Natalie du Toit: Wonderwerk! [boodskap #65310] |
Mon, 05 August 2002 07:46 |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kan dit net 'n 19-jarige mond wees wat hierdie goue woorde geuiter het?
"Die grootste tragedie in die lewe is nie om nie die doelwitte te bereik wat
jy vir jouself gestel het nie.......dis om geen doelwitte te hê om na te
streef nie." Wonderlik! Mag veel meer sukses as waarop sy ooit gehoop
het, haar toekom want sulke positiwiteit moet eenvoudig net beloon word.
Gisteraand se toekenning by die Commonwealth Spele aan hierdie dapper kind
het nie net Suid-Afrikaners beroerd gehad nie......ons Suidwesters véél vir
haar!
|
|
|
Re: Natalie du Toit: Wonderwerk! [boodskap #65315 is 'n antwoord op boodskap #65310] |
Mon, 05 August 2002 10:12 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Janee - ek was ook gisteraand in snot en trane toe sy daar op die verhogie
staan en natreen:)
Sy was nog altyd 'n baie positiewe kind - dit was juis haar strewe, nadat sy
die 2000 Olimpiese spele net-net gemis het, wat haar so vasberade gemaak het
om sou as moontlik weer te kon swem en die volgende spele te haal - as 'n
ope swemmer - nie as gestremde nie.
Sy sou ook heelwaarskynlik beter in die 800 finaal gevaar het as sy nie so
moeg was nie - sy het al toe daardie dag 'n semi-finaal en finaal geswem -
en gewen - voordat sy die 800m finaal aangepak het.
Sy lyk net soos haar ouma aan moederskant - hulle ( ouma) is huisvriende van
ons en het net 2 huise van ons af in Bellville gebly.
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3d4e2d9a.0@news1.mweb.co.za...
> Kan dit net 'n 19-jarige mond wees wat hierdie goue woorde geuiter het?
> "Die grootste tragedie in die lewe is nie om nie die doelwitte te bereik wat
> jy vir jouself gestel het nie.......dis om geen doelwitte te hê om na te
> streef nie." Wonderlik! Mag veel meer sukses as waarop sy ooit gehoop
> het, haar toekom want sulke positiwiteit moet eenvoudig net beloon word.
> Gisteraand se toekenning by die Commonwealth Spele aan hierdie dapper kind
> het nie net Suid-Afrikaners beroerd gehad nie......ons Suidwesters véél vir
> haar!
>
|
|
|