Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Pasop Expats!!
Pasop Expats!! [boodskap #73440] Do, 13 Februarie 2003 16:56 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is gister 'n veldtog geloods om julle by te kom - daar word in die
koerant gedreig dat julle elkeen 'n e-pos gaan ontvang - so ek waarsku julle
nou al byvoorbaat.
Dit gee 'n heel sielkundige schpiel hoe julle moet voel wanneer julle
terugkom hier:))
Sien die lot by www.homecomingrevolution.co.za

Annette
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73509 is 'n antwoord op boodskap #73440] Vr, 14 Februarie 2003 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die waarskuwing, Annette!

Wat presies bedoel hulle met die feit dat die "brain drain" die land
R2,5 biljoen per jaar kos?

As ek dink hoeveel geld ek op 'n maandelikse basis oorpomp SA toe,
behoort die expats eintlik 'n aanwins vir die land te wees.

Kan iemand dit asb aan my verduidelik?

Max__________________________________________________

"Annette"
> Daar is gister 'n veldtog geloods om julle by te kom - daar word in die
> koerant gedreig dat julle elkeen 'n e-pos gaan ontvang - so ek waarsku julle
> nou al byvoorbaat.
> Dit gee 'n heel sielkundige schpiel hoe julle moet voel wanneer julle
> terugkom hier:))
> Sien die lot by www.homecomingrevolution.co.za
>
> Annette
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73513 is 'n antwoord op boodskap #73509] Vr, 14 Februarie 2003 10:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, ons het 'n tekort aan geskoolde werkers. Dokters, IT professionals,
ens. Dit kos besighede miljoene omdat hulle of nie die werk gedoen kan kry
nie, of ons moet mense invoer om dit te kom doen. Dis maar een van die
dinge waaraan ek nou sommer so "of the top of my head" kan dink.

E

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302140109.16858b7b@posting.google.com...
> Dankie vir die waarskuwing, Annette!
>
> Wat presies bedoel hulle met die feit dat die "brain drain" die land
> R2,5 biljoen per jaar kos?
>
> As ek dink hoeveel geld ek op 'n maandelikse basis oorpomp SA toe,
> behoort die expats eintlik 'n aanwins vir die land te wees.
>
> Kan iemand dit asb aan my verduidelik?
>
> Max__________________________________________________
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73517 is 'n antwoord op boodskap #73509] Vr, 14 Februarie 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max, enige syfer wat die regering of organisasie wat iets wil bevorder
deurgee, eet ek met 'n helse sak sout op.
Die inflasiesyfer is een groot liegstorie.
Ali Bacher se 1.4biljoen mense wat wêreldwyd na die krieket kyk is 'n ander.
En natuurlik wat julle ons per jaar kos:))

Annette

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302140109.16858b7b@posting.google.com...
> Dankie vir die waarskuwing, Annette!
>
> Wat presies bedoel hulle met die feit dat die "brain drain" die land
> R2,5 biljoen per jaar kos?
>
> As ek dink hoeveel geld ek op 'n maandelikse basis oorpomp SA toe,
> behoort die expats eintlik 'n aanwins vir die land te wees.
>
> Kan iemand dit asb aan my verduidelik?
>
> Max__________________________________________________
>
> "Annette"
>> Daar is gister 'n veldtog geloods om julle by te kom - daar word in die
>> koerant gedreig dat julle elkeen 'n e-pos gaan ontvang - so ek waarsku julle
>> nou al byvoorbaat.
>> Dit gee 'n heel sielkundige schpiel hoe julle moet voel wanneer julle
>> terugkom hier:))
>> Sien die lot by www.homecomingrevolution.co.za
>>
>> Annette
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73520 is 'n antwoord op boodskap #73513] Vr, 14 Februarie 2003 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou vir wat neem hulle dan 24 dokters in hegtenis met een slag? Hulle maak
'n tekort!:))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e4cc803.0@news1.mweb.co.za...
> Wel, ons het 'n tekort aan geskoolde werkers. Dokters, IT professionals,
> ens. Dit kos besighede miljoene omdat hulle of nie die werk gedoen kan kry
> nie, of ons moet mense invoer om dit te kom doen. Dis maar een van die
> dinge waaraan ek nou sommer so "of the top of my head" kan dink.
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0302140109.16858b7b@posting.google.com...
>> Dankie vir die waarskuwing, Annette!
>>
>> Wat presies bedoel hulle met die feit dat die "brain drain" die land
>> R2,5 biljoen per jaar kos?
>>
>> As ek dink hoeveel geld ek op 'n maandelikse basis oorpomp SA toe,
>> behoort die expats eintlik 'n aanwins vir die land te wees.
>>
>> Kan iemand dit asb aan my verduidelik?
>>
>> Max__________________________________________________
>
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73536 is 'n antwoord op boodskap #73513] Vr, 14 Februarie 2003 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die probleem met SA se breinkrag?

