Mediaspraak? [boodskap #63670] |
Fri, 14 June 2002 05:06 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor gereeld op RSG die mense praat gereeld van " uit die aard van die
saak" dan wonder ek na watter saak hulle verwys.
Ek praat sommer van "as gevolg van" - dit is gouer.
Mens hoor ook byna nooit van " op die keper beskou" wat vir my so mooi is
nie.
Annette
|
|
|
Re: Mediaspraak? [boodskap #63682 is 'n antwoord op boodskap #63670] |
Fri, 14 June 2002 08:38 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette
Ek hoor gereeld op RSG die mense praat gereeld van " uit die
aard van die saak" dan wonder ek na watter saak hulle verwys.
Ek praat sommer van "as gevolg van" - dit is gouer.
Mens hoor ook byna nooit van " op die keper beskou" wat vir
my so mooi is nie.
Wouter
Daardie drie sêdinge het natuurlik elkeen 'n ander betekenis en
jy kan hulle nie lukraak uitruil nie.
|
|
|
Re: Mediaspraak? [boodskap #63686 is 'n antwoord op boodskap #63682] |
Fri, 14 June 2002 09:25 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bedoel jy ek moet "aan die einde van die dag" " uit die aard van die saak
gebruik" of ek dit nou wil of nie?
Op die keper beskou was net 'n opmerking waarvan ek hou - ek sal dit nie
maklik vir as gevolg van/daarvan gebruik nie
Vanoggend was daar iemand wat dit reggekry het om "aan die einde van die
dag" twee maal in een sin te sê.
Dit wil gedoen wees - ek sal moet begin oefen.
Annette
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d09ac2d.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Ek hoor gereeld op RSG die mense praat gereeld van " uit die
> aard van die saak" dan wonder ek na watter saak hulle verwys.
> Ek praat sommer van "as gevolg van" - dit is gouer.
> Mens hoor ook byna nooit van " op die keper beskou" wat vir
> my so mooi is nie.
>
> Wouter
> Daardie drie sêdinge het natuurlik elkeen 'n ander betekenis en
> jy kan hulle nie lukraak uitruil nie.
>
|
|
|