Is ek verkeerd? [boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 08:39 |
Elaine[1]
Boodskappe: 13 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
hom kom haal het nie.
Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
vooraf aan haar te rep?
Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
"geluister" het.
Elaine
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77085 is 'n antwoord op boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 09:27 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 3 May 2003 01:39:56 -0700, evd...@hotmail.com (Elaine) wrote:
>
> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
> "geluister" het.
>
> Elaine
Jy het rede om kwaad te wees, Elaine. Maar miskien is dit
'n kleinigheidjie waaroor jy sal lag wanneer jy uitvind wat gebeur
het. Miskien het skoonpa hom as verjaardag geskenk na 'n estcourt
agency geneem. Of so iets. Wag tot jy hoor wat gebeur het en lag dan
omdat jy vies was.
DD
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77090 is 'n antwoord op boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 10:49 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Baie geluk met manlief se verjaarsdag - al is dit nie jou skuld nie:)))
Kry die hele out lot terug met jou verjaarsdag - bestel koek en als - nooi
hulle uit, en eet dan die koek alleen en drink alleen tee en laat hulle
droëbek sit - miskien kry hulle dan 'n boodskap en vra wat aangaan - dan
verduidelik jy vir hulle wat hulle verkeerd gedoen het met liefie se
verjaarsdag.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
> hom kom haal het nie.
> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
> vooraf aan haar te rep?
>
> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
> "geluister" het.
>
> Elaine
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77092 is 'n antwoord op boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 10:56 |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat van jy doen net dieselfde aan hom? Ek sal jou wed sy begrip sal dan
donners vinnig bykom. Nooi jou beste vriendin [of nog beter 'n vriend!]
vanaand om saam met jou te gaan in die plek van jou man?
"Elaine" skryf in boodskap news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
> hom kom haal het nie.
> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
> vooraf aan haar te rep?
>
> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
> "geluister" het.
>
> Elaine
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77093 is 'n antwoord op boodskap #77092] |
Sat, 03 May 2003 10:59 |
AJ
Boodskappe: 441 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis nie 'n mooi manier om iemand terug te kry nie.
"Suidwester" skryf in boodskap news:3eb3a077.0@news1.mweb.co.za...
> Wat van jy doen net dieselfde aan hom? Ek sal jou wed sy begrip sal dan
> donners vinnig bykom. Nooi jou beste vriendin [of nog beter 'n vriend!]
> vanaand om saam met jou te gaan in die plek van jou man?
> "Elaine" wrote in message
> news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
>> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
>> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
>> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
>> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
>> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
>> hom kom haal het nie.
>> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
>> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
>> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
>> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
>> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
>> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
>> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
>> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
>> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
>> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
>> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
>> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
>> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
>> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
>> vooraf aan haar te rep?
>>
>> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
>> "geluister" het.
>>
>> Elaine
>
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77098 is 'n antwoord op boodskap #77093] |
Sat, 03 May 2003 12:20 |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Een twee ses, huismoles ...
"AJ" skryf in boodskap news:b907ep$hd1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nie 'n mooi manier om iemand terug te kry nie.
> "Suidwester" wrote in message
> news:3eb3a077.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat van jy doen net dieselfde aan hom? Ek sal jou wed sy begrip sal dan
>> donners vinnig bykom. Nooi jou beste vriendin [of nog beter 'n vriend!]
>> vanaand om saam met jou te gaan in die plek van jou man?
>> "Elaine" wrote in message
>> news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
>>> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
>>> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
>>> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
>>> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
>>> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
>>> hom kom haal het nie.
>>> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
>>> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
>>> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
>>> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
>>> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
>>> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
>>> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
>>> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
>>> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
>>> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
>>> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
>>> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
>>> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
>>> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
>>> vooraf aan haar te rep?
>>>
>>> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
>>> "geluister" het.
>>>
>>> Elaine
>>
>
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77107 is 'n antwoord op boodskap #77085] |
Sat, 03 May 2003 14:04 |
Elaine[1]
Boodskappe: 13 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die "familie", waarvan ek duidelik nie meer deel is nie, wou bietjie
alleen saam met hom gaan brekfis, en het toe vir hom 'n geskenk gaan
koop. Kon seker maar enige ander dag ook "alleen" saam met hom
brekfis. Nou sal ek wonder wat ek verkeerd gedoen het om dit te
verdien. Maar ag nou ja, ek gaan nie familietwis veroorsaak nie.