Sou dit die wonderlike skoolopleiding wees wat nou begin afbetaal?

En nou probeer hulle ons oortuig om ons kinders daar te laat
opgroei...

Vyf jaar gelede kon ek nie eers aansoek doen vir werk nie, want ek was
te blank, nou blameer hulle my omdat daar nie breins in die land is
nie. Ha ha ha!

Nee wat, SA het sy eie (m)bedjie gemaak, hy moet maar lekker slaap.

Ek verkies om nie my kardeure te sluit nie. Diefwerings dra ook nie by
tot die mooigeid van 'n huis nie.

Dankie vir die uitnodiging om terug te gaan, maar nee dankie.

Max_______________________________________________________

"Elaine"
> Wel, ons het 'n tekort aan geskoolde werkers. Dokters, IT professionals,
> ens. Dit kos besighede miljoene omdat hulle of nie die werk gedoen kan kry
> nie, of ons moet mense invoer om dit te kom doen. Dis maar een van die
> dinge waaraan ek nou sommer so "of the top of my head" kan dink.
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0302140109.16858b7b@posting.google.com...
>> Dankie vir die waarskuwing, Annette!
>>
>> Wat presies bedoel hulle met die feit dat die "brain drain" die land
>> R2,5 biljoen per jaar kos?
>>
>> As ek dink hoeveel geld ek op 'n maandelikse basis oorpomp SA toe,
>> behoort die expats eintlik 'n aanwins vir die land te wees.
>>
>> Kan iemand dit asb aan my verduidelik?
>>
>> Max__________________________________________________
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73563 is 'n antwoord op boodskap #73536] Vr, 14 Februarie 2003 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou bly waar jy is, en ek sal bly waar ek is. Ek sal nie jou nuwe land sleg
sê nie, so lank jy nie my land sleg sê nie. Dit gaan elke dag 'n bietjie
beter.
Ek laaik van diefwerings - as dit reg gedoen is kan dit baie ornamenteel
wees, en bydrae tot die "atmosfeer" van jou huis.

Elaine

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302140706.2382b6c@posting.google.com...
> Wat is die probleem met SA se breinkrag?
>
> Sou dit die wonderlike skoolopleiding wees wat nou begin afbetaal?
>
> En nou probeer hulle ons oortuig om ons kinders daar te laat
> opgroei...
>
> Vyf jaar gelede kon ek nie eers aansoek doen vir werk nie, want ek was
> te blank, nou blameer hulle my omdat daar nie breins in die land is
> nie. Ha ha ha!
>
> Nee wat, SA het sy eie (m)bedjie gemaak, hy moet maar lekker slaap.
>
> Ek verkies om nie my kardeure te sluit nie. Diefwerings dra ook nie by
> tot die mooigeid van 'n huis nie.
>
> Dankie vir die uitnodiging om terug te gaan, maar nee dankie.
>
> Max_______________________________________________________
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73565 is 'n antwoord op boodskap #73536] Vr, 14 Februarie 2003 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit vat tyd om die wat weg is te vervang. Kinders moet deur skool gaan en
die kennis wat jy al vergeet het opdoen.
Ek het ook gesukkel om werk te kry, maar ek het vasgebyt en op die einde van
die dag my eie baie suksesvolle besigheid begin. Bestaan nou al 3 jaar, en
ek het nog nie eenkeer gewonder hoekom ek dit gedoen het nie. My pa het ook
sy werk verloor a.g.v. regstellende aksie en hy't twee of drie aanboddens
uit Australia gekry, maar hy't ook verkies om te bly. Hy's deesdae 'n BAIE
suksesvolle eiendomsagent. Ek kan seker ook pad gee as ek wil, maar ek kies
om te bly, hier's baie meer geleenthede as wat baie mense dink en nee ek's
nie jaloers nie.

