Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » liewe ma en pa
liewe ma en pa [boodskap #74649] Wed, 19 March 2003 09:01 na volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: June 2002
Karma: 0
Senior Lid
Liewe Pa en Ma,

Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en
Jannie geniet ons baie. Ek het eintlik vir Pa baie slegte nuus. Ou
Anna wat in die huis sou ingeslaap het terwyl Pa hulle oorsee is, se
Tannie is dood en ek het toe maar vir haar gesê sy kan die hele tyd
wat pa hulle oorsee is by haar familie in Soweto kuier. Dalk het Pa
haar Tannie geken en is ek nou die een wat die slegte nuus moet
oordra.

Pa en Ma moet nou nie oor ons worry nie want ons is OK.
Ek het Pa se kruisboog uitgehaal so ons kan onsself verdedig. Jis
maar die ding skiet hê? Ons het cowboys en kroeks gespeel toe skiet
ek na daai ou bank van Ma wat oumagrootjie nog vir haar gegee het. Die
pyl gaan deur hom.

Die Dokter wat vir Jannie steke in sy boud ingesit het, het gesê ons
moet dit liewers nie meer doen nie. Ek het toe maar die bank vir die
mense gegee wat die vuilgoed wegry want ons moes hom stukkend sny om
die pyl uit te kry. Gelukkig was dit die oue wat Ma altyd sê kom van
Napoleon se tyd af.

Pa, ek het toe daardie stellasie wat aan die dak van die garage hang
wat Pa altyd bang was val op die kar, vir Pa afgehaal. Ek weet Pa dink
nou dit het bo op die Ferrari geval, maar dit het nie want ek het
gedink dit sou 'n helse skade wees en toe trek ek en Jannie hom eers
uit. Ongelukkig het die rak toe geval maar net op die vloer en van die
blikke verf het toe uitgespat en geloop. Van dit het teen Ma se nuwe
BMW geval maar ons het dit dadelik met paintremover afgehaal. Ek weet
nie hoekom nie maar dit het meer verf afgehaal as wat gespat het. Ek
het Pa se kar toe weer ingetrek, maar die vloer was toe baie glad van
die verf en toe wil hy nie gou genoeg stop nie en nou staan 'n
gedeelte van sy bonnet in die kombuis waar die stoof gestaan het. Die
stoof is nou naby die yskaste waaroor Ma dalk bly gaan wees want sy sê
mos altyd sy loop haar dood tussen die stoof en yskas. Die kar se boot
lyk nog mooi.

Ons het gister vir ons lekker vleis in die kaggel gebraai want dit
het gereen buite en die hout was ook alles nat. Jis, het Pa geweet
petrol ontplof as jy 'n blik vol oor die hout gooi. Pa s'n het nog
nooit ontplof nie maar Jannie sê hy dink Pa gooi diesel oor. Shame,
die hond en Ma se Persiese kat het groot geskrik en die hele TV
kabinet omgehardloop. Daai noodhulp lesse het nogal goed te pas gekom
want ek het hulle dadelik in die jaccuzi gegooi om die vlamme dood te
maak. Ek dink hulle hou meer daarvan in die hitte noudat hulle nie
meer hare het nie. Pa moenie worry oordat ons nie kan TV kyk nie,
ons slaap nou sommer in julle kamer en kyk daar. Die kaggel lyk nou
kaal oor die Persiese mat wat nie meer daar is nie.

Pa en Ma moet julle nou oor niks bekommer nie. Ek het die versekering
gebel en hulle het al kom kyk na dit wat gebeur het. Hulle sal dit
seker binnekort kom regmaak omdat Pa dit gereeld betaal het want die
ou wat hier was het gepraat van repireer oor nodige voorsorg wat Pa
getref het. Ek dink nie die ou wat hier was van die versekering kan
spel nie want in die brief staan repudieer weens nodige voorsorg.

Nou ja, ek is moeg geskryf en ons wil nog gaan kyk of ons nie die
molle wat besig is in die tuin kan gaan uitrook nie.

Geniet die vyf weke wat julle nog oorsee is en ek skryf volgende
week weer.

Liefde
Pietie

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: liewe ma en pa [boodskap #74662 is 'n antwoord op boodskap #74649] Wed, 19 March 2003 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships Mcduck wrote:

> Liewe Pa en Ma,
>
> Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en
> Jannie geniet ons baie.

Liewe McGans, dankie vir die keurige stuk
Afrikaans. Ek het dit geniet. Nou moet jy
nog net jou hanskakie-skuilnaam verander,
dan is die Kaap weer Hollands.

Penkop op kommando.
Re: liewe ma en pa [boodskap #74664 is 'n antwoord op boodskap #74662] Wed, 19 March 2003 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: February 2000
Karma: 0
Volle Lid
Antie,

Maak soos die mis op die horison.... verdwyn. 'Seblief.

--
IBICF.
This email has been virus-checked utilising the latest update of Norton
Anti-Virus.

skryf in boodskap news:3E786C9A.4090102@rogers.com...
>
> Threeships Mcduck wrote:
>
>> Liewe Pa en Ma,
>>
>> Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en
>> Jannie geniet ons baie.
>
>
> Liewe McGans, dankie vir die keurige stuk
> Afrikaans. Ek het dit geniet. Nou moet jy
> nog net jou hanskakie-skuilnaam verander,
> dan is die Kaap weer Hollands.
>
> Penkop op kommando.
>
Re: liewe ma en pa [boodskap #74672 is 'n antwoord op boodskap #74664] Wed, 19 March 2003 15:13 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

daniel wrote:

> Maak soos die mis op die horison.... verdwyn. 'Seblief.

Ek het 'n skaats in mense wat 'Seblief
gebruik. Dis dieselfde soort gevoel wat
ek kry as ek mense "manlief" of "vroulief"
sien gebruik. Erens in die mengsel is daar
'n pinkietjie wat gelig word, skoene wat
te blink is, hare wat te sorgvuldig gekam
of gekrul is.

Penkop by die drif
Vorige onderwerp: Re: Bob Dyland
Volgende onderwerp: Skoolskiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 19:38:14 UTC 2025