E
DD wrote:
>
> Jy het rede om kwaad te wees, Elaine. Maar miskien is dit
> 'n kleinigheidjie waaroor jy sal lag wanneer jy uitvind wat gebeur
> het. Miskien het skoonpa hom as verjaardag geskenk na 'n estcourt
> agency geneem. Of so iets. Wag tot jy hoor wat gebeur het en lag dan
> omdat jy vies was.
>
> DD
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77108 is 'n antwoord op boodskap #77090] |
Sat, 03 May 2003 14:06 |
Elaine[1]
Boodskappe: 13 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
lolol, ja ek wens dit het so gewerk :-))
E
"Annette" wrote:
> Baie geluk met manlief se verjaarsdag - al is dit nie jou skuld nie:)))
> Kry die hele out lot terug met jou verjaarsdag - bestel koek en als - nooi
> hulle uit, en eet dan die koek alleen en drink alleen tee en laat hulle
> droëbek sit - miskien kry hulle dan 'n boodskap en vra wat aangaan - dan
> verduidelik jy vir hulle wat hulle verkeerd gedoen het met liefie se
> verjaarsdag.
>
> Annette
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77109 is 'n antwoord op boodskap #77092] |
Sat, 03 May 2003 14:08 |
Elaine[1]
Boodskappe: 13 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dis darem seker nie sy skuld dat sy ma my nie wou saam hê nie? Maar
ja, ek wens regtig hy wil beter verstaan as sulke dinge aan my gedoen
word, maar hy dink regtig dis niks! Die uitdrukking op sy gesig oor
sy geskenk was egter vir my genoeg gewees vandag. "Got his own back",
soos die Ingelse sê.
E
"Suidwester" wrote;
> Wat van jy doen net dieselfde aan hom? Ek sal jou wed sy begrip sal dan
> donners vinnig bykom. Nooi jou beste vriendin [of nog beter 'n vriend!]
> vanaand om saam met jou te gaan in die plek van jou man?
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77116 is 'n antwoord op boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 15:21 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 3 May 2003 15:27:39 +0000, p&l wrote:
> Nee, jy's nie verkeerd nie, jy het slegs
> 'n verkeerde man! Los hom is my advies!
> Gerda ('n ou skoonma en gesky)
Ja...!!! Sky hom:-)))))))
DD
|
|
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77138 is 'n antwoord op boodskap #77117] |
Sun, 04 May 2003 00:28 |
Elaine[1]
Boodskappe: 13 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek sal nie vir hom of sy familie daai satisfaction gee nie :o))
E
p&l wrote:
> Nee, jy's nie verkeerd nie, jy het slegs
> 'n verkeerde man! Los hom is my advies!
> Gerda ('n ou skoonma en gesky)
|
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77143 is 'n antwoord op boodskap #77139] |
Sun, 04 May 2003 05:58 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 3 May 2003 17:29:47 -0700, evd...@hotmail.com (Elaine) wrote:
>
> DD wrote:
>> Ja...!!! Sky hom:-)))))))
>> DD
> Man, jy wil net hê ek moet hom skei sodat jy my kan kry :o))
>
> E
Beplanning noem ons dit Elaine. En jy behoort
waardering daavoor te hê........;-0
DD
|
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77162 is 'n antwoord op boodskap #77138] |
Sun, 04 May 2003 09:05 |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net so vir die interssantgeid. Ken jy die storie van die ou wat in die
aande so in die kroeg rondgelê het en nie kon verstaan hoekom sy vrou
haarself so opruk oor hy laat en warm by die huis kom nie. Praat en
baklei het nie gehelp nie. Op die ou end is sy een aand na sy pub toe en
gaan sit by die toonbank langs hom en sy pêlle. Elke drankie wat hulle
bestel en drink, die doen sy ook....dubbels et al. Natuurlik was sy gou
horries dronk en het vir die mans 'n strip show gegee op die counter en vir
menige 'n knippie belowe. Die gevolg? Haar man het van daar af soet huis
toe gekom. Jy moet mans verstaan. Ons kan enigiets kak aanjaag, maar jy
kan dit nie vat as jou vrou dit doen nie. Daarom vry ons enigiets wat
bene het, maar verwag dat jou vrou 'n maagd moet wees.
