hy in townships grootgeword
> by 'n swart gesin.
>
> Op die oppervlak is alles maklik as 'n mens aan die hand van 'n sekere
> stel gerieflike persepsies oor ras, kultuur en samelewings dink. Happy
> moet sy "regte" naam terugkry en voortgaan met sy "wit Afrikaanse"
> lewe.
>
> Daar is sekerlik mense wat sal argumenteer hy is uiteindelik "gered"
> en kan nou ontspan en uiteindelik sy wit lewe opeis.
>
> Die probleem is Happy Sindane praat net Ndebele. Hy het so
> grootgeword. Hy het aangenome swart broers en 'n swart gesin waar hy
> sy vormingsjare deurgebring het.
>
> Sou hy nou in Danville, Pretoria, terugverwelkom word deur sy
> vermeende ouers en eertydse vriende in die buurt, gaan hulle 'n
> Ndebele-seun verwelkom.
>
> 'n Mens aanvaar hulle is nie rassisties nie en sal hom liefhê omdat hy
> 'n mens en eintlik een van hulle is. Maar sê nou maar een van die
> vriende hou nie van swart mense nie? Wat gaan hy doen? Happy praat
> Ndebele en sy sosiale refleks is eerder township as suburb.
>
> As daar geargumenteer word hy sal "gerehabiliteer" en "weer 'n wit
> kind" gemaak word, dan kan dit mos met ander Ndebele-mense ook gedoen
> word?
>
> As daar gesê word dit maak nie saak dat hy net Ndebele praat en 'n
> township-kind is nie, dan is daar mos nie fout met ander arm,
> "onopgevoede" Ndebele-kinders nie?
>
> Happy het glo sleg op skool gevaar. Die skoolhoof sê hy kon nie Engels
> praat nie en die skool se voertaal is Engels.
>
> Dit is miskien 'n illustrasie dat om wit te wees nie noodwendig
> beteken dat jy beter op skool vaar as swart mense nie.
>
> Happy stel ook vrae oor moedertaal-onderrig. Hoeveel swart
> Ndebele-kinders vorder ook nie in skole nie omdat hulle nie die skool
> se voertaal verstaan nie?
>
> En wat illustreer Happy oor baie swart mense wat vandag half-geletterd
> is?
>
> Happy het 'n veewagter en doener van mindere takies geword. Volgens
> aanduidings is hy 'n positiewe, flukse kind. Daar is baie sulke swart
> mense, werkyweriges wat nooit verby los takies vorder nie. Hoeveel
> keer hoor 'n mens nie wit mense sê as dié mense "net wil", kan hulle
> hul lot in die lewe verbeter "maar hulle is net lui" nie.
>
> Wat illustreer Happy hieroor? Hy is 'n wit kind wat swart grootgeword
> het in townships en die swart plattelanden al wat hy kon bereik, is
> die status van 'n veewagter.
>
> Is dit dalk waar dat sosiale dinamieke soos rykdom en geleenthede wat
> vloei uit ekonomiese en politieke mag bepalend is vir wat ons in die
> lewe bereik? En as dit waar is, dan kan 'n mens mos nie anders as om
> die nut van regstellende aksie in te sien nie?
>
> Happy is 'n Ndebele. As iemand vir die Ndebele-taal en die taal se
> status sou baklei, sal hy ook vir Happy baklei. Wat beteken dit vir
> taalstryders?
>
> Is die stryd om Afrikaans ten volle geskei van velkleur? Dit is
> waarskynlik so, selfs in die private denke van dié wat hard vir
> Afrikaans baklei, maar by die lees van die Happy Sindane-verhaal kom
> die vraag sekerlik weer op - net om seker te maak.
>
> Happy, 'n wit kind moontlik van Danville, Pretoria, gaan nie bemagtig
> word deur die stryd om Afrikaans nie, maar eerder deur 'n stryd om
> Ndebele!
>
> En as 'n wit kind so maklik "swart" kan wees in die townships, dan kan
> 'n swart kind dalk ewe maklik "wit" wees in die suburbs?
>
> Happy Sindane, onskuldig, ongeletterd, net op soek na sy ma oor die
> skeiding van taal en tyd heen, het voor van ons ideologiese strukture
> te staan gekom en alles val eenvoudig ineen en moet van voor af
> oordink en opgestapel word.
>
> Of gaan ons dit eenvoudig ignoreer?
>
> En die finale ironie is dat dit lyk of Happy se regte naam Jannie
> Botha is, die algemeenste van wit, Afrikaanse name!
>
>
>
>
>
>
>
> On Fri, 23 May 2003 14:52:16 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Drom wrote:
>>
>>> Ferdi
>
>>> Hoekom plaas jy nie daai artikel wat jy in Beeld (onder Rubrieke) oor
>>> Happy geskryh het hier nie. Wat jy daar sê maak baie sin.
