Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners. [boodskap #69387] |
Tue, 26 November 2002 02:34 |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Retha Harmse
On Tue, 26 Nov 2002 08:13:38 +0200, "Annette" wrote:
> Kan ons 'n lys saamstel? - Dooies tel ook.
> Op die ander ng is die 100 Britte gelys.
> Mick Jagger het dit nie gemaak nie.
>
> Sal bietjie later die Britse lys hier pos sodra ons 'n paar SA name gekry
> het.
> Moet nou net nie begin baklei oor wie eerste is nie - dit maak nie saak
> nie - solank ons net 100 name kan kry.
>
> Annette
>
|
|
|
Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners. [boodskap #69402 is 'n antwoord op boodskap #69387] |
Tue, 26 November 2002 04:35 |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 26 Nov 2002 13:35:16 GMT, "@rogers.com" wrote:
Ferdi Greyling wrote:
>
>> Retha Harmse
>
> Is sy nou die vrou wat met haar vinnige
> optrede gesorg het dat die moordenaars
> van Chris Hani in die tronk beland het,
> of onthou ek verkeerd?
>
> Gloudina
Yep.
Die idee van die regses was om Hani te skiet, verwarring te saai,
gerugte te laat loop en die land in chaos te dompel. Dan sal hulle -
synde wit Afrikaans en as gevolg van daardie "status" uitstekende
soldate - die daaropvolgende oorlog wen, die swartmense iewers heen
verdryf en die land vir hulself he.
In daardie stadium kon sy moord wel groot agterdog gesaai het en die
onderhandelinge oneindige skade gedoen het. Dit kon ook tot onlus en
verlies aan onskuldige menselewens gelei het.
Retha Harmse het bloot gedoen wat van 'n goeie burger verwag word -
toe sy 'n moord sien het sy details onthou en neergeskryf (in die
proses haar lewe gewaag) en die polisie so gou as moontlik laat weet.
Sodoende is Walus gevang en was dit duidelik wie die skietwerk gedoen
het. Chaos is afgeweer.
Die goeie burger wat die land red deur haar burgerlike plig na te kom.
|
|
|
|