E

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302140706.2382b6c@posting.google.com...
> Wat is die probleem met SA se breinkrag?
>
> Sou dit die wonderlike skoolopleiding wees wat nou begin afbetaal?
>
> En nou probeer hulle ons oortuig om ons kinders daar te laat
> opgroei...
>
> Vyf jaar gelede kon ek nie eers aansoek doen vir werk nie, want ek was
> te blank, nou blameer hulle my omdat daar nie breins in die land is
> nie. Ha ha ha!
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73634 is 'n antwoord op boodskap #73563] So, 16 Februarie 2003 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ag nee wat Elaine, nou is jy sommer net hardekwas vir geen rede nie. As jy
nie wil erken daar is iets skeef met 'n samelewing wat sommer "by default"
diefwering moet opsit by 'n huis nie, dan sal ek! Daar is 'n groot skroef
los!

Max is 100% reg as hy sê Suid Afrika maak sy eie bedjie. Die mense kan nie
die wat waai sommer so kritiseer nie. Elkeen doen dit mos maar vir sy eie
redes. As die land ongemaklik word vir mense kan ek ek dit verstaan. Ek is
bevoorreg. Ek kan nog hier lekker lewe, maar ek is die eerste ou wat erken
hier is 'n skroef los en iets begin al "rattle" in die boks waarin ons bly.

Sarkasme sal nie daardie realiteit wegsteek nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e4d4ff9.0@news1.mweb.co.za...
> Nou bly waar jy is, en ek sal bly waar ek is. Ek sal nie jou nuwe land sleg
> sê nie, so lank jy nie my land sleg sê nie. Dit gaan elke dag 'n bietjie
> beter.
> Ek laaik van diefwerings - as dit reg gedoen is kan dit baie ornamenteel
> wees, en bydrae tot die "atmosfeer" van jou huis.
>
> Elaine
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0302140706.2382b6c@posting.google.com...
>> Wat is die probleem met SA se breinkrag?
>>
>> Sou dit die wonderlike skoolopleiding wees wat nou begin afbetaal?
>>
>> En nou probeer hulle ons oortuig om ons kinders daar te laat
>> opgroei...
>>
>> Vyf jaar gelede kon ek nie eers aansoek doen vir werk nie, want ek was
>> te blank, nou blameer hulle my omdat daar nie breins in die land is
>> nie. Ha ha ha!
>>
>> Nee wat, SA het sy eie (m)bedjie gemaak, hy moet maar lekker slaap.
>>
>> Ek verkies om nie my kardeure te sluit nie. Diefwerings dra ook nie by
>> tot die mooigeid van 'n huis nie.
>>
>> Dankie vir die uitnodiging om terug te gaan, maar nee dankie.
>>
>> Max_______________________________________________________
>
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73635 is 'n antwoord op boodskap #73565] So, 16 Februarie 2003 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ellaine, nie almal is so gelukkig nie. ;o)

"Elaine" skryf in boodskap news:3e4d521d.0@news1.mweb.co.za...
> Dit vat tyd om die wat weg is te vervang. Kinders moet deur skool gaan en
> die kennis wat jy al vergeet het opdoen.
> Ek het ook gesukkel om werk te kry, maar ek het vasgebyt en op die einde van
> die dag my eie baie suksesvolle besigheid begin. Bestaan nou al 3 jaar, en
> ek het nog nie eenkeer gewonder hoekom ek dit gedoen het nie. My pa het ook
> sy werk verloor a.g.v. regstellende aksie en hy't twee of drie aanboddens
> uit Australia gekry, maar hy't ook verkies om te bly. Hy's deesdae 'n BAIE
> suksesvolle eiendomsagent. Ek kan seker ook pad gee as ek wil, maar ek kies
> om te bly, hier's baie meer geleenthede as wat baie mense dink en nee ek's
> nie jaloers nie.
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0302140706.2382b6c@posting.google.com...
>> Wat is die probleem met SA se breinkrag?
>>
>> Sou dit die wonderlike skoolopleiding wees wat nou begin afbetaal?
>>
>> En nou probeer hulle ons oortuig om ons kinders daar te laat
>> opgroei...
>>
>> Vyf jaar gelede kon ek nie eers aansoek doen vir werk nie, want ek was
>> te blank, nou blameer hulle my omdat daar nie breins in die land is
>> nie. Ha ha ha!
>
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73639 is 'n antwoord op boodskap #73634] So, 16 Februarie 2003 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Serial # 19781010  is tans af-lyn  Serial # 19781010
Boodskappe: 10
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 16 Feb 2003 19:41:28 +0200, "Plato" wrote:
> Ek is
> bevoorreg. Ek kan nog hier lekker lewe, maar ek is die eerste ou wat erken
> hier is 'n skroef los en iets begin al "rattle" in die boks waarin ons bly.

