Re: nie Beeld [boodskap #5897] |
Sun, 10 March 1996 00:00 |
mar...
Boodskappe: 59 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
As 'n radio-mens kan ek sê: skryf soos jy praat. Dan sal jy NIE deurmekaar
raak NIE.
=:->
Hendrik
|
|
|
Re: nie Beeld [boodskap #5914 is 'n antwoord op boodskap #5897] |
Tue, 12 March 1996 00:00 |
Frank Snyckers
Boodskappe: 68 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 12 Mar 1996, Marius Swart wrote:
>
[GEKNIP]
> Om een of ander rede is daar 'n groter neiging tot lang sinne in
> Afrikaans. Dit verongeluk maklik iemand se poging om sy saak te
> probeer verduidelik en kan veral in TV debatte waargeneem word. Dit
> plaas ook 'n Afrikaanse spreker dikwels in 'n ongemaklke posisie
> teenoor 'n engelsprekende in so debat.
>
> Groete
> Marius.
>
>
Duits is baie erger. Daar moet mens behoorlik gaan werkwoorde jag, maar
gelukkig weet mens hulle is geneig om almal aan die einde van die sinne
te versamel. Een konstruksie wat vir my in Duits en Nederlands baie mooi
is, en wat mens in Engels en Afrikaans nie mag doen nie, is om 'n
bepaling tussen die lidwoord en die onderwerp te voeg:
Het in zijn roes slechts half geleegde glas...
[ek dink dis Nijhoff, maar kan nie seker wees nie, en het nie die boeke
hier nie]
Waar het Afrikaans hierdie moontlikheid verloor? Partymaal gaan hierdie
konstruksie ook redelik mal, maar dit maak dit dikwels moontlik om
allerhande lomphede met duisende "wat"-sinne te vermy. Die verlies van
die sintetiese moontlikhede wat in naamvalgebruike l^e, maak allerhande
ander lomphede ook moontlik. 'n Duitse gedig kan bv. met 'n woord begin wat
duidelik datief is, en dan lelike voorsetsels so vermy. Dit kan Afrikaans
en Engels nie doen nie. Maar hoekom kan mens nie die volgende in Afrikaans
sê nie:
"Die deur algemene navorsing lankbewese begrip..." ? Jammer, n'e?
Frank.
|
|
|
Re: nie Beeld [boodskap #5945 is 'n antwoord op boodskap #5897] |
Thu, 14 March 1996 00:00 |
mar...
Boodskappe: 59 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Een van die interessante gevolge van die val van apartheid is dat Afrikaans
in al sy vorme (byv. township-Afrikaans) nou orals gehoor word. Dit maak dit
egter ook moeilik om die "ou" standaarde van grammatika (soos op
universiteit geleer) te handhaaf. Afrikaans is inderdaad een van die min
(indien nie die enigste) Suid-Afrikaanse eerste tale waar ras nie relevant
is nie/"crossover" suksesvol plaasgevind het. Andersom gestel, Afrikaans is
nie die ekslusiewe domein van blankes nie. Hier by die SAUK sukkel ons met
nuwe terminologie: hoe noem jy iemand wat Afrikaans eerste taal praat -
Afrikaners (algemeen onaanvaarbaar), Afrikaanssprekendes (te lank),
Afrikaanses (wat nou blykbaar die mees universeel aanvaarbare is)?
hendrik
|
|
|