Opposisie moet dink: het eleksie-deelname nog sin? [boodskap #71288] |
Sat, 04 January 2003 14:22 |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het die in Beeld gekry. Dan Roodt is een van die grootste denkers wat die
Afrikaner nog ooit gehad het. Jammer so min mense besef dit! Hy is soos 'n
briljante kunstenaar. Sy waarde en bydrae tot ons wêreld sal seker eers na
sy dood bekend word.
- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
Opposisie moet dink: het eleksie-deelname nog sin?
Dan Roodt, Dainfern
Mnr. Tony Leon se aanhaling van koningin Elizabeth II se woorde "annus
horribilis" (30 Desember) is nogal Freudiaans.
Net soos die Britse koninklikes se manewales kantlynvermaak verskaf vir baie
Britte, so sorg ons opposisie vir rusies en skandale terwyl die ANC-mastodon
ongesteurd voortgaan met sy "Nasionale Demokratiese Revolusie".
Oorlopery het kiesers daarvan oortuig dat ons politici eintlik beginselloos
en bereid is om hul mantels te draai soos dit hulle en veral hul sak pas.
Die vraag is, het opposisiepartye wat die kulturele en rasseminderhede
verteenwoordig nog 'n rol te speel in die parlement?
Op my boekrak is dosyne boeke wat in die 20ste eeu geskryf is oor die
Suid-Afrikaanse politiek waarin voorspel is dat die Afrika-neiging tot
groepvorming en rassenasionalisme sou sorg dat 'n eenpartydominante stelsel
sou ontstaan sodra 'n eenvoudige een-mens-een-stem-stelsel ingestel sou
word.
In weerwil van mnr. Leon se energieke pogings, waarvoor ek waardering het,
het die rampspoedige lotgevalle van opposisiepartye sedert 1994 bloot die
politieke ontleders van die ou Suid-Afrika gelyk gegee.
Volgens Christi van der Westhuizen van Beeld gaan die aantal blanke kiesers
in 2004 daal van 9% van die bevolking tot 6%, wat opposisiepartye 'n verdere
demografiese knou gaan gee.
Verwoerd het in 1966 voorspel dat daar binne 20 jaar ná die instelling van
meerderheidsregering in die destydse Rhodesië hongersnood sou wees.
Vandag moet ons erken dat hy reg was.
Myns insiens moet opposisiegroepe herbesin of dit nog enige sin het om deel
te neem aan verkiesings waar die spel so sterk teen hulle gelaai is, ook in
die media waar die regerende party net soos elders in Afrika, voortdurend
opgehemel word en die opposisie as onpatriotiese rassiste voorgestel word.
Behoort ons nie eerder oor te gaan tot minderheidspolitiek waar ons
waarborge vir taal- en eiendomsregte, asook nie-diskriminasie teen
minderheidsgroepe, eis alvorens ons hoegenaamd deelneem aan die politieke
proses nie?
Of gaan opposisieleiers soos Don Quichot telkens weer die reus bestorm, net
om bedroë daarvan af te kom?
|
|
|