Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sloping " deur PETER BLUM
" Sloping " deur PETER BLUM [boodskap #77592] Sun, 11 May 2003 18:39
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Peter Blum
Sloping

die vel rondom blink oë sal eerste swig
want niks is so vermoeiend soos die lig

senings sal koord langs die gesonke keel
want om die kop regop te dra verveel

dalk sal die stem ontmelodie en kraak
uitgeput deur herhalerige spraak

die gladde buik sal bakstaan uitgedy
deur jare opgebergde lekkerkry

en krimpel sal die graanmied van die bors
deur aai na aai soen na soen uitgedors

net die verwende seks sal nog daarna
dieselfde hartstog en verrukking vra
Vorige onderwerp: " Herfs, Oudtshoorn " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 13:44:27 UTC 2024