Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Rugby: Blou Bulle die wenners
Rugby: Blou Bulle die wenners [boodskap #67862] |
Sun, 27 October 2002 04:09 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Blou Bulle het Lions gister gewen 31-7.
Wat die basis vir die oorwinning gelê het was dat die Bloues die bal en nie
die man gespeel het nie.
Dit was blykbaar die Lions se strategie wat nie gewerk het nie.
Annette
|
|
|
|
|
|
Re: Rugby: Blou Bulle die wenners [boodskap #67876 is 'n antwoord op boodskap #67871] |
Mon, 28 October 2002 09:09 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Amper lees ek jou toe bietjie verkeerd en vra wat Joost se uitlating was:))
Ek het ook geen probleem met die span nie, behalwe dat ek ook saamstem re
die twee wat jy genoem het.
Deesdae is dit ietwat gevaarlik om mense wat maklik strafskoppe afgee te
laat speel.
Ek dink ook Strauelli is 'n baie goeie afrigter.
Annette
"Suidwester" wrote in message
news:3dbced69.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het baie gewonder oor die Bokspan-keuses.....veral oor Hougaardt en Joost
> se uitlating. Toe kry ek hierdie gedagte dat Streuli dalk slimmer is as
> wat mens hom dalk wil toegee. Hy weet presies wat hy aan Joost het. Laat
> hom vir die res van die jaar uitrus en volgende jaar die Super 12 gas gee.
> As hy nog goed genoeg is, sal hy sy plek in die Bokspan oopspeel. Meer
> belangrik nog, hy het dan vir Hougaardt by hom om hom mooi groot te maak dat
> hy ook in die Wêreldbeker sy merk kan maak. Ek dink hy't dieselfde soort
> van gedagtes met Rassie, Bob Skinstad, ens. Hoe anders kan twee klipkoppe
> soos Fleck en Butch James nog die nasionale span haal?
> "Annette" wrote in message
> news:apg8mu$176s1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek het regtig voorbehoude oor volgende jaar se Super 12, veral in die lig
>> van die wêreldbeker wat ook gespeel gaan word. Jy is reg, die Super 12
> gaan
>> anders wees, want die nasionale afrigters sal moet besluit tot hoe 'n mate
>> hulle hul gekose spelers wil uitput en blootstel aan beserings voor die
>> wêreldbeker.
>> Joost het een? wedstryd in Super 12 gehad hierdie jaar. Hougaard 2-3 keer
> as
>> plaasvervanger vir hoogstens 20 minute.
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3dbb86be.0@news1.mweb.co.za...
>>> Wat 'n wedstryd.....vir Blou Bul ondersteuners! Hulle het die totale
>>> wedstryd eenvoudig beheer en die arme Leeus het g'n kans gehad nie.
>>> Wonderlik Hougaardt maar fantasties Joost wat die hele ding georkestreer
>>> het. Mense oor die algemeen wil hê hy moet net 'n 'ball passer' wees
>> soos
>>> ander skrumskakels, maar daar is soveel ander fasette aan hierdie man se
>>> spel. Volgende jaar se Super 12 gaan iets anders wees!
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:apfq5a$14jkv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Blou Bulle het Lions gister gewen 31-7.
>>>> Wat die basis vir die oorwinning gelê het was dat die Bloues die bal en
>>> nie
>>>> die man gespeel het nie.
>>>> Dit was blykbaar die Lions se strategie wat nie gewerk het nie.
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:42:42 UTC 2025
|