Een skone dag [boodskap #64913] |
Do, 18 Julie 2002 08:47 |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bly omdat die son weer skyn en ook seker bly omdat ons Annette se swart
Woensdag oorleef het.
PG Wodehouse het gepraat van dae waarop jong verliefdes uitgaan en besef
"love" rym met "skies above" en dan terstond 'n gedig daaroor pleeg.
In Afrikaans is die ekwivalent seker dat "hart" rym met "smart". Ek kan nie
help om te glimlag as ek hierdie kombinasie in 'n liefdesliedjie hoor nie.
Wat my laat wonder - ek wonder hoeveel duisende maal is die hele verloop en
betekenis van 'n lied of 'n vers al voorgeskryf deur goeie ou rymdwang?
Ek het al baie gewonder oor Leipoldt se "vir ons liefde wat uithou en alles
vergoed" om te rym met "boet", bloot omdat die vers vir my as verliefde
tiener so mooi was.
Ek wonder hoeveel Afrikaanse gesange het "lot" om te rym met "gebod" of dan
met "God". Arme digters - daar is maar min loflike dinge wat rym met "Here",
tensy jy tevrede is met "klere" of "sere" of "gewere", en wat maak jy dan
met die res van die sin?
Van 'n verveelde Koot in die Baai wat self al aandadig was aan dergelike
sondes...
|
|
|
"OM TE RYM" - Wouter Plaasvark [boodskap #64918 is 'n antwoord op boodskap #64913] |
Do, 18 Julie 2002 16:10 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koot Pieterse
Ek het al baie gewonder oor Leipoldt se "vir ons liefde wat uithou
en alles vergoed" om te rym met "boet", bloot omdat die vers vir
my as verliefde tiener so mooi was.
Ek wonder hoeveel Afrikaanse gesange het "lot" om te rym met
"gebod" of dan met "God". Arme digters - daar is maar min
loflike dinge wat rym ......
OM TE RYM - Wouter Plaasvark
Jy reken dat digters verneuk
Eer hul die rymdwang breek?
Dit gebeur soms seker wel
Maar is dit nodig, bleddie hel?
Want vir 'n bedrewe rymelaar
is dit tog nie so swaar
Hy kan mos sy woorde ruil
Voor hy die betekenis bevuil
Ritme en rym is nie bloot ja of nee
Laat ek jou liewers 'n voorbeeld gee
Jy wonder of hy dit so wou hê
Waar Louis Leipoldt die volgende sê:
"wys my die plek waar ons saam geloop het,
eens, toe jy myne was -
vroeër, toe ons harte soveel gehoop het
vroeër, toe jy myne was.
kyk, dis dieselfde! net jy nie, vra,
wie van ons twee moet die meeste dra?
jy wat vergeet het - of ek wat boet
vir my liefde wat uithou en alles vergoed?"
As hy nie "liefde moet alles vergoed" wou sê
As "liefde moet sweet" eintlik is wat hy wou hê
Dan kon hy die laaste twee reëls binne draai
Kom ek wys jou, hier is die plaasvark se traai
"kyk, dis dieselfde! net jy nie, vra,
wie van ons twee moet die meeste dra?
is dit ek wat moet boet - of jy wat vergeet
van my liefde wat immer moet uithou en sweet?"
As ek nou hierdie in rym kon oordra
Hoef gesoute digters mos glad nie te kla
Maar hoekom lyk gedigte deesdae soos teks?
Sonder ritme en rym, soos orgasmes sonder seks
Toemaar Koot, ek trek net jou been
Ek weet jy hoef nie op rymdwang te steun
Jou gedigte is lekker, jou gedigte is goed
Die ritme en rym is sterk in jou bloed
|
|
|
Re: "OM TE RYM" - Wouter Plaasvark [boodskap #64921 is 'n antwoord op boodskap #64918] |
Do, 18 Julie 2002 17:29 |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Netjiese kommentaar. Dankie vir die moeite!
Nou't ek geleer - moenie 'n vark op sy naam takseer nie.
K
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d36e82c.0@news1.mweb.co.za...
> Koot Pieterse
> Ek het al baie gewonder oor Leipoldt se "vir ons liefde wat uithou
> en alles vergoed" om te rym met "boet", bloot omdat die vers vir
> my as verliefde tiener so mooi was.
> Ek wonder hoeveel Afrikaanse gesange het "lot" om te rym met
> "gebod" of dan met "God". Arme digters - daar is maar min
> loflike dinge wat rym ......
