Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beghailik verby
Beghailik verby [boodskap #65353] Sat, 10 August 2002 07:32 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
In my lewe het ek nog nie so 'n patetiese spulletjie gesien soos gister se
Hoof-fees tov van Vrouedag nie.
Dit was toe mos Die Geleentheid van Sarah Se Laaste Rusplek, en die koerante
het kolom op kolom geskryf van hoe gelukkig en bly en absoluut te vrede die
misplaaste ou dooie prossie nou is.
Die 5 minute wat ek gekyk het was genoeg om my 'n leeftyd by te bly. Op 'n
piepklein verhogie was 'n Boesman/Griekwa - koor van om en by 40 ingeprop
soos sardiens in 'n blikkie - die manne in swart pakke, wit hemde en dasse -
die dames almal in wit rokke en snaakse wit piepiepothoedjies, wit skoene,
en handsakke oor die skouer - en daar sing hulle toe mooi maar met 'n swaar
Afrikaanse aksent 'n Engelse Treurige Lied.
Ek kon 3 deftiges op die stuk kaal grond aan die kant van die verhoog sien
staan - moes seker hul ereplek op die verhoog prysgee vir die koor vir die
tydjie, en wat ek van die gehoor kon sien - die kameraman was nie baie
simpatiek nie- was 4 gewilllige lede van die publiek - 3 in rolstoele.

Ek weet wat gemaak het dat ek nie na hierdie pot nonsens wou kyk nie is dat
die oggend op Vrouerubriek, was daar 'n onderhoud gevoer met 'n baie
intelligente, bedrewe boesmandame wat een van die omroepers is van Radio Koi
( of wat die stasie genoem word) - en wat sy vertel het in die 10 minute van
die onderhoud was boeke en boeke meer as die bollie wat die afgelope tyd oor
Sarah in ons keel afgedruk is deur die media - weet iemand of daar al 'n
artikel in Huisgenoot oor Sarah verskyn het?
Sy het ook vertel van die afbrekende apartheid wat nog steeds heers tussen
die Boesman-groepe, waar ondertrouery nie toegelaat word deur die ouer mense
van die gemeenskappe nie. Hulle praat ook nie mekaar se Boemantaal nie, en
as hulle met mekaar praat, is dit in Afrikaans.

Nietemin - tov my opskrif - net 'n politikus kan 'n prioriteit regverdig
waar daar twee jaar en teen groot onkoste gewerk word om die oorblyfsels van
'n dooie hier te begrawe, terwyl 'n hele Boesman-gemeenskap al twaalf jaar
lank in tente moet bly omdat daar kwansuis nie geld is om aan hulle beter
huisvesting te verskaf nie.

Annette
Re: Beghailik verby [boodskap #65357 is 'n antwoord op boodskap #65353] Sat, 10 August 2002 16:26 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mbeki kon sy tyd beter gewy het aan "stille diplomasie" tov die
Zimbabwe-probleem.
Eienaardig dat die pers Mbeki toelaat om met sy stilswye weg te kom. Maar,
ons blanke Suid-Afrikaners (myself ingeslote) doen niks mbt die skandalige
situasie wat hom in Zimbabwe afspeel nie.

"Annette" skryf in boodskap news:aj2fiv$179809$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> In my lewe het ek nog nie so 'n patetiese spulletjie gesien soos gister se
> Hoof-fees tov van Vrouedag nie.
> Dit was toe mos Die Geleentheid van Sarah Se Laaste Rusplek, en die koerante
> het kolom op kolom geskryf van hoe gelukkig en bly en absoluut te vrede die
> misplaaste ou dooie prossie nou is.
> Die 5 minute wat ek gekyk het was genoeg om my 'n leeftyd by te bly. Op 'n
> piepklein verhogie was 'n Boesman/Griekwa - koor van om en by 40 ingeprop
> soos sardiens in 'n blikkie - die manne in swart pakke, wit hemde en dasse -
> die dames almal in wit rokke en snaakse wit piepiepothoedjies, wit skoene,
> en handsakke oor die skouer - en daar sing hulle toe mooi maar met 'n swaar
> Afrikaanse aksent 'n Engelse Treurige Lied.
> Ek kon 3 deftiges op die stuk kaal grond aan die kant van die verhoog sien
> staan - moes seker hul ereplek op die verhoog prysgee vir die koor vir die
> tydjie, en wat ek van die gehoor kon sien - die kameraman was nie baie
> simpatiek nie- was 4 gewilllige lede van die publiek - 3 in rolstoele.
>
> Ek weet wat gemaak het dat ek nie na hierdie pot nonsens wou kyk nie is dat
> die oggend op Vrouerubriek, was daar 'n onderhoud gevoer met 'n baie
> intelligente, bedrewe boesmandame wat een van die omroepers is van Radio Koi
> ( of wat die stasie genoem word) - en wat sy vertel het in die 10 minute van
> die onderhoud was boeke en boeke meer as die bollie wat die afgelope tyd oor
> Sarah in ons keel afgedruk is deur die media - weet iemand of daar al 'n
> artikel in Huisgenoot oor Sarah verskyn het?
> Sy het ook vertel van die afbrekende apartheid wat nog steeds heers tussen
> die Boesman-groepe, waar ondertrouery nie toegelaat word deur die ouer mense
> van die gemeenskappe nie. Hulle praat ook nie mekaar se Boemantaal nie, en
> as hulle met mekaar praat, is dit in Afrikaans.
>
> Nietemin - tov my opskrif - net 'n politikus kan 'n prioriteit regverdig
> waar daar twee jaar en teen groot onkoste gewerk word om die oorblyfsels van
> 'n dooie hier te begrawe, terwyl 'n hele Boesman-gemeenskap al twaalf jaar
> lank in tente moet bly omdat daar kwansuis nie geld is om aan hulle beter
> huisvesting te verskaf nie.
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Nuwe Oorlogspad
Volgende onderwerp: Opposisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 12:27:25 UTC 2025