Die stomp moratorium [boodskap #74813] |
Sat, 22 March 2003 08:07 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nie Die Burger van 20 Maart gesien nie - maar wel gister ( 21 Maart)
se briewekolom.
Daaruit word ek toe wys dat daar blykbaar op bladsy 4 die vorige dag 'n
artikel verkyn het oor Stellenbosch se nuwe Diversiteitsplan .
Volgens Julius Jeppe van Stellenbosch se brief:
Die plan is klaarblyklik daarop gerig om die US so vinnig moontlik as 'n
trotse instelling vir baie Afrikaner-studente en -dosente met verdienste as
maatstaf, te "diversifiseer" op rasse-grondslag. 'n Meritokrasie moet
spoedig vervang word deur 'n ideokrasie.
" 'n Moratorium op die aanstel van enige wit man in enige senior pos".
Volgens SA Frank van Caledon:
Dr. Christa Louw, koördineerder van diversiteit aan die US en sameroeper
van die diversiteitstaakspan wil begin net die uitwissing van " die
wanpraktyke van die afgelope 350 jaar."
Ek wonder ook of die moratorium op die aanstelling van "enige wit man in 'n
senior pos" die aanvaarding van skenkings aan die universiteit deur "enige
wit man in 'n senior pos" ( in die werklike lewe) sal beïnvloed.
Volgens Dr Christa Louw, Koördineerder: Diversiteit. Universiteit van
Stellenbosch:
Ek verwys na die berig " Konsepplan bekend gemaak vir groter diversiteit aan
US" ( DB 20/3) wat lui dat die US se konsep-diversiteitsplan voorsiening
maak vir 'n "moratorium op die aanstelling van wit mans."
Hoewel die eerste weergawes van die konsepplan wel die opsie van 'n
moratorium oorweeg het, is daar - as deel van die konsultasieproses
waartydens advies van die US-raad ook ingewin is - deur die
diversiteitstaakspan besluit om eerder te fokus op 'n voorkeur vir persone
uit die aangewese groepe as op 'n stomp instrument soos 'n "moratorium".
In dié verband lui die konsepplan wat tans vir bespreking beskikbaar is,
derhalwe soos volg: " Tot tyd en wyl senior poste aan die universiteit
gevul is met mense wat, na die oordeel van die raad en op aanbeveling van
die diversiteitskomitee, aansienlik meer in lyn is met die universiteit se
diversiteitsdoelwitte, wit mans slegs by absolute uitsondering in sodanige
poste aangestel word."
Hierdie benadering beklemtoon die universiteit se oortuiging dat die
bevordering van diversiteit 'n positiewe proses is wat uiteindelik net tot
voordeel van die hele universiteitsgemeenskap sal meewerk.
|
|
|
Re: Die stomp moratorium [boodskap #74818 is 'n antwoord op boodskap #74813] |
Sat, 22 March 2003 11:24 |
pete[3]
Boodskappe: 11 Geregistreer: January 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"Good luck to them". Soos tipies Afrikander rugstekermentaliteit kon dit van
die US verwag word. Vra maar vir Eskom wat het met hulle werksaansoeke
gebeur toe hulle dieselfde snot in hulle advertensies begin gebruik. Vandag
lees Eskom advertensies anders, gaan kyk maar. Want sien, ons sukkel om
leliewit tegniese personeel te kry, nevermaaind pikswart.
|
|
|