Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans vir Hooligan?
Afrikaans vir Hooligan? [boodskap #65416] Tue, 13 August 2002 11:42 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tyd vir kreatiewe denke.
Woordeboek praat van (straat)boef en skollie.
Maar ons weet almal dit pas nie by PvP nie.
Hy is mos 'n gesiene sakeman.

My woord: Potsierder.
:)))
Annette
Re: Afrikaans vir Hooligan? [boodskap #65419 is 'n antwoord op boodskap #65416] Tue, 13 August 2002 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: August 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hy hét potsierlik gelyk met sy dik pens wat so laag op sy knieë hang. Dalk
moet hy al sy geld gebruik en vir hom groter hemde koop?

"Annette" skryf in boodskap news:ajardq$19uqka$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Tyd vir kreatiewe denke.
> Woordeboek praat van (straat)boef en skollie.
> Maar ons weet almal dit pas nie by PvP nie.
> Hy is mos 'n gesiene sakeman.
>
> My woord: Potsierder.
> :)))
> Annette
>
Re: Afrikaans vir Hooligan? [boodskap #65421 is 'n antwoord op boodskap #65419] Tue, 13 August 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dir was klaarblyklik nie 'n laattekkel nie - die skeidsregter het nog die
fluitjie in die hand gehad ...

"Suidwester" skryf in boodskap news:3d591fee.0@news1.mweb.co.za...
> Hy hêt potsierlik gelyk met sy dik pens wat so laag op sy knieë hang. Dalk
> moet hy al sy geld gebruik en vir hom groter hemde koop?
> "Annette" wrote in message
> news:ajardq$19uqka$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Tyd vir kreatiewe denke.
>> Woordeboek praat van (straat)boef en skollie.
>> Maar ons weet almal dit pas nie by PvP nie.
>> Hy is mos 'n gesiene sakeman.
>>
>> My woord: Potsierder.
>> :)))
>> Annette
>>
>
Re: Afrikaans vir Hooligan? [boodskap #65424 is 'n antwoord op boodskap #65416] Tue, 13 August 2002 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Tyd vir kreatiewe denke.
> Woordeboek praat van (straat)boef en skollie.
> Maar ons weet almal dit pas nie by PvP nie.
> Hy is mos 'n gesiene sakeman.
>
> My woord: Potsierder.
> :)))

Ons gebruik die woord 'vandalen' (nie 'Van Dale', soos ons woordeboek nie :)

Die Vandale was 'n Germaanse stam wat tydens die volksverhuisinge nogal
huisgehou het in die Romeinse Ryk en wat tenslotte via Spanje in Afrika
tereggekom is. Hulle naam is nog terug te vind in die naam Andalusie in
Spanje .....

Groete,
Arthur
Re: Afrikaans vir Hooligan? [boodskap #65427 is 'n antwoord op boodskap #65424] Tue, 13 August 2002 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur wrote:

> Die Vandale was 'n Germaanse stam wat tydens die volksverhuisinge nogal
> huisgehou het in die Romeinse Ryk en wat tenslotte via Spanje in Afrika
> tereggekom is. Hulle naam is nog terug te vind in die naam Andalusie in
> Spanje .....

Is daar 'n verskil tussen die Wes-Gote
se teenwoordigheid in die Iberiese
Skiereiland en dié van die Vandale.
En wie van hulle was nou weer eerste
daar?

Gloudina
Re: Afrikaans vir Hooligan? [boodskap #65432 is 'n antwoord op boodskap #65427] Wed, 14 August 2002 05:00 Na vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Is daar 'n verskil tussen die Wes-Gote
> se teenwoordigheid in die Iberiese
> Skiereiland en dié van die Vandale.
> En wie van hulle was nou weer eerste
> daar?

Dit was beide stamme wat uit Skandinavie weggetrek het. Die Gote is na die
plundering van Rome onder Alarik (410) na Spanje getrek. Die Romeine het
hulle toe uit die Rynprovinsies teruggetrek en toe was die pad vry vir die
Vandale om te begin aan hulle tog deur Gallia en Iberia, wat in Afrika
(Kartago) geëindig is. Die Gote was dus al in Spanje (net enkele jare).

Groete,
Arthur
Vorige onderwerp: Re: 100 beste Boeke
Volgende onderwerp: Pietertjie van Potch
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 15:24:23 UTC 2025