>>
>> Ja, kan iemand dit asseblief plaas. Ek het deesdae
>> moeilikheid om Beeld te lees, want sodra ek op dinge
>> wil kliek, moet ek eers "inteken" en die proses werk
>> nie goed nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
Re: Oor die verlore wit kind [boodskap #78204 is 'n antwoord op boodskap #78098] |
Sa, 24 Mei 2003 14:23 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Ferdi Greyling wrote:
> Herman Charles Bosman het die situasie lank reeds in 'n mindere storie
> met die naam Birth Certificate vasgevang.
> 'Because he had been adopted by a coloured family. Flippus Biljon had
> always
> regarded himself as a coloured man. And then one day, quite by
> accident,
> Flippus Biljon saw his birth certificate. And from that birth
> certificate it
> was clear that Flippus Biljon was as white as you or I. You can now
> imagine
> how Flippus Biljon must have felt about it. Especially after he had
> gone to
> see the magistrate at Bekkersdal, and the magistrate after studying
> the
> birth certificate , confirmed the fact that Flippus Biljon was a white
> man.
> 'Thank you baas,' Flippus Biljon said. 'Thank you very much my basie.'
Dis wanneer mens die bostaande, veral die laaste
paar reëls, lees dat jy hartseer word met 'n hart-
seer wat nie wil weggaan nie. Hartseer, nie soseer
vir die geskiedenis van die SA bruinmense nog in
die onmiddellike verlede nie, maar hartseer vir die
Afrikaner wat hom vir soveel jare in 'n vorteks van
sogenaamde superioriteit bevind het, dat dit sy hele
heelal gekleur het.Hartseer vir die Afrikaner wat as
gevolg van hierdie vorteks uiteindelik die diepste
skande moes ondervind wat 'n groep ooit gevra kon
word om te dra.
Die storie van Happy Sindane het vanoggend se
Globe and Mail gehaal. So tussen al die nuwe SARS
gevalle in Toronto en die speurwerk oor die koei wat
ground zero is in die mad cow disease situasie in
westelike Kanada. Stadigaan word Kanadese ook nou
bejeën met agterdog. Maar dis agterdog wat in die
fisiese wêreld gesetel is, nie in die morele heelal
soos gedurende die apartheidsjare nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor die verlore wit kind [boodskap #78222 is 'n antwoord op boodskap #78204] |
So, 25 Mei 2003 04:07 |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Spaar jou skynheilige hartseer Anti - ons weet wat jou sentimente is en was.
skryf in boodskap news:3ECF80BF.9080502@rogers.com...
>
> Ferdi Greyling wrote:
>
>> Herman Charles Bosman het die situasie lank reeds in 'n mindere storie
>> met die naam Birth Certificate vasgevang.
>
>> 'Because he had been adopted by a coloured family. Flippus Biljon had
>> always
>> regarded himself as a coloured man. And then one day, quite by
>> accident,
>> Flippus Biljon saw his birth certificate. And from that birth
>> certificate it
>> was clear that Flippus Biljon was as white as you or I. You can now
>> imagine
>> how Flippus Biljon must have felt about it. Especially after he had
>> gone to
>> see the magistrate at Bekkersdal, and the magistrate after studying
>> the
>> birth certificate , confirmed the fact that Flippus Biljon was a white
>> man.
>> 'Thank you baas,' Flippus Biljon said. 'Thank you very much my basie.'
>
>
>
> Dis wanneer mens die bostaande, veral die laaste
> paar reëls, lees dat jy hartseer word met 'n hart-
> seer wat nie wil weggaan nie. Hartseer, nie soseer
> vir die geskiedenis van die SA bruinmense nog in
> die onmiddellike verlede nie, maar hartseer vir die
> Afrikaner wat hom vir soveel jare in 'n vorteks van
> sogenaamde superioriteit bevind het, dat dit sy hele
> heelal gekleur het.Hartseer vir die Afrikaner wat as
> gevolg van hierdie vorteks uiteindelik die diepste
> skande moes ondervind wat 'n groep ooit gevra kon
> word om te dra.
> Die storie van Happy Sindane het vanoggend se
> Globe and Mail gehaal. So tussen al die nuwe SARS
> gevalle in Toronto en die speurwerk oor die koei wat
> ground zero is in die mad cow disease situasie in
> westelike Kanada. Stadigaan word Kanadese ook nou
> bejeën met agterdog. Maar dis agterdog wat in die
> fisiese wêreld gesetel is, nie in die morele heelal
> soos gedurende die apartheidsjare nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 23 23:15:19 MGT 2024
|