Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » krieketpaartie, antie
krieketpaartie, antie [boodskap #73267] Sun, 09 February 2003 11:37 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: October 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

ek hoop antie het ook na die krieketpaartie gekyk soos ons want julle
het mos ook 'n spannetjie hier wat hulle lak kom traai.

antie moes gesien het hoelat die zebras en swartwitpense innie middel
vannie nag oor nieweland hardloop. ek dog my pa het ons alweer wildtyn
toe gevat antie. en springbokke antie ma' nie wat krieket kan speel
nie. hille is proteas.

en antie moes die misiek gehoor het. daai mense vannie townships jaaiv
lat jy net sien teksies smêsj en tryne ry. ok vier ooms wat op vijole
speel - die soewêtoe strieng kwartet antie. my pa sê as die proteas
soos hille kan speel kannie anner spanne ma' hys toe gaan. en het
antie geweet lat paultjie wat in sewendelaan speel so goed met kwaito
is. toe maar my pa ok nie ma' soos antie ken hy ok nie van sewendelaan
en kwaito nie.

my pa het gelaaik om die stokou sportmanne soos naas botha en morné
die plesier en ghrym pollok op die veld te sien. en ook ytlanders soos
sitnie maree en frênkie frederiks en bessil dollewera. my pa sê 'n
mens moet altyd onthou wa' jy vandaan kom ma' ek bly nog altyd hie op
sanien antie ek sallie virdwaal nie.

toe kommie spanne oppie veld antie. kannadaar ook ma' oom hansie
vannie pênnelbieters sê kannadaar lyk meer soos wesindieje as wat
hille na kanadaar lyk. ek hoop nie antie-hille koop mense om vir jille
bekers te wen nie. en antie sal my nie glo nie ma' da is 'n foto innie
koerant waar oom inkontoe balvoorpaaltjie jaak kallis se hand skud.
nou weet oom inkont ook wie is kallis antie.

ma' wat sleg is antie is lat hille niemand kon kry wat afrikaans kan
sing nie. net ingels indêbele kosa en zoeloe antie. lettie koemaloe sê
darem sy praat afrikaans en hille sê die proteas praat ôk afrikaans
oppie veld ommie kanaardese te konfoes en die ossies bemoerd te maak.
ma' praat is een ding antie en sing is 'n anner deentjie. my pa sê
hille moet daai mense sanien toe stier lat ons vir hille sarie marê en
die lied van jong syd-afrika kan leer.

koebaai antie

hennerietjie (ek sal laat weet as kanadaar die wêreldbeker wen ma' dis
dalk nie die jaar nie)
Re: krieketpaartie, antie [boodskap #73269 is 'n antwoord op boodskap #73267] Sun, 09 February 2003 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

ma' oom hansie
> vannie pênnelbieters sê kannadaar lyk meer soos wesindieje as wat
> hille na kanadaar lyk. ek hoop nie antie-hille koop mense om vir jille
> bekers te wen nie

So oom Hansie dink ook, soos baie ander
mense, dat Kanada 'n "wit land" is? Julle
moet kom kuier, dat julle kan sien. Toronto
is die mees kosmopolitaanse stad in die
wêreld, en al ons spelers is heelwaarskynlik
mense wat van Wes-Indië, Indië of Pakistan
af kom, of wie se ouers daarvandaan gekom het.

Tant Gloudina
Re: krieketpaartie, antie [boodskap #73270 is 'n antwoord op boodskap #73267] Sun, 09 February 2003 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

paultjie wat in sewendelaan speel so goed met kwaito
> is. toe maar my pa ok nie ma' soos antie ken hy ok nie van sewendelaan
> en kwaito nie.

Hier moet jy my bietjie help, Hennerietjie.
Jy praat 'n vreemde taal. Wat is "sewendelaan"
en "kwaito" en wie is paultjie?

Tant Gloudina
Re: krieketpaartie, antie [boodskap #73271 is 'n antwoord op boodskap #73267] Sun, 09 February 2003 13:01 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

ek sal laat weet as kanadaar die wêreldbeker wen ma' dis
> dalk nie die jaar nie)

Dalk wen julle klomp daar ook nie die yshokkie-
beker vanjaar nie, maar ek sal ook laat weet.

Tant Gloudina
Vorige onderwerp: KKNK 2003
Volgende onderwerp: " villanelle vir die vertroude geliefde " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:05:05 UTC 2025