Rof en onbeskof [boodskap #72382] |
Vr, 24 Januarie 2003 06:50 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons raak nou regtig rof en onbeskof hier innie Kaap.
'n Mens kan nie eers meer ewe rustig twee kelnerinne as gyselaars hou nie,
dan word hy sommer deur die polisie doodgeskiet!!
Kyk hulle nie flieks nie? Weet hulle nie dat hulle met die gyselaar moet
praat oor 'n mikrofoon terwyl hulle agter polisiemotors skuil nie?
Dis glad nie PK om net in te storm en die arme verdwaalde trompop te skiet
nie. Mens sou sweer ons is in die Wilde WesteKaap!:))
Annette
|
|
|