Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Afrikaanse bargoens
Afrikaanse bargoens [boodskap #65440] |
Wed, 14 August 2002 15:08 |
Voetleuce
Boodskappe: 127 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
LeuceV:
Ek plaas dit op aandrang van Annette.
==
URL=
http://www.naspers.co.za/cgi/nph-bwcgis/RAPPORT/rapport/alg/ storie/DDW
?W%3DTEKS%20PH%20WORDS%20%27vloermoer%27%26M%3D3%26K%3D35702 %26R%3 DY%26U%3D1#BWHR1
Jip-jip vir wilde afrikaanse woordeskat
deur Johanna van Eeden
Pretoria
DIE duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul
breinselle beroof. Dit is die gevolgtrekking waartoe 'n mens kom ná 'n
gesprek met mev. Joey Basson, die baasbrein agter die Hoërskool
Richardsbaai se Wilde Woordeboek. Basson, vakhoof van Afrikaans by dié
skool, het in 1993 met 'n projek begin om kinders aan te moedig om
nuwe woorde in Afrikaans te
skep. Dié nuutskeppings is in 1997 in 'n Wilde Woordeboek opgeneem.
Die projek het sedertdien gegroei tot 'n landwye wedstryd waarin oud
en jonk nuwe asem in die taal blaas. ``Ons het vanjaar 587
nuutskeppings aangeteken en ons is besig om te werk aan 'n nuwe Wilde
Woordeboek. Volgende jaar wil ons twee nuwe afdelings vir die wedstryd
skep waarin deelnemers idiome en intensiewe vorme moet uitdink. ``Baie
van die huidige idiome, soos agteros kom ook in die kraal, het geen
betekenis vir vandag se jongmense nie. En wat beteken spierwit en
potblou? ``Die uitdaging is om nuwerwetse, eietydse nuutskeppings uit
te dink, sê Basson. Baie van die woorde wat in die vorige wedstryde
geskep is, word reeds in die algemene spreektaal gebruik. Een van die
woorde wat veral gewild is, is "vloermoer". Dit is die Wilde
Woordeboek se antwoord op die Engelse ``to throw a tantrum.
Onder die nuutste Wilde Woordeboek-werpsel is selfs 'n Afrikaanse
verklaring vir die ``raves'' waar jong mense hul lywe rondpluk. Van
die voorstelle sluit in 'n raaswals, 'n zombidans, 'n maltrap, 'n
kopspin of 'n hottentotsgoddans.
'n Oplossing word ook gebied om die Engelse ``longdrop'' te beskryf.
Noem dit liewer 'n besoek aan die plonsput, die dieptroon, die
gemakgat of die plaaspardoems. Wanneer u volgende keer ``spare ribs''
wil bestel, verras die kelner met 'n versoek vir evabeentjies,
vleiskitaartjies of otgenot. Hoe gemaak met die lekker Engelse woord
``stapler'' waarmee 'n mens papiere bind? Probeer draadjiedrukker of
papiervampier. Wat van iemand wat ongeskik verklaar word vir werk?
Pleks om te sê hy is ``geboard'', laat die man liewer sagte plankies
kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar verklaar of hy is
gerak. Die Wilde Woordeboek is 'n goudmyn van lekkersê-woorde wat soms
onverwags verras met raakvat-beskrywings. 'n Wilde Woordeboek-boodskap
om iemand se Blou Maandag op te beur (met verklarings in hakies) kan
byvoorbeeld sê lui:
Is jy in 'n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou
handvatsels glad te vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie 'n
sponskind (softy) nie jy met daardie natuurlike noedelhare (spiral
perm). Of word jy nou 'n tannetjie hekel (oulady). Onthou jy nog hoe
jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar 'n ou
loslooitjie (affair) aanknoop om jouself op te beur. Nooit gedink my
blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te
stel nie, nê? Wat van daardie oulike moerjoggie (appy)? Of verkies jy
eerder 'n fundivakie (nerd)? Wie se sjokoladepoppie (sweetie) wil jy
wees? Spin jy jou driewiel (gooi 'n tantrum) omdat jy vanoggend weer
besef het jou vriend is 'n onrehabiliteerbare skouervlieg (back seat
driver)? Dit sal my ook ystervarke laat vang ('n gasket laat blaas) as
iemand heeltyd soos 'n koop sebliefie (rep) sy stembande om my ore rek
(nag). Hy het seker maar vanoggend weer 'n effense bewerlewertjie
(hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie
(halfjackie).
Komaan, klim uit die streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou
bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir
gips en steke (watch it)! Gaan huis toe, groet die bure se
brommerboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag
(informele klere) vir daai mog dit trof (blind date). As dit 'n
petofferige (flashy) ou is wat met 'n sardyntrein (taxi) voor die deur
stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer vanaand
alleen wees. Slaan 'n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die
jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik jou sorge
weg in 'n bloplappie (tissue). Hou sommer môre 'n vakbondvastrap
(toi-toi) voor jou werkplek en vra vir 'n verhoging om te betaal vir
die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).
--
.
|
|
|
Re: Afrikaanse bargoens [boodskap #65443 is 'n antwoord op boodskap #65440] |
Wed, 14 August 2002 17:04 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy laat my so dominerend klink:))
Dit was 'n vriendelike, dog dringende versoek:)
Baie dankie elkgeval.
Annette
"Voetleuce" skryf in boodskap news:3d5a71d7$0$18844@hades.is.co.za...
> LeuceV:
> Ek plaas dit op aandrang van Annette.
>
> ==
>
> URL=
> http://www.naspers.co.za/cgi/nph-bwcgis/RAPPORT/rapport/alg/ storie/DDW
> ?W%3DT
> EKS%20PH%20WORDS%20%27vloermoer%27%26M%3D3%26K%3D35702%26R%3 DY%26U%3D1
> #BWHR1
>
>
>
> Jip-jip vir wilde afrikaanse woordeskat
> deur Johanna van Eeden
> Pretoria
>
> DIE duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul
> breinselle beroof. Dit is die gevolgtrekking waartoe 'n mens kom ná 'n
> gesprek met mev. Joey Basson, die baasbrein agter die Hoërskool
> Richardsbaai se Wilde Woordeboek. Basson, vakhoof van Afrikaans by dié
> skool, het in 1993 met 'n projek begin om kinders aan te moedig om
> nuwe woorde in Afrikaans te
> skep. Dié nuutskeppings is in 1997 in 'n Wilde Woordeboek opgeneem.
> Die projek het sedertdien gegroei tot 'n landwye wedstryd waarin oud
> en jonk nuwe asem in die taal blaas. ``Ons het vanjaar 587
> nuutskeppings aangeteken en ons is besig om te werk aan 'n nuwe Wilde
> Woordeboek. Volgende jaar wil ons twee nuwe afdelings vir die wedstryd
> skep waarin deelnemers idiome en intensiewe vorme moet uitdink. ``Baie
> van die huidige idiome, soos agteros kom ook in die kraal, het geen
> betekenis vir vandag se jongmense nie. En wat beteken spierwit en
> potblou? ``Die uitdaging is om nuwerwetse, eietydse nuutskeppings uit
> te dink,'' sê Basson. Baie van die woorde wat in die vorige wedstryde
> geskep is, word reeds in die algemene spreektaal gebruik. Een van die
> woorde wat veral gewild is, is "vloermoer". Dit is die Wilde
> Woordeboek se antwoord op die Engelse ``to throw a tantrum''.
>
> Onder die nuutste Wilde Woordeboek-werpsel is selfs 'n Afrikaanse
> verklaring vir die ``raves'' waar jong mense hul lywe rondpluk. Van
> die voorstelle sluit in 'n raaswals, 'n zombidans, 'n maltrap, 'n
> kopspin of 'n hottentotsgoddans.
>
> 'n Oplossing word ook gebied om die Engelse ``longdrop'' te beskryf.
> Noem dit liewer 'n besoek aan die plonsput, die dieptroon, die
> gemakgat of die plaaspardoems. Wanneer u volgende keer ``spare ribs''
> wil bestel, verras die kelner met 'n versoek vir evabeentjies,
> vleiskitaartjies of otgenot. Hoe gemaak met die lekker Engelse woord
> ``stapler'' waarmee 'n mens papiere bind? Probeer draadjiedrukker of
> papiervampier. Wat van iemand wat ongeskik verklaar word vir werk?
> Pleks om te sê hy is ``geboard'', laat die man liewer sagte plankies
> kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar verklaar of hy is
> gerak. Die Wilde Woordeboek is 'n goudmyn van lekkersê-woorde wat soms
> onverwags verras met raakvat-beskrywings. 'n Wilde Woordeboek-boodskap
> om iemand se Blou Maandag op te beur (met verklarings in hakies) kan
> byvoorbeeld sê lui:
>
> Is jy in 'n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou
> handvatsels glad te vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie 'n
> sponskind (softy) nie jy met daardie natuurlike noedelhare (spiral
> perm). Of word jy nou 'n tannetjie hekel (oulady). Onthou jy nog hoe
> jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar 'n ou
> loslooitjie (affair) aanknoop om jouself op te beur. Nooit gedink my
> blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te
> stel nie, nê? Wat van daardie oulike moerjoggie (appy)? Of verkies jy
> eerder 'n fundivakie (nerd)? Wie se sjokoladepoppie (sweetie) wil jy
> wees? Spin jy jou driewiel (gooi 'n tantrum) omdat jy vanoggend weer
> besef het jou vriend is 'n onrehabiliteerbare skouervlieg (back seat
> driver)? Dit sal my ook ystervarke laat vang ('n gasket laat blaas) as
> iemand heeltyd soos 'n koop sebliefie (rep) sy stembande om my ore rek
> (nag). Hy het seker maar vanoggend weer 'n effense bewerlewertjie
> (hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie
> (halfjackie).
>
> Komaan, klim uit die streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou
> bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir
> gips en steke (watch it)! Gaan huis toe, groet die bure se
> brommerboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag
> (informele klere) vir daai mog dit trof (blind date). As dit 'n
> petofferige (flashy) ou is wat met 'n sardyntrein (taxi) voor die deur
> stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer vanaand
> alleen wees. Slaan 'n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die
> jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik jou sorge
> weg in 'n bloplappie (tissue). Hou sommer môre 'n vakbondvastrap
> (toi-toi) voor jou werkplek en vra vir 'n verhoging om te betaal vir
> die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).
>
>
>
> --
> .
>
|
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 05:15:22 UTC 2024
|