Pipperellakoors (die oplossing?) [boodskap #74434] |
Tue, 11 March 2003 16:35 |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het waarskynlik 'n spoor gevind vir die krisis rond die woord
"pipperellakoors" op hierdie nuusgroep.
Pipperellakoors sou gewoon griep wees of influensa. "Pipperella" is 'n
verbastering van die woord "Pfeifferella". Pfeifferella was 'n
bakterie waaraan die Duitse dokter Pfeiffer sy naam gegee het. Daardie
naam word nou nie meer toegepas nie. Oorspronklik het Pfeiffer gedink
dit was die bakterie wat griep veroorsaak maar teenwoordig weet ons
dis 'n virus. Die bakterie bestaan nog maar heet nou "actinobacillus"
en is 'n soort streptokok.
Ek is egter nog nie baie seker daaroor nie. Gloudina sou kan reg wees
as sy sê dat pipperellakoors mononucleosis is (mononucleosis
infectiosa) want daardie siekte word ook "siekte van Pfeiffer" genoem
en dis inderdaad 'n siekte wat deur soene oorgebring word. In die
konteks van die gedig van Anton Goosen is dit dan wel baie begryplik.
Moet weet dat Pfeiffer sy naam gegee het aan 'n klomp bakteries waarin
Pfeifferella 'n vaste bestanddeel vorm. Is nou Pipperellakoors gewoon
griep of die siekte van Pfeiffer, ek weet dit nie. Beide is moontlik.
Pipperella is nêrens op die Internet te vind nie behalwe as
bestanddeel van 'n Latynse plantnaam: "Thymus piperella", 'n soort van
tym wat in Spanje groei. Ek vind dit nie waarskynlik dat daar 'n
relasie bestaan nie. Ek dink dat inderdaad "pipperella" eintlik
"pfeifferella" is en na Pfeiffer verwys. Oor Pfeiffer en
"pfeifferella" kan julle baie webbladsye terugvind.
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
Re: Pipperellakoors (die oplossing?) [boodskap #74442 is 'n antwoord op boodskap #74434] |
Tue, 11 March 2003 23:37 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sterrenkijker wrote:
Gloudina sou kan reg wees
> as sy sê dat pipperellakoors mononucleosis is (mononucleosis
> infectiosa) want daardie siekte word ook "siekte van Pfeiffer" genoem
> en dis inderdaad 'n siekte wat deur soene oorgebring word.
Wel, dit lyk ons is op die regte spoor
hier.
Anders as algemeen geglo, word mononucleosis
nie spesifiek deur soenery veroorsaak nie. Maar
omdat dit deur direkte aanraking versprei word,
soos op eetgerei en sulke dinge, kry mense dit
as hulle in noue aanraking met mekaar kom, soos
byvoorbeeld in vakansie-kampe.
Gloudina
|
|
|