" Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65502] |
Fri, 16 August 2002 21:44 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
WINTER
Donald Riekert
Die mossie pik
vroegoggend by
die rotspoel teen
sy eie snawel vas
skop met sy pootjies
teen sy pootjies vas
en bly praat met
sy maat wat koud bly
lê in harde water
|
|
|
Re: " Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65529 is 'n antwoord op boodskap #65502] |
Mon, 19 August 2002 07:02 |
Max[1]
Boodskappe: 240 Geregistreer: February 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tx G, dit was lekker om weer te lees, maar is daar mossies in die winter?
Max_______________________________________________________
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> WINTER
> Donald Riekert
>
> Die mossie pik
> vroegoggend by
> die rotspoel teen
> sy eie snawel vas
> skop met sy pootjies
> teen sy pootjies vas
> en bly praat met
> sy maat wat koud bly
> lê in harde water
|
|
|
Re: " Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65531 is 'n antwoord op boodskap #65529] |
Mon, 19 August 2002 13:15 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Tx G, dit was lekker om weer te lees, maar is daar mossies in die winter?
>> WINTER
>> Donald Riekert
>> Die mossie pik
>> vroegoggend by
>> die rotspoel teen
>> sy eie snawel vas
>> skop met sy pootjies
>> teen sy pootjies vas
>> en bly praat met
>> sy maat wat koud bly
>> lê in harde water
Waar ek grootgeword het in die Noordkaap
was daar mossies dwarsdeur die jaar. Ek
kan ook onthou dat ons baie in die middel
van die winter stukke ys gekry het op klein
hoeveelhede staande water. En daar is dele
van die land waar dit nog kouer word as in
die Noordkaap in die winter. Ek weet nie
presies waar Donald Riekert bly nie, maar
ek voel vaagweg dis erens daar in die noord-
weste van die land.
Daar is natuurlik baie soorte mossies
in Suid-Afrika. Ek neem aan hier word gepraat
van die "Cape Sparrow." Die een met die swart
op sy koppie.
Hier in Ottawa kry mens mossies in die
winter. In 'n stad is daar baie warm plekke
as gevolg van die stoom van die verhittings-
sisteme, en 'n hele klomp soorte voëls wat
eintlik suidwaarts moes emigreer, bly in so
'n dorp. Maar die "American Tree Sparrow" word
in ons voëlboek aangegee as "a winter visitor
from the arctic north".
Gloudina
|
|
|
Re: " Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65533 is 'n antwoord op boodskap #65531] |
Mon, 19 August 2002 18:44 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> WINTER
>> Die mossie pik
>> vroegoggend by
Max wrote:
> Tx G, dit was lekker om weer te lees, maar is daar mossies in die winter?
Gloudina
Waar ek grootgeword het in die Noordkaap
was daar mossies dwarsdeur die jaar.
Wouter
In die Wes-Kaap het ons ook heeljaar mossies. Ons voer die
voëls in ons binnehof en ons het daagliks twee baie parmantige
mossies wat saam met die duiwe en ander kom kos soek. Hulle
beweeg altyd as 'n paar, die een is nooit ver van die ander nie.
|
|
|