"Elaine" skryf in boodskap news:983487c4.0305031628.1167fc17@posting.google.com...
> Ek sal nie vir hom of sy familie daai satisfaction gee nie :o))
>
> E
>
> p&l wrote:
>> Nee, jy's nie verkeerd nie, jy het slegs
>> 'n verkeerde man! Los hom is my advies!
>> Gerda ('n ou skoonma en gesky)
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77252 is 'n antwoord op boodskap #77107] |
Sun, 04 May 2003 17:10 |
Rachel Couch
Boodskappe: 45 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
evd...@hotmail.com (Elaine) skryf in boodskap news:...
> Die "familie", waarvan ek duidelik nie meer deel is nie, wou bietjie
> alleen saam met hom gaan brekfis, en het toe vir hom 'n geskenk gaan
> koop. Kon seker maar enige ander dag ook "alleen" saam met hom
> brekfis. Nou sal ek wonder wat ek verkeerd gedoen het om dit te
> verdien. Maar ag nou ja, ek gaan nie familietwis veroorsaak nie.
>
Ragel: Ek stem saam. Jy het rede om vies te wees. Maar ek dink jy
moet die bul by die horings pak en die ding met jou man uitpraat.
Nooi hom om die saak deur jou oë te bekyk en sit dan rustig en
verduidelik aan hom jou gevoelens soos jy dit hier op die ng gestel
het. Dat jy verneder en verwerp voel.
Dit gaan my verstand te bowe dat ouers dit aan hulle kinders kan doen.
Hoe kan ek my kind liefhê maar nie van die vrou hou wat hom lief het
nie?
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77255 is 'n antwoord op boodskap #77252] |
Sun, 04 May 2003 17:38 |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 4 May 2003 10:10:50 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché) wrote:
> Dit gaan my verstand te bowe dat ouers dit aan hulle kinders kan doen.
> Hoe kan ek my kind liefhê maar nie van die vrou hou wat hom lief het
> nie?
Rachel, wanneer gaan jy en ek 'n slag saamstem?!? Nevermaaind die
ouers. Haar man het daarby ingeval. (Ek is besig om vir my pad oop te
maak. En wat doen jy? Speel huweliksraadgewer!)
Didi Nokia
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77287 is 'n antwoord op boodskap #77255] |
Mon, 05 May 2003 04:33 |
Rachel Couch
Boodskappe: 45 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
DD skryf in boodskap news:...
> On 4 May 2003 10:10:50 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché)
> wrote:
>
>
>> Dit gaan my verstand te bowe dat ouers dit aan hulle kinders kan doen.
>> Hoe kan ek my kind liefhê maar nie van die vrou hou wat hom lief het
>> nie?
>
> Rachel, wanneer gaan jy en ek 'n slag saamstem?!? Nevermaaind die
> ouers. Haar man het daarby ingeval. (Ek is besig om vir my pad oop te
> maak. En wat doen jy? Speel huweliksraadgewer!)
>
> Didi Nokia
Ragel: Nee, ek dink ons kan saamstem. Natuurlik kon haar man ook vir
sy ouers gesê het dat hy nie sonder sy vrou wil gaan ontbyt eet nie.
Maar sy het hom klaar vergewe. Sien?
En ag, ja, dit is mos veel makliker om huweliksraadgewer te speel as
wat dit is om die dinge toe te pas. Ek is seker jy weet maar te goed
waarvan ek nou praat? Stem net saam! :-))
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77306 is 'n antwoord op boodskap #77149] |
Mon, 05 May 2003 18:06 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
NEEEEEEEEEEEEEEEEEEE, NOOIT ADAM123.COM nie!
E
"piet" skryf in boodskap news:b92er9$nqs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Gaan kuier by adam123 daar sal jy iets kry om jou af te koel
>
>
> ---
> Outgoing mail is certified Virus Free.
> Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
> Version: 6.0.476 / Virus Database: 273 - Release Date: 24/04/2003
>
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77307 is 'n antwoord op boodskap #77162] |
Mon, 05 May 2003 18:08 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hmmm, ek's bewus daarvan. Die dat ek my man laat maak soos hy smaak.
