" Raffinadery " deur ANNETTE SNYMAN [boodskap #69316] |
Mon, 25 November 2002 04:47 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette Snyman
Raffinadery
Jy's suikerbruin soos bruinsuiker
natuurlik gegeur soos gouestroop.
Jou essensie is en bly:
soetsopies en vroegvry: later onverfynde bitterkry.
Ek's suikerwit soos witsuiker
uitgesuiwer, kaalgestroop.
My essensie was:
'n ongekleurde ras: 'n kleurlose gewas.
En tog deel elke bruin en wit granule
dieselfde onveredelde formule:
suiker bestaan uit suur- en kool- en waterstof:
die mengsel waaruit dood en lewe saam ontplof.
|
|
|