Koekspuit..... [boodskap #68226] |
Wed, 06 November 2002 06:00 |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het gister iets verskriklik snaaks beleef. Ek was in hierdie
hardewarewinkel en staan en kyk hoe 'n nader kliënt 'n ghriespomp terugbring
wat hy blykbaar vroeër die dag gekoop het. Hulle kom 'af die Kaap af' en
hulle wil skaap braai en hy gebruik blykbaar 'n ghriespomp om die marinade
toe te dien. Hy vertel toe vir die meisie agter die toonbank dat hy, toe
hy by die huis gekom het, gesien het dat die ander mense in sy groep
reggekom het en daarom wil hy die pomp teruggee. Nuuskierig wil die meisie
toe weet wat hulle gedoen het?
"Hulle het sommer my vrou se koekspuit gebruik," antwoord
hy....bedoelende natuurlik koekversiersuikerspuit!
Sy word so effe rooi en vra: "Het die vleis nie snaaks geruik nie?"
He-he!
|
|
|
Re: Koekspuit..... [boodskap #68229 is 'n antwoord op boodskap #68226] |
Wed, 06 November 2002 08:19 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Dieselfde soos die vrou wat by 'n sustersvergadering gehoor het van
hierdie wonderlike nuwe bakhulp - Spray-a Cook.
Sy kom toe by P&P en vra een van die helpers waar is die KoekieSpray?
En die helper antwoord: Gaan kyk daar by die deodorants mevrou.
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3dc8b000.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het gister iets verskriklik snaaks beleef. Ek was in hierdie
> hardewarewinkel en staan en kyk hoe 'n nader kliënt 'n ghriespomp terugbring
> wat hy blykbaar vroeër die dag gekoop het. Hulle kom 'af die Kaap af' en
> hulle wil skaap braai en hy gebruik blykbaar 'n ghriespomp om die marinade
> toe te dien. Hy vertel toe vir die meisie agter die toonbank dat hy, toe
> hy by die huis gekom het, gesien het dat die ander mense in sy groep
> reggekom het en daarom wil hy die pomp teruggee. Nuuskierig wil die meisie
> toe weet wat hulle gedoen het?
> "Hulle het sommer my vrou se koekspuit gebruik," antwoord
> hy....bedoelende natuurlik koekversiersuikerspuit!
> Sy word so effe rooi en vra: "Het die vleis nie snaaks geruik nie?"
> He-he!
>
|
|
|