Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe Sangbundel Nodig?
Nuwe Sangbundel Nodig? [boodskap #67963] Thu, 31 October 2002 07:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die FAK ( Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge)( bestaan hulle nog?)
se sangbundel is, selfs met die 5de herdruk in 2001, ietwat van 'n albatros.
Ou liedjies wat baie min mense nog sing is daarin, geen nuwe liedjies van
die afgelope 20 jaar is nie daarin opgeneem nie, en die opdeling is bietjie
baie outyds.
Nl:
1)Die Stem ( dis mos nie meer ons hele volkslied nie, dus is dit
konstitusioneel verkeerd)
2) Volk en Vaderland
3) Natuurskoon
4a)Liefde
4b) Liefde - skeiding en verlange
5) Gesellige samesyn
6a) Die Jeug - Kleuters
6b) Die Jeug - Kinders
7) Slaapliedere
8) Besinning
9a) Gewyd - kersfees
9b) Gewyd - liederwysies
9c) Gewyd - algemeen.

Volgens die komponistelys is daar van 41 Afrikaanse komponiste gebruik
gemaak.
Daar is 86 SA Volkswysies in die boek en 84 Volkswysies uit ander lande.

Ek voel sterk dat 'n nuwe sangbundel saamgestel word wat bestaan uit slegs
Afrikaanse liede ( nie noodwendig in die taal Afrikaans nie - byv
Shosoloza)- gekomponeer en die woorde deur Suid-Afrikaners - en boonop moet
dit al die nuwe gewilde pogings bevat. Dit moet ook so saamgestel word dat
nuwe liede aangekoop en ingevoeg kan word.
Ek het 'n basiese idee hoe.
Wil iemand saamgesels?

Annette
Re: Nuwe Sangbundel Nodig? [boodskap #67971 is 'n antwoord op boodskap #67963] Thu, 31 October 2002 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: December 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die FAK is nou juis besig met 'n bespreeking hieroor.
Gaan kyk op hulle website (http://www.fak.org.za/FAKPublikasies.htm) en laat
weet hulle wat julle dink deur 'n e-mail te stuur aan f...@mweb.co.za

Hier is wat hulle vra (copy en paste), vir die wat nie lus is om hulle web
te besoek nie:
Die FAK Sangbundel Debat ...

Die FAK Sangbundel is so pas herdruk en is beskikbaar by Protea Boekhuis.
Na aanleiding van die program "Die liedjies wat ons ken" op Pasella
(Dinsdagaand, 17 September 2002), het die vraag ontstaan of dit nie tyd
geword het vir 'n totaal nuwe FAK Sangbundel, met 'n nuwe baadjie nie. Ons
hoor graag wat u mening is deur op die volgenge vrae te reageer:

1. Die FAK Sangbundel moet aangepas/uitgebrei word met populêre
Afrikaanse liedere.

2. 'n Tweede Sangbundel met nuwe Afrikaanse liedere moet gepubliseer
word.

3. Die FAK Sangbundel moet elektronies beskikbaar gemaak word.

4. Ek is bereid om finansieel by te dra tot die beskikbaarmaking van die
elektroniese bundel.

5. Opmerkings.

Reaksies en opmerkings kan gerus aan f...@mweb.co.za gestuur word.

"Annette" skryf in boodskap news:apqo69$41dth$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die FAK ( Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge)( bestaan hulle nog?)
> se sangbundel is, selfs met die 5de herdruk in 2001, ietwat van 'n albatros.
> Ou liedjies wat baie min mense nog sing is daarin, geen nuwe liedjies van
> die afgelope 20 jaar is nie daarin opgeneem nie, en die opdeling is bietjie
> baie outyds.
> Nl:
> 1)Die Stem ( dis mos nie meer ons hele volkslied nie, dus is dit
> konstitusioneel verkeerd)
> 2) Volk en Vaderland
> 3) Natuurskoon
> 4a)Liefde
> 4b) Liefde - skeiding en verlange
> 5) Gesellige samesyn
> 6a) Die Jeug - Kleuters
> 6b) Die Jeug - Kinders
> 7) Slaapliedere
> 8) Besinning
> 9a) Gewyd - kersfees
> 9b) Gewyd - liederwysies
> 9c) Gewyd - algemeen.
>
> Volgens die komponistelys is daar van 41 Afrikaanse komponiste gebruik
> gemaak.
> Daar is 86 SA Volkswysies in die boek en 84 Volkswysies uit ander lande.
>
> Ek voel sterk dat 'n nuwe sangbundel saamgestel word wat bestaan uit slegs
> Afrikaanse liede ( nie noodwendig in die taal Afrikaans nie - byv
> Shosoloza)- gekomponeer en die woorde deur Suid-Afrikaners - en boonop moet
> dit al die nuwe gewilde pogings bevat. Dit moet ook so saamgestel word dat
> nuwe liede aangekoop en ingevoeg kan word.
> Ek het 'n basiese idee hoe.
> Wil iemand saamgesels?
>
> Annette
>
Re: Nuwe Sangbundel Nodig? [boodskap #67974 is 'n antwoord op boodskap #67971] Thu, 31 October 2002 12:03 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Klippie
Annette

