Ag jitte! [boodskap #73124] |
Wed, 05 February 2003 06:04 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die hele aand was vir my een lang nagmerrie, ek kon nie slaap nie, ek's naar
en ongemaklik, maar dinge kliek ook nie by my nie. 9 uur gisteraand sê iets
vir my "bel jou ma!", maar ek dink "ag dit kan wag tot more". Vanoggend (na
'n lang ongemaklike aand), bel my ma om my te sê my suster se dogtertjie is
gebore.
Ek en my ousus is baie na aan mekaar, ken al mekaar se ou diep donker
geheimpies, ek was die eerste persoon wat geweet het sy's swanger, ons doen
omtrent alles saam, ens, ens. Nou wonder ek, was ek gisteraand ingestel
gewees op haar? Is dit maar net toeval?
In elk geval, ek bars van trots vir my suster. Ek voel amper asof die
kleinding my eie is. Sy weeg 3.1kg en is gesond. Sy't al 10 haar toontjies
en vingertjies.
Elaine
|
|
|
Re: Ag jitte! [boodskap #73136 is 'n antwoord op boodskap #73124] |
Wed, 05 February 2003 13:52 |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Baie geluk en tonne se vreugde met die mens - nog 'n Antie in onse midde?
"Elaine" skryf in boodskap news:3e40a96c.0@news1.mweb.co.za...
> Die hele aand was vir my een lang nagmerrie, ek kon nie slaap nie, ek's naar
> en ongemaklik, maar dinge kliek ook nie by my nie. 9 uur gisteraand sê iets
> vir my "bel jou ma!", maar ek dink "ag dit kan wag tot more". Vanoggend (na
> 'n lang ongemaklike aand), bel my ma om my te sê my suster se dogtertjie is
> gebore.
> Ek en my ousus is baie na aan mekaar, ken al mekaar se ou diep donker
> geheimpies, ek was die eerste persoon wat geweet het sy's swanger, ons doen
> omtrent alles saam, ens, ens. Nou wonder ek, was ek gisteraand ingestel
> gewees op haar? Is dit maar net toeval?
> In elk geval, ek bars van trots vir my suster. Ek voel amper asof die
> kleinding my eie is. Sy weeg 3.1kg en is gesond. Sy't al 10 haar toontjies
> en vingertjies.
>
> Elaine
>
|
|
|