Maar jy lieg mos lekker, Plato! Verseker het ander mense voor jou
al gesê dat dinge hier nie lekker is nie. Laaank voor jou, hoor! Selfs
England, Ierland en Kanada toe gevlug.

Kawa
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73657 is 'n antwoord op boodskap #73635] Ma, 17 Februarie 2003 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam. Daar is ongelukkig baie dinge wat ek nog wil doen en drome
wat ek wil bewaarheid wat ek nie in SA kan doen nie en om daai droom te
bewaarheid sal ek vir 'n paar jaar miskien Amerika of Engeland toe gaan,
maar ek twyfel dat ek vir ewig daar sal kan bly.

E

"Plato" skryf in boodskap news:3e4fcd87.0@news1.mweb.co.za...
> Ellaine, nie almal is so gelukkig nie. ;o)
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73658 is 'n antwoord op boodskap #73634] Ma, 17 Februarie 2003 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar ek het elke reg om my land te verdedig. Die diefwering ding was 'n
grap. My ma-hulle bly nou al 28 jaar in dieselfde huis, in dieselfde dorp
wat bekend is vir misdaad, maar hulle het nie een flentertjie diefwering op
nie en niemand het nog ooit by hulle ingebreek nie.
My probleem is nie mense wat weggaan nie, my probleem is mense wat in 'n
ander land sit en dan op en aanmerkings maak oor my land. Gewoonlik
negatiewe opmerkings, daar is ook baie wat ons probeer skuldig laat voel
omdat ons gekies het om te bly. Max was eerste sarkasties, ek het net mooi
vir hom gesê hy kan bly waar hy is, en ek sal bly waar ek is en dis nie
nodig om mekaar se lande te beledig nie.
Die ding wat baie mense sê, is dat ons wat gebly het die land weer op sy
voete gaan bring, en dan gaan almal wat weg is wil terugkom en dan basies
"teer" op die van ons wat gebly het om die land weer ekonomies "viable"
gemaak het. Daar is reeds 'n klomp "expats" wat terugkom omdat die gras toe
nou nie so groen was aan die ander kant nie.

E

"Plato" skryf in boodskap news:3e4fcd54.0@news1.mweb.co.za...
> Ag nee wat Elaine, nou is jy sommer net hardekwas vir geen rede nie. As jy
> nie wil erken daar is iets skeef met 'n samelewing wat sommer "by default"
> diefwering moet opsit by 'n huis nie, dan sal ek! Daar is 'n groot skroef
> los!
>
> Max is 100% reg as hy sê Suid Afrika maak sy eie bedjie. Die mense kan nie
> die wat waai sommer so kritiseer nie. Elkeen doen dit mos maar vir sy eie
> redes. As die land ongemaklik word vir mense kan ek ek dit verstaan. Ek is
> bevoorreg. Ek kan nog hier lekker lewe, maar ek is die eerste ou wat erken
> hier is 'n skroef los en iets begin al "rattle" in die boks waarin ons bly.
>
> Sarkasme sal nie daardie realiteit wegsteek nie.
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73664 is 'n antwoord op boodskap #73563] Ma, 17 Februarie 2003 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, drink 'n chill pill, popsie!

Moenie alles so persoonlik aantrek nie. Of pas die skoen?

Max_______________________________________

"Elaine"
> Nou bly waar jy is, en ek sal bly waar ek is. Ek sal nie jou nuwe land sleg
> sê nie, so lank jy nie my land sleg sê nie. Dit gaan elke dag 'n bietjie
> beter.
> Ek laaik van diefwerings - as dit reg gedoen is kan dit baie ornamenteel
> wees, en bydrae tot die "atmosfeer" van jou huis.
>
> Elaine
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0302140706.2382b6c@posting.google.com...
>> Wat is die probleem met SA se breinkrag?
>>
>> Sou dit die wonderlike skoolopleiding wees wat nou begin afbetaal?
>>
>> En nou probeer hulle ons oortuig om ons kinders daar te laat
>> opgroei...
>>
>> Vyf jaar gelede kon ek nie eers aansoek doen vir werk nie, want ek was
>> te blank, nou blameer hulle my omdat daar nie breins in die land is
>> nie. Ha ha ha!
>>
>> Nee wat, SA het sy eie (m)bedjie gemaak, hy moet maar lekker slaap.
>>
>> Ek verkies om nie my kardeure te sluit nie. Diefwerings dra ook nie by
>> tot die mooigeid van 'n huis nie.
>>
>> Dankie vir die uitnodiging om terug te gaan, maar nee dankie.
>>
>> Max_______________________________________________________
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73669 is 'n antwoord op boodskap #73565] Ma, 17 Februarie 2003 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wat is 'n "aanboddens"?

