Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoenoumeneer?
Hoenoumeneer? [boodskap #67763] Wo., 23 Oktober 2002 20:40
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11111
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vervalste R5 muntstukke is glo in omloop in Gauteng - met 1994 & 1995
indrukke.
Hier kom nou die snaakse storie:
Toe kleingeld by 'n bank inbetaal word, is die vals muntstukke opgespoor.
Die muntstukke is toe na die Munt geneem, en alhoewel hulle dieselfde
grootte is as die regte stukke, en dieselfde weeg as die regte stukke, is
die nikkel-laag dunner en die basis kernmateriaal verskillend, en by die
landswapen was die detail nie so skerp soos op regte stukke nie.
Volgens die Munt dus kan mens nie al die fyner detail op die vervalste
stukke sien nie, maar die grootte en gewig is dieselfde as die regte stukke.
Wat ek nou net wil weet is hoe die teller dan kon weet dis vals stukke deur
die sakkie R5 stukke te weeg.
( daar was 35 R5 stukke met die inbetaalslag)

Annette
Vorige onderwerp: Me&Bobby
Volgende onderwerp: Hy was nie die enigste ene nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 10:32:53 UTC 2025