Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Nuttige reseppe " deur C.W. JOUBERT
" Nuttige reseppe " deur C.W. JOUBERT [boodskap #70190] Sat, 07 December 2002 02:51
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C.W. Joubert
Nuttige reseppe

1. Fer Hoofpyn
Tinktinkkiis bloed en kraai se aptyd;
Firr lepels honde blaf;
Jakhals syn byt en wolf syn huid,
En 'n ysterfark syn draf.

2. Fer Tantpyn
'n Emmer sonskyn in 'n sak gefang;
Fan Leeu syn brul so wat;
Di sleepsel fan 'n waterslang,
En skadewe fan 'n kat.

3. Fer Koliik
Wat Suikerbossiisstroop gekook,
Met 'n pond ferslaande wasem,
Di manire fan 'n wyfi spook,
En 'n bobbejaan syn asem,

4. Fer Jig
n Houte kis goed fol met wind,
Met twé el steenkool rook,
Di ouderdom fan ma'er Gert syn kind,
Met naarhyd goed gekook.

5. Fer Omloop
Di nuttighyd fan 'n pampistool,
Di snaakshyd fan 'n grap,
Di hoogfliig fan 'n jakhalsfo'el
En die skuinsloop fan 'n krap.

6. Fer Skrik
Di heldre lig fan folle maan,
Fan aasfool ruik 'n duim,
'n Bottel kraai fan 'n hoenderhaan,
En een skulpad syn fersuim.
Vorige onderwerp: " Vlamme " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Moederstad " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 14:52:35 UTC 2024