>
>
>
> OM TE RYM - Wouter Plaasvark
>
> Jy reken dat digters verneuk
> Eer hul die rymdwang breek?
> Dit gebeur soms seker wel
> Maar is dit nodig, bleddie hel?
>
> Want vir 'n bedrewe rymelaar
> is dit tog nie so swaar
> Hy kan mos sy woorde ruil
> Voor hy die betekenis bevuil
>
> Ritme en rym is nie bloot ja of nee
> Laat ek jou liewers 'n voorbeeld gee
> Jy wonder of hy dit so wou hê
> Waar Louis Leipoldt die volgende sê:
>
> "wys my die plek waar ons saam geloop het,
> eens, toe jy myne was -
> vroeër, toe ons harte soveel gehoop het
> vroeër, toe jy myne was.
> kyk, dis dieselfde! net jy nie, vra,
> wie van ons twee moet die meeste dra?
> jy wat vergeet het - of ek wat boet
> vir my liefde wat uithou en alles vergoed?"
>
> As hy nie "liefde moet alles vergoed" wou sê
> As "liefde moet sweet" eintlik is wat hy wou hê
> Dan kon hy die laaste twee reëls binne draai
> Kom ek wys jou, hier is die plaasvark se traai
>
> "kyk, dis dieselfde! net jy nie, vra,
> wie van ons twee moet die meeste dra?
> is dit ek wat moet boet - of jy wat vergeet
> van my liefde wat immer moet uithou en sweet?"
>
> As ek nou hierdie in rym kon oordra
> Hoef gesoute digters mos glad nie te kla
> Maar hoekom lyk gedigte deesdae soos teks?
> Sonder ritme en rym, soos orgasmes sonder seks
>
> Toemaar Koot, ek trek net jou been
> Ek weet jy hoef nie op rymdwang te steun
> Jou gedigte is lekker, jou gedigte is goed
> Die ritme en rym is sterk in jou bloed
>
|
|
|
Re: Een skone dag [boodskap #64926 is 'n antwoord op boodskap #64913] |
Do, 18 Julie 2002 20:53 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot Pieterse wrote:
ek wonder hoeveel duisende maal is die hele verloop en
> betekenis van 'n lied of 'n vers al voorgeskryf deur goeie ou rymdwang?
Arme digters
Hierdie einste verskynsel word natuurlik
vir baie digters 'n metafisiese en eksis-
tensiële probleem - hoeveel keer maak hy
'n gedig wat geskep word uit rymdwang
en wat hom ontrou laat word aan sy eie
diepste gevoelens en oortuigings. Hierdie
"sondes van die lied" word dan ook 'n
hele aparte tema by D.J. Opperman, waar daar
talle gedigte geskryf word juis om hierdie
"probleem" te belig. Die hele Brandaan-siklus
gaan daaroor, en vele ander gedigte. Ek het
'n hele verhandeling daaroor geskryf. Daar
is 'n beroemde opstel van Opperman daaroor,
getiteld "Die Kuns is boos."
Gloudina
|
|
|
Re: Een skone dag [boodskap #64943 is 'n antwoord op boodskap #64926] |
Vr, 19 Julie 2002 11:22 |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis nou baie interessant. Ek sou dit graag wou lees, ook jou verhandeling.
Ek is nou eers weer Maandag terug "op die lug", stuur asb. solank vir my
meer inligting.
Koot
skryf in boodskap news:3D372B5E.4070203@rogers.com...
>
> Koot Pieterse wrote:
>
> ek wonder hoeveel duisende maal is die hele verloop en
>> betekenis van 'n lied of 'n vers al voorgeskryf deur goeie ou rymdwang?
>
>
> Arme digters
>
>
>
> Hierdie einste verskynsel word natuurlik
> vir baie digters 'n metafisiese en eksis-
> tensiële probleem - hoeveel keer maak hy
> 'n gedig wat geskep word uit rymdwang
> en wat hom ontrou laat word aan sy eie
> diepste gevoelens en oortuigings. Hierdie
> "sondes van die lied" word dan ook 'n
> hele aparte tema by D.J. Opperman, waar daar
> talle gedigte geskryf word juis om hierdie
> "probleem" te belig. Die hele Brandaan-siklus
> gaan daaroor, en vele ander gedigte. Ek het
> 'n hele verhandeling daaroor geskryf. Daar
> is 'n beroemde opstel van Opperman daaroor,
> getiteld "Die Kuns is boos."
>
> Gloudina
>
|
|
|