Solank hy weet ek doen dieselfde. Nou's hy bietjie soeter :-))
E
"Suidwester" skryf in boodskap news:3eb4d7f1.0@news1.mweb.co.za...
> Net so vir die interssantgeid. Ken jy die storie van die ou wat in die
> aande so in die kroeg rondgelê het en nie kon verstaan hoekom sy vrou
> haarself so opruk oor hy laat en warm by die huis kom nie. Praat en
> baklei het nie gehelp nie. Op die ou end is sy een aand na sy pub toe en
> gaan sit by die toonbank langs hom en sy pêlle. Elke drankie wat hulle
> bestel en drink, die doen sy ook....dubbels et al. Natuurlik was sy gou
> horries dronk en het vir die mans 'n strip show gegee op die counter en vir
> menige 'n knippie belowe. Die gevolg? Haar man het van daar af soet huis
> toe gekom. Jy moet mans verstaan. Ons kan enigiets kak aanjaag, maar jy
> kan dit nie vat as jou vrou dit doen nie. Daarom vry ons enigiets wat
> bene het, maar verwag dat jou vrou 'n maagd moet wees.
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77308 is 'n antwoord op boodskap #77252] |
Mon, 05 May 2003 18:11 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
:-)) My ma sê 'n ma sal nooit gelukkig wees met die maat wat haar seun vir
homself kies nie. Net so sal 'n pa ook nooit happy wees met die man wat sy
dogter vir haarself kies nie. Hoe waar dit is, sal ek nie weet nie.
E
"Rachel Couché" wrote:
> Dit gaan my verstand te bowe dat ouers dit aan hulle kinders kan doen.
> Hoe kan ek my kind liefhê maar nie van die vrou hou wat hom lief het
> nie?
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77348 is 'n antwoord op boodskap #77308] |
Tue, 06 May 2003 04:19 |
Rachel Couch
Boodskappe: 45 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
RAgel: Sou dit beteken dat mens dalk nie van jouself hou nie? Kies
ons nie juis n maat wat so bietjie soos n pa of ma is/was nie?
***********************************************************
"Elaine" skryf in boodskap news:...
> :-)) My ma sê 'n ma sal nooit gelukkig wees met die maat wat haar seun vir
> homself kies nie. Net so sal 'n pa ook nooit happy wees met die man wat sy
> dogter vir haarself kies nie. Hoe waar dit is, sal ek nie weet nie.
>
> E
>
> "Rachel Couché" wrote:
>
>> Dit gaan my verstand te bowe dat ouers dit aan hulle kinders kan doen.
>> Hoe kan ek my kind liefhê maar nie van die vrou hou wat hom lief het
>> nie?
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77376 is 'n antwoord op boodskap #77308] |
Tue, 06 May 2003 17:43 |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: July 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" skryf in boodskap news:3eb6a975.0@news1.mweb.co.za...
> :-)) My ma sê 'n ma sal nooit gelukkig wees met die maat wat haar seun vir
> homself kies nie. Net so sal 'n pa ook nooit happy wees met die man wat sy
> dogter vir haarself kies nie.
En:
Agter elke suksesvolle man staan daar 'n verbaasde
skoonma
?
Swart Simon
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77384 is 'n antwoord op boodskap #77348] |
Tue, 06 May 2003 18:33 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Heel moontlik, ek wou altyd met 'n man wat soos my pa is trou.
E
"Rachel Couché" skryf in boodskap news:b832399c.0305052019.45ec7509@posting.google.com...
> RAgel: Sou dit beteken dat mens dalk nie van jouself hou nie? Kies
> ons nie juis n maat wat so bietjie soos n pa of ma is/was nie?
>
> **********************************************************
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77385 is 'n antwoord op boodskap #77376] |
Tue, 06 May 2003 18:33 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Agter elke suksesvolle man staan 'n baie moeë vrou :o))
"Swart Simon" wrote:
>
>
> En:
>
> Agter elke suksesvolle man staan daar 'n verbaasde
> skoonma
>
> ?
>
> Swart Simon
>
|
|
|
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77425 is 'n antwoord op boodskap #77376] |
Tue, 06 May 2003 21:54 |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
SS
Agter elke suksesvolle man staan daar 'n verbaasde skoonma
Wouter
En 'n vrou met niks om aan te trek nie...
|
|
|