Toemaar, ek trek net jou been. Glouds het hierdie een ook nie raakgesien nie.

Groete
Max_________________________________________________________ __

"Elaine"
> sy werk verloor a.g.v. regstellende aksie en hy't twee of drie aanboddens
> uit Australia gekry, maar hy't ook verkies om te bly. Hy's deesdae 'n BAIE
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73673 is 'n antwoord op boodskap #73664] Ma, 17 Februarie 2003 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien pas die skoen! :)))))

E

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302170443.c74f37@posting.google.com...
> Elaine, drink 'n chill pill, popsie!
>
> Moenie alles so persoonlik aantrek nie. Of pas die skoen?
>
> Max_______________________________________
>
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73674 is 'n antwoord op boodskap #73669] Ma, 17 Februarie 2003 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
lolol aanbiedinge??

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302170530.fcafbf1@posting.google.com...
> Wat is 'n "aanboddens"?
>
> Toemaar, ek trek net jou been. Glouds het hierdie een ook nie raakgesien nie.
>
> Groete
> Max_________________________________________________________ __
>
> "Elaine"
>> sy werk verloor a.g.v. regstellende aksie en hy't twee of drie aanboddens
>> uit Australia gekry, maar hy't ook verkies om te bly. Hy's deesdae 'n
BAIE
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73676 is 'n antwoord op boodskap #73674] Ma, 17 Februarie 2003 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
aanboddingusse:))

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e50edd7.0@news1.mweb.co.za...
> lolol aanbiedinge??
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0302170530.fcafbf1@posting.google.com...
>> Wat is 'n "aanboddens"?
>>
>> Toemaar, ek trek net jou been. Glouds het hierdie een ook nie raakgesien nie.
>>
>> Groete
>> Max_________________________________________________________ __
>>
>> "Elaine"
>>> sy werk verloor a.g.v. regstellende aksie en hy't twee of drie aanboddens
>>> uit Australia gekry, maar hy't ook verkies om te bly. Hy's deesdae 'n
> BAIE
>
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73678 is 'n antwoord op boodskap #73669] Ma, 17 Februarie 2003 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Wat is 'n "aanboddens"?
>
> Toemaar, ek trek net jou been. Glouds het hierdie een ook nie raakgesien nie.

Daar is 'n verskil tussen iets wat gebruik
word in duidelike onkunde van regte taal-
gebruik, en iemand wat met die taal speel.
Toe ek in my eerste jaar Afrikaans-Nederlands
op Stellenbosch was, moes ons elke week met
vyf voorbeelde van beide soorte voor die dag
kom en dit analiseer, vir die taallaboratorium.
Maar sê my, Max, wat is die meervoud van "aanbod"?

Gloudina
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73709 is 'n antwoord op boodskap #73678] Di, 18 Februarie 2003 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Aanbod, aanboddens, aanbodder

Ons bodderaan so Afrikaans lank sal nie wees meer aanbodder nie se taal nie.
wie o wie sal tog aanbied om die woord 'n aanbod te maak
of wie of wie sal dit tig wil vermeerder en meer as een aanbieding te maak
of wie o wie sal sommer net vele aanbiedinge maak?

Thys wat aanbodder met aand biedinge oppie Bos
skryf in boodskap news:3E51043A.7060501@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>> Wat is 'n "aanboddens"?
>>
>> Toemaar, ek trek net jou been. Glouds het hierdie een ook nie raakgesien nie.
>
> Daar is 'n verskil tussen iets wat gebruik
> word in duidelike onkunde van regte taal-
> gebruik, en iemand wat met die taal speel.
> Toe ek in my eerste jaar Afrikaans-Nederlands
> op Stellenbosch was, moes ons elke week met
> vyf voorbeelde van beide soorte voor die dag
> kom en dit analiseer, vir die taallaboratorium.
> Maar sê my, Max, wat is die meervoud van "aanbod"?
>
> Gloudina
>
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73718 is 'n antwoord op boodskap #73678] Di, 18 Februarie 2003 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Max wrote:
>
>> Wat is 'n "aanboddens"?
>>
>> Toemaar, ek trek net jou been. Glouds het hierdie een ook nie raakgesien nie.
>
>
> Daar is 'n verskil tussen iets wat gebruik
> word in duidelike onkunde van regte taal-
> gebruik, en iemand wat met die taal speel.

Jy's natuurlik die enigste wat weet wanneer dit onkunde is, en wanneer
iemand met die taal speel...
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73719 is 'n antwoord op boodskap #73678] Di, 18 Februarie 2003 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Maar sê my, Max, wat is die meervoud van "aanbod"?

Ek het ongelukkig my st 8 Afrikaans handboek al lankal weggegooi. Jy,
aan die ander kant, slaan duidelik nog gereeld na in joune. Miskien
kan jy dit vir ons opsoek. Dit staan in die lysie met uitsonderings,
net bokant kritikus - kritici.

Max____________________________________
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73722 is 'n antwoord op boodskap #73718] Di, 18 Februarie 2003 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar bly jy Maxie? Sommer nuuskierig - ek kan of nie onthou nie, of jy't
nie gesê nie :-))

E

"Max" wrote:
>
> Jy's natuurlik die enigste wat weet wanneer dit onkunde is, en wanneer
> iemand met die taal speel...
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73737 is 'n antwoord op boodskap #73722] Di, 18 Februarie 2003 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
In Utrecht, tussen die tee diewe.

Kom jy kuier?

Max____________________________________

"Elaine"
> Waar bly jy Maxie? Sommer nuuskierig - ek kan of nie onthou nie, of jy't
> nie gesê nie :-))
>
> E
>
> "Max" wrote:
>>
>> Jy's natuurlik die enigste wat weet wanneer dit onkunde is, en wanneer
>> iemand met die taal speel...
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73746 is 'n antwoord op boodskap #73709] Di, 18 Februarie 2003 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[4]  is tans af-lyn  Pieter[4]
Boodskappe: 96
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
.. dan opgebodder

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:b2sp4g$uao$1@news.adamastor.ac.za...
> Aanbod, aanboddens, aanbodder
>
> Ons bodderaan so Afrikaans lank sal nie wees meer aanbodder nie se taal nie.
> wie o wie sal tog aanbied om die woord 'n aanbod te maak
> of wie of wie sal dit tig wil vermeerder en meer as een aanbieding te maak
> of wie o wie sal sommer net vele aanbiedinge maak?
>
> Thys wat aanbodder met aand biedinge oppie Bos
> skryf in boodskap news:3E51043A.7060501@rogers.com...
>>
>> Max wrote:
>>
>>> Wat is 'n "aanboddens"?
>>>
>>> Toemaar, ek trek net jou been. Glouds het hierdie een ook nie raakgesien nie.
>>
>>
>> Daar is 'n verskil tussen iets wat gebruik
>> word in duidelike onkunde van regte taal-
>> gebruik, en iemand wat met die taal speel.
>> Toe ek in my eerste jaar Afrikaans-Nederlands
>> op Stellenbosch was, moes ons elke week met
>> vyf voorbeelde van beide soorte voor die dag
>> kom en dit analiseer, vir die taallaboratorium.
>> Maar sê my, Max, wat is die meervoud van "aanbod"?
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73747 is 'n antwoord op boodskap #73737] Di, 18 Februarie 2003 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maak jy die koffie? Of verwag jy van my om dit te doen?

E

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302180716.7cb4e21f@posting.google.com...
> In Utrecht, tussen die tee diewe.
>
> Kom jy kuier?
>
> Max____________________________________
Re: Pasop Expats!! [boodskap #73748 is 'n antwoord op boodskap #73737] Di, 18 Februarie 2003 19:13 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoop dis Utrecht soos in Nederland en nie Utrecht soos in Kwazulu-Natal
nie :o))

E

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0302180716.7cb4e21f@posting.google.com...
> In Utrecht, tussen die tee diewe.
>
> Kom jy kuier?
>
> Max____________________________________
Vorige onderwerp: Werkpermissie?????
Volgende onderwerp: Lank lewe the Ingilse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:52:47 MGT 2024