Borsvoeding [boodskap #65309] |
Mon, 05 August 2002 07:22 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nou net hier iemand op RSG wat die voordele van borsvoeding besing - en een
van die redes glo is dat die kind dan later nie so vol fiemies oor kos is
nie - want die kind kry glo deur die moedersmelk elke dag 'n ander smaak -
afhangende van wat moeder geëet het.
Ek weet darem nie - want skoonsus het albei kinders geborsvoed en hul
kosvoorkeure verskil hemelsbreed.
Een seen is dat albei van alle groente en vrugte hou
Annette
|
|
|
Re: Borsvoeding [boodskap #65316 is 'n antwoord op boodskap #65309] |
Mon, 05 August 2002 10:22 |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
O d�s hoekom Suidwestertjies so graag vleis vreet? Van al die biltong en
droë wors smaak die melk ok so? Nou wonder ek hoekom pappie ook so aanhou
biltong vreet. Suig, moenie blaas nie, boetie!
"Annette" skryf in boodskap news:ailhuo$1421ct$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nou net hier iemand op RSG wat die voordele van borsvoeding besing - en een
> van die redes glo is dat die kind dan later nie so vol fiemies oor kos is
> nie - want die kind kry glo deur die moedersmelk elke dag 'n ander smaak -
> afhangende van wat moeder geëet het.
> Ek weet darem nie - want skoonsus het albei kinders geborsvoed en hul
> kosvoorkeure verskil hemelsbreed.
> Een seen is dat albei van alle groente en vrugte hou
>
> Annette
>
|
|
|