"Stone" skryf in boodskap news:apr5g6$pfh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die FAK is nou juis besig met 'n bespreeking hieroor.
> Gaan kyk op hulle website (http://www.fak.org.za/FAKPublikasies.htm) en laat
> weet hulle wat julle dink deur 'n e-mail te stuur aan f...@mweb.co.za
>
> Hier is wat hulle vra (copy en paste), vir die wat nie lus is om hulle web
> te besoek nie:
> Die FAK Sangbundel Debat ...
>
>
>
> Die FAK Sangbundel is so pas herdruk en is beskikbaar by Protea Boekhuis.
> Na aanleiding van die program "Die liedjies wat ons ken" op Pasella
> (Dinsdagaand, 17 September 2002), het die vraag ontstaan of dit nie tyd
> geword het vir 'n totaal nuwe FAK Sangbundel, met 'n nuwe baadjie nie. Ons
> hoor graag wat u mening is deur op die volgenge vrae te reageer:
>
>
>
> 1. Die FAK Sangbundel moet aangepas/uitgebrei word met populêre
> Afrikaanse liedere.
>
>
>
> 2. 'n Tweede Sangbundel met nuwe Afrikaanse liedere moet gepubliseer
> word.
>
>
>
> 3. Die FAK Sangbundel moet elektronies beskikbaar gemaak word.
>
>
>
> 4. Ek is bereid om finansieel by te dra tot die beskikbaarmaking van die
> elektroniese bundel.
>
>
>
> 5. Opmerkings.
>
> Reaksies en opmerkings kan gerus aan f...@mweb.co.za gestuur word.
>
>
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:apqo69$41dth$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die FAK ( Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge)( bestaan hulle nog?)
>> se sangbundel is, selfs met die 5de herdruk in 2001, ietwat van 'n albatros.
>> Ou liedjies wat baie min mense nog sing is daarin, geen nuwe liedjies van
>> die afgelope 20 jaar is nie daarin opgeneem nie, en die opdeling is bietjie
>> baie outyds.
>> Nl:
>> 1)Die Stem ( dis mos nie meer ons hele volkslied nie, dus is dit
>> konstitusioneel verkeerd)
>> 2) Volk en Vaderland
>> 3) Natuurskoon
>> 4a)Liefde
>> 4b) Liefde - skeiding en verlange
>> 5) Gesellige samesyn
>> 6a) Die Jeug - Kleuters
>> 6b) Die Jeug - Kinders
>> 7) Slaapliedere
>> 8) Besinning
>> 9a) Gewyd - kersfees
>> 9b) Gewyd - liederwysies
>> 9c) Gewyd - algemeen.
>>
>> Volgens die komponistelys is daar van 41 Afrikaanse komponiste gebruik
>> gemaak.
>> Daar is 86 SA Volkswysies in die boek en 84 Volkswysies uit ander lande.
>>
>> Ek voel sterk dat 'n nuwe sangbundel saamgestel word wat bestaan uit slegs
>> Afrikaanse liede ( nie noodwendig in die taal Afrikaans nie - byv
>> Shosoloza)- gekomponeer en die woorde deur Suid-Afrikaners - en boonop moet
>> dit al die nuwe gewilde pogings bevat. Dit moet ook so saamgestel word dat
>> nuwe liede aangekoop en ingevoeg kan word.
>> Ek het 'n basiese idee hoe.
>> Wil iemand saamgesels?
>>
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Niekie op RSG
Volgende onderwerp: advies gevraagd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 06:15:05 UTC 2025