Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leer uit ander se foute
Leer uit ander se foute [boodskap #66931] Tue, 01 October 2002 13:34
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Internetbankdiens
In die Argus Action vandag: 'n Dame het R 8000 vir 'n advertensie in 'n
rekening inbetaal, sonder om haar eers te vergewis of dit nog steeds die
uitgewer se bankrekening is.
Dit was nie.
Sy het toe vir die uitgewer in hul regte rekening inbetaal, in die volle
vertroue dat sy die geld sou herwin vanaf die verkeerde rekening.
Fout. Sy het die geld verloor.
Die bank sê die rekeninghouer moet aan hulle die opdrag gee om die geld oor
te betaal.
Die rekekning was egter R30 000 oortrokke, en die rekeninghouer sê dis die
bank se besluit, omdat die geld nou die bank s'n is.
Die ombudsman kan tot geen beslissing of uitspraak kom nie.
Dus, voordat geld in enige rekening inbetaal word, maak doodseker of dit nog
steeds die geldige rekening van die krediteur is, al het jy met hulle 'n
transaksie 'n week, maand of jaar tevore gehad.
Annette
Vorige onderwerp: Re: Plan for evacuation of whites from South Africa
Volgende onderwerp: Kansellasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 18:14:36 UTC 2025