Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plaasbesettings: Namibia & Afrika
Plaasbesettings: Namibia & Afrika [boodskap #68183] Mon, 04 November 2002 08:54 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: August 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die afgelope 10 dae was hier in ons land weer groot drama oor die plaas
Kalkpan in die ooste van die land [Gobabis-distrik] waar 'n klomp swart
arbeiders wat op die plaas gebly het, volgens 'n hofbevel van die plaas
afgesit moes word en toe die owerhede dit wou doen, toe betoog die mense en
word die boer en sy seun in die plaashuis vasgekeer en sy voertuie se wiele
stukkend gesny. Dit blyk dat daar [soos altyd!] twee kante van die saak
is. Die boer sê ['n man uit die RSA wat die plaas by sy skoonpa oorgeneem
het aangesien dié nou aftree en ouetehuis toe is]: Hy het die plaas
oorgeneem en die klomp mense wat nie vir hom werk nie het te veel diere.
Hy het met hulle gepraat om die diere te verminder, hulle wou nie luister
nie en toe gaan hy prokureur toe en hulle kry 'n uitsettingsbevel. Die
balju spring in en begin om die mense se hutte af te breek.
Die mense wat uitgesit moet word sê: Meeste van hulle woon al jare op
die grond en het vir die ou man gewerk en hy het hulle die reg gegee om
diere aan te hou. Die een ou man is al so lank soos 45 jaar daar en hulle
het net een vraag: Waarheen gaan hulle as hulle moet padgee?
Plakkkerskampe toe?
Die regering sê: Hulle is besig om te werk aan die hervestigingproses
van mense en dit is nie 'n proses wat in een dag voltooi kan word nie. Die
mense moet geduldig wees.......MAAR intussen monster die Swapolede van die
omgewing 'n betoging en besetting van die plaas om die uitsetting te stop en
beskadig die eiendom van die plaaseienaar. Die regering vat ook geen
verantwoordelikheid vir hierdie skade wat deur sy lede aangerig is nie.
So wie is nou reg? Sekerlik het die grondeienaar die reg om te
besluit wie mag op sy eiendom bly? Wat is die regte van die werkers wat
vir jare op die grond gebly het en gevestig geraak het daar? Kan hulle
sommer net summier so weggejaag word? Hoe lank moet die gewone man bereid
wees om te wag totdat die regering eendag sy storie reg het [indien dit ooit
gebeur]?
As Namibië en Suid-Afrika se regerings ernstig is om toe te sien dat
daar by ons nie 'n herhaling gaan kom van wat in Zimbabwe gebeur het nie,
dan sal hulle met spoed moet begin en van 'n kant af die regte van die boer
en sy werkers vas te stel 'n toe te pas. In die stad en dorpe is daar
definitiewe wetgewing wat die regte van werknemer en werkgewer in die fynste
besonderhede uitstippel, maar by die plase is dit steeds nie voldoende nie.
Wens mens kon vuur maak onder die gatte van die vaak staatsamptenare en
politici! Hier is potensiaal vir groot moeilikheid!
Re: Plaasbesettings: Namibia & Afrika [boodskap #68186 is 'n antwoord op boodskap #68183] Mon, 04 November 2002 17:21 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink dis die begin van die einde daar Suidwester;)
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3dc635ef.0@news1.mweb.co.za...
> Die afgelope 10 dae was hier in ons land weer groot drama oor die plaas
> Kalkpan in die ooste van die land [Gobabis-distrik] waar 'n klomp swart
> arbeiders wat op die plaas gebly het, volgens 'n hofbevel van die plaas
> afgesit moes word en toe die owerhede dit wou doen, toe betoog die mense en
> word die boer en sy seun in die plaashuis vasgekeer en sy voertuie se wiele
> stukkend gesny. Dit blyk dat daar [soos altyd!] twee kante van die saak
> is. Die boer sê ['n man uit die RSA wat die plaas by sy skoonpa oorgeneem
> het aangesien dié nou aftree en ouetehuis toe is]: Hy het die plaas
> oorgeneem en die klomp mense wat nie vir hom werk nie het te veel diere.
> Hy het met hulle gepraat om die diere te verminder, hulle wou nie luister
> nie en toe gaan hy prokureur toe en hulle kry 'n uitsettingsbevel. Die
> balju spring in en begin om die mense se hutte af te breek.
> Die mense wat uitgesit moet word sê: Meeste van hulle woon al jare op
> die grond en het vir die ou man gewerk en hy het hulle die reg gegee om
> diere aan te hou. Die een ou man is al so lank soos 45 jaar daar en hulle
> het net een vraag: Waarheen gaan hulle as hulle moet padgee?
> Plakkkerskampe toe?
> Die regering sê: Hulle is besig om te werk aan die hervestigingproses
> van mense en dit is nie 'n proses wat in een dag voltooi kan word nie. Die
> mense moet geduldig wees.......MAAR intussen monster die Swapolede van die
> omgewing 'n betoging en besetting van die plaas om die uitsetting te stop en
> beskadig die eiendom van die plaaseienaar. Die regering vat ook geen
> verantwoordelikheid vir hierdie skade wat deur sy lede aangerig is nie.
> So wie is nou reg? Sekerlik het die grondeienaar die reg om te
> besluit wie mag op sy eiendom bly? Wat is die regte van die werkers wat
> vir jare op die grond gebly het en gevestig geraak het daar? Kan hulle
> sommer net summier so weggejaag word? Hoe lank moet die gewone man bereid
> wees om te wag totdat die regering eendag sy storie reg het [indien dit ooit
> gebeur]?
> As Namibië en Suid-Afrika se regerings ernstig is om toe te sien dat
> daar by ons nie 'n herhaling gaan kom van wat in Zimbabwe gebeur het nie,
> dan sal hulle met spoed moet begin en van 'n kant af die regte van die boer
> en sy werkers vas te stel 'n toe te pas. In die stad en dorpe is daar
> definitiewe wetgewing wat die regte van werknemer en werkgewer in die fynste
> besonderhede uitstippel, maar by die plase is dit steeds nie voldoende nie.
> Wens mens kon vuur maak onder die gatte van die vaak staatsamptenare en
> politici! Hier is potensiaal vir groot moeilikheid!
>
Vorige onderwerp: Kraanwater
Volgende onderwerp: Spangees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 06:25:04 UTC 2025