Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opposisie
Opposisie [boodskap #65363] Sun, 11 August 2002 01:11
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: May 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
> Al kennis geneem van die wrewel wat die ANC/COSATU/SAKP in die DA (Tony
> Leon) het - en gewonder of dit nie moontlik aanduidend is van die feit dat
> hy 'n klip in die skoen is nie?

Gloudina
Wel, Tony Leon se goose was gecook die
oomblik toe 'n klomp wittes hulle by
hom geskaar het en hom as hulle mondstuk
probeer gebruik het. Ek twyfel of Tony
Leon en sy party ooit enige noemenswaardige
druk kan uitoefen op 'n party wat so 'n
groot meerderheid het. Die enigste werklike
druk sal vir 'n lang ruk nog maar kom uit
die verskillende flanke van die ANC self.

Wouter
Tony Leon en die DA kry dit wel reg om druk op die Regering te sit,
deur hulle meedoƫnloos op hulle foute en inkonsekwenthede te wys.
Hulle doen ook hulle huiswerk beter as enige ander party. Die ANC
het dikwels geen verweer teen hulle kritiek anders as om hulle as rassiste
te probeer afmaak nie en dit gaan lankal nie meer af nie. Jy is reg dat
hulle geen kans het om die ANC uit die kussings te lig nie, maar hulle
is wel tans die mees effektiewe opposisiestem.

Hulle het ook goeie Kleurlingsteun, maar dit sal moontlik verswak
word deur die NNP-afsplitsing.
Vorige onderwerp: Beghailik verby
Volgende onderwerp: M&G: Quo Vadis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 15:36